Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jan Smuts se " Holism and Evolution "
Jan Smuts se " Holism and Evolution " [boodskap #96193] Do, 05 Augustus 2004 22:10
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie weer die plek in 'n draad vind waar "Plato"
vir my gevra het of ek aan ewolusie glo nie. En waar hy
vir my vertel het dat hy wel dele van Jan Smuts se boek
gelees het. Nou begin ek maar 'n nuwe draad, deels om
"Plato" te antwoord.

Ek het die boek "Holism and Evolution" van Jan Smuts
hier by my, maar ek moet bieg (soos seker vele andere)
dat ek dit nog nie van hoek tot kant deurgelees het nie.
Want die boek is baie tegnies van aard. En het ook
bittermin te doen met wat vandag onder "holism" verstaan
word. (Die boek het in 1926 verskyn.) Die boek is,
volgens Smuts, aanvoorwerk vir 'n nuwe kyk op die
konsep van ewolusie. Sover ek kan sien, vind Smuts dat
die navolgers van Darwin met sy konsep op loop
gegaan het en dit dus verdraai het. "The great Darwinian
conception has been somewhat blurred by later
developments, in which attention has been concentrated
on the factor of Variation rather than on Natural Selection."
Hy sê verder: "The real secret is in the cell, in the germ-cell
or fertilized ovum rather than in the external situation....
That is the inner seat of Holism, which is the real source
of all variation and Evolution."

Of ek in "ewolusie " "glo", is 'n ander storie. Vir iemand
wat beinvloed word deur die baie gesofistikeerde denke
van die filosofieë wat die afgelope drie-duisend jaar of
meer op die Indiese subkontinent ontwikkel het, sal ek
eers baie kwalifikasies moet verduidelik, voordat ek sê
"dat ek aan ewolusie glo."

Gloudina
Vorige onderwerp: Al-Quaida teiken die RSA
Volgende onderwerp: Grondkwessie: Namibia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 14:22:49 MGT 2024