Tuis » Ernstig » Nuus » Gru-moord op boer skok wyd
Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #95878] |
Mon, 02 August 2004 08:15  |
P65
Boodskappe: 126 Geregistreer: June 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
BULTFONTEIN. - 'n Boer van die distrik is hier in sy plaashuis
koelbloedig op teregstellingswyse met sy eie vuurwapen van agter in
die kop geskiet, skaars 200 m van waar sy bejaarde ma in haar eie
huis gelê en slaap het.
Mnr. Rudi Botes (47) van die plaas Genade se hande is
Donderdagnag deur sy moordenaars met 'n elektriese verlengingskoord
agter sy rug vasgemaak, waarna hy vermoedelik erg gemartel en daarna
op kort afstand geskiet is. Tekens van 'n struweling was gister
duidelik in die huis waar gebreekte wynglase in die sitkamer gelê
het. Botes is vermoedelik met 'n hamer geslaan en sy ooglede is
afgesny voordat hy geskiet is.
'n Vrou wat tot sowat 'n maand gelede by Botes gewerk het en
beweer dat sy 'n verhouding met hom gehad het, is kort ná die moord
as verdagte in hegtenis geneem. Twee mans en nog 'n vrou is enkele
ure later vasgetrek. 'n Polisiewoordvoerder sê dié vrou het gister
omstreeks 02:50 by die polisiekantoor aangekom en gesê sy het die
aand saam met Botes in die woonbuurt Phahameng gekuier, waar hulle
deur twee mans oorval en Botes ontvoer is.
Die polisie het sy bakkie kort daarna langs die pad by die
woonbuurt gekry, maar omdat daar geen leidrade was nie, het hulle
Botes se buurman, mnr. Herman Meiring, gebel. Hy moes hulle help om
by Botes se huis in te kom omdat sy kwaai waghonde selfs sy familie
gebyt het. Net dié vrou wat vir hom gewerk het, kon by die honde
verbykom. In die huis het hulle Botes se halfnaakte lyk gevind. Sy
videomasjien, selfone, juwele en ander goed wat uit die huis vermis
was, is by die verdagtes gekry. In die bakkie was sy beursie vol
geld en CD's.
Die vermoede is dat die vrou saam met Botes in die huis was en
die deur vir die ander drie oopgesluit het.
Komm. Lerato Molale, Noord-Vrystaatse polisiekommissaris, het hom
gister op die plaas sterk uitgespreek teen dié "koelbloedige en
hartelose moord".
Mnr. Jan Botma, voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-
ordekomitee, het op die plaas sy medelye aan die familie
oorgedra. "Die polisie moet gelukgewens word met hul deeglike en
vinnige optrede. Hulle het nie tou opgegooi voordat 'n deurbraak
gemaak is nie.
"Dié is net weer 'n bewys dit maak nie saak hoeveel
veiligheidsmaatreëls jy tref nie, jy moet steeds altyd op jou hoede
wees en op die onverwagte bedag wees."
Botes word oorleef deur sy ma, mev. Elize Botes, drie seuns in
Amerika, Rudi, Jaco en Martin, en 'n jonger seun in Kroonstad,
Riaan (16), wat by sy ma, Marie, bly.
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1566125,00. html
--
Dit is een automatische handtekening van MesNews.
Site : http://mesnews.no-ip.com
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #95902 is 'n antwoord op boodskap #95878] |
Mon, 02 August 2004 13:18   |
Anoth
Boodskappe: 273 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hoe lank gaan dit die regering in SA neem om te sien dat hier metodiek
betrokke is???
"If it walks like a duck, quacks like a duck, then it is a ....????
Cheers
P_65 wrote:
> BULTFONTEIN. - 'n Boer van die distrik is hier in sy plaashuis
> koelbloedig op teregstellingswyse met sy eie vuurwapen van agter in
> die kop geskiet, skaars 200 m van waar sy bejaarde ma in haar eie
> huis gelê en slaap het.
>
> Mnr. Rudi Botes (47) van die plaas Genade se hande is
> Donderdagnag deur sy moordenaars met 'n elektriese verlengingskoord
> agter sy rug vasgemaak, waarna hy vermoedelik erg gemartel en daarna
> op kort afstand geskiet is. Tekens van 'n struweling was gister
> duidelik in die huis waar gebreekte wynglase in die sitkamer gelê
> het. Botes is vermoedelik met 'n hamer geslaan en sy ooglede is
> afgesny voordat hy geskiet is.
>
> 'n Vrou wat tot sowat 'n maand gelede by Botes gewerk het en
> beweer dat sy 'n verhouding met hom gehad het, is kort ná die moord
> as verdagte in hegtenis geneem. Twee mans en nog 'n vrou is enkele
> ure later vasgetrek. 'n Polisiewoordvoerder sê dié vrou het gister
> omstreeks 02:50 by die polisiekantoor aangekom en gesê sy het die
> aand saam met Botes in die woonbuurt Phahameng gekuier, waar hulle
> deur twee mans oorval en Botes ontvoer is.
>
> Die polisie het sy bakkie kort daarna langs die pad by die
> woonbuurt gekry, maar omdat daar geen leidrade was nie, het hulle
> Botes se buurman, mnr. Herman Meiring, gebel. Hy moes hulle help om
> by Botes se huis in te kom omdat sy kwaai waghonde selfs sy familie
> gebyt het. Net dié vrou wat vir hom gewerk het, kon by die honde
> verbykom. In die huis het hulle Botes se halfnaakte lyk gevind. Sy
> videomasjien, selfone, juwele en ander goed wat uit die huis vermis
> was, is by die verdagtes gekry. In die bakkie was sy beursie vol
> geld en CD's.
>
> Die vermoede is dat die vrou saam met Botes in die huis was en
> die deur vir die ander drie oopgesluit het.
>
> Komm. Lerato Molale, Noord-Vrystaatse polisiekommissaris, het hom
> gister op die plaas sterk uitgespreek teen dié "koelbloedige en
> hartelose moord".
>
> Mnr. Jan Botma, voorsitter van Vrystaat Landbou se wet-en-
> ordekomitee, het op die plaas sy medelye aan die familie
> oorgedra. "Die polisie moet gelukgewens word met hul deeglike en
> vinnige optrede. Hulle het nie tou opgegooi voordat 'n deurbraak
> gemaak is nie.
>
> "Dié is net weer 'n bewys dit maak nie saak hoeveel
> veiligheidsmaatreëls jy tref nie, jy moet steeds altyd op jou hoede
> wees en op die onverwagte bedag wees."
>
> Botes word oorleef deur sy ma, mev. Elize Botes, drie seuns in
> Amerika, Rudi, Jaco en Martin, en 'n jonger seun in Kroonstad,
> Riaan (16), wat by sy ma, Marie, bly.
>
> http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1566125,00. html
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #95964 is 'n antwoord op boodskap #95943] |
Tue, 03 August 2004 07:28   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DeeDee" skryf in boodskap news:mq1tg05jcudfhrd76c75333act5bkit2jg@4ax.com...
> On Mon, 02 Aug 2004 16:45:23 +0200, Plato
> wrote:
>
>> Iets interessant. Blanke meisies is eerste om die kleurgrens oor te
>> steek. Ek sien bitter min manne met swart meisies, maar wit meisies hang
>> aan die swart manne! Ek sou graag die wetenskap hieragter oor wou
>> lees... Ek het tot die slotsom gekom dat vrouens nie die beskermers van
>> kultuur is nie. Hulle speel dus nie 'n heersende rol in behoud nie.
>>
>> Dieselfde in Namibie.
>>
>> Groete
>> Plato
>
> ...stry, Plato, ek stry. Ek woon in 'n metropolitiaanse stad.
> En ek sien wit girls saam met swartes. En saam met Indiërs.
> En dit word minder en minder snaaks. Soos 'n wit man wat
> saam met 'n swart vrou op 'n eiland gestrand word. Net soos
> sy elke dag bietjie witter word. Terug na die onderwerp...
> hulle is steeds by die uitsondering.
>
> Somehow is dit of die swartes steeds by die swartes bly
> (in die woonstelblok waar ek woon is 'n swart man met 'n
> wit vrou - en dit word uitgebalanseer deur die wit man met
> die swart vrou in 'n ander blok waar ek ook 'n woonstel het)
> die Indiërs steeds by die Indiërs, en die wittes by die wittes.
>
> En die Indiër het 'n diep gewortelde anti-swart houding.
>
> DD
>
Gee maar net nog bietjie kans, om op dieselfde skoolbanke te sit is baie
soos om op 'n eiland gestrand te wees. Dis nou nog snaaks, mens se oë is nie
daaraan gewoond nie, danksy die vorige regering. Dit gaan egter al hoe meer
alledaags word.
Het jy klein kindertjies? Vrees jy bietjie die dag wat hulle met ta by die
huis kom?
Max________________________________________
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #95986 is 'n antwoord op boodskap #95985] |
Tue, 03 August 2004 13:07   |
Chris du Preez
Boodskappe: 58 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 03 Aug 2004 12:53:03 +0000, @rogers.com wrote:
>
> "Chris"
>
>> Ek wonder net hoekom moet jy Washington DC gebruik, en nie 'n stad soos
>> New York of Dallas of self Los Angeles nie.
>
> Dis omdat iemand hierdie feit nou die dag op
> die nuusgroep geplaas het. Ek is nie so gekonfyt
> met feite nie. Maar verbaas dit jou nie dat
> in Washington, DC daar so baie moorde is nie?
> Dit is nou die plek waar die White House is
> en waar daar so baie verkeerspolisie is dat as
> jy parkeer, dan sit hulle die stuk papier op jou
> kar. Dit is wel waar dat daar net blokke van die
> Wit Huis baie erg krotbuurtes is. En dat daar
> baie korrupsie in die lokale regering was. Dis
> nou natuurlik dié mense wat vir ander mense
> buite die VSA vertel dat hulle in "the greatest
> country in the world" bly.
>
> Gloudina
Dit was vir my ook verbasend dat daar so baie moorde in Washington DC is,
en dat dit die stad is met die meeste moorde in die VSA. 'n Stad soos New
York met 14 keer meer inwoners het per 100,000 inwoners ses keer minder
moorde en oor die hele VSA is daar maar net 6 moorde per 100,000 inwoners,
nog steeds baie beter as S.A se 47.8.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #96013 is 'n antwoord op boodskap #95964] |
Tue, 03 August 2004 18:49   |
DeeDee
Boodskappe: 50 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
On Tue, 3 Aug 2004 09:28:38 +0200, "Max" wrote:
>
> Gee maar net nog bietjie kans, om op dieselfde skoolbanke te sit is baie
> soos om op 'n eiland gestrand te wees. Dis nou nog snaaks, mens se oë is nie
> daaraan gewoond nie, danksy die vorige regering. Dit gaan egter al hoe meer
> alledaags word.
>
> Het jy klein kindertjies? Vrees jy bietjie die dag wat hulle met ta by die
> huis kom?
>
> Max________________________________________
>
Kan nie anders wees as die waarheid wat jy hier praat nie, Max. Want
hulle word in 'n ander tydvak as ons groot. Ek het groot geword terwyl
die Nasionale LP's so deur 'n blondekop dogterjie se hare streel
terwyl hy in die teenwoordigheid van haar pa sê: "jy moet vir jou pa
sê dat hy nasionaal moet stem, mooi ding. Want stem hy vir die sappe,
gaan jy eendag saam met die kaffertjies skool." Bietjie groter geword,
het tannie Helen Suzman 'n pensionaris geword en die DA is (deur o.m.
Van ZylSlabbert?) gestig. Nou, se dieselfde oud sappe vir dieselfde
dogterjie dat haar pa liewer moet DA stem, anders is daar nog minder
beheer. En dieselfde Helen Suzman worrie oor wat sy help skep het.
Daardie kindertjies wat jy van praat, sit reeds op die skoolbank langs
ta, nevermaaind wat pa gestem het. Daar is hoegenaamd nie 'n kans
dat hulle met dieselfde oë as ons na hulle kan kyk nie.
Wat jou laaste vraag aanbetref; ek het twee meisiekinders, reeds uit
die huis, en albei woon in die hartjie van een van die ultra
regsgesinde dele van die land. En het net miskien nou, die kommer
waaroor jy praat.
DD
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #96018 is 'n antwoord op boodskap #95985] |
Wed, 04 August 2004 00:28   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" wrote in message
news:PULPc.9740$NTD.450@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
"Chris"
> Ek wonder net hoekom moet jy Washington DC gebruik, en nie 'n stad soos
> New York of Dallas of self Los Angeles nie.
Dis omdat iemand hierdie feit nou die dag op
die nuusgroep geplaas het. Ek is nie so gekonfyt
met feite nie. Maar verbaas dit jou nie dat
in Washington, DC daar so baie moorde is nie?
Dit is nou die plek waar die White House is
en waar daar so baie verkeerspolisie is dat as
jy parkeer, dan sit hulle die stuk papier op jou
kar. Dit is wel waar dat daar net blokke van die
Wit Huis baie erg krotbuurtes is. En dat daar
baie korrupsie in die lokale regering was. Dis
nou natuurlik dié mense wat vir ander mense
buite die VSA vertel dat hulle in "the greatest
country in the world" bly.
Gloudina
Ek dink nie Washington DC is die stad met die meeste misdaad meer nie, ek
het iewers gelees (n tyd gelede) dat dit nou Chicago is, maar betwyfel dit,
want ek het nogal heelwat vriende daar, en hulle se dit is nie so nie. Ek
dink dit verander elke paar jaar, en DC het groot skoongemaak n ruk gelede.
Ek sal uitvind more watter stad dit is, en laat weet.
-e-
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #96048 is 'n antwoord op boodskap #96013] |
Wed, 04 August 2004 12:43   |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"DeeDee" skryf in boodskap news:djmvg05qtcef70q9jput3tfcnhng488kvj@4ax.com...
> On Tue, 3 Aug 2004 09:28:38 +0200, "Max" wrote:
>
>
>>
>> Gee maar net nog bietjie kans, om op dieselfde skoolbanke te sit is baie
>> soos om op 'n eiland gestrand te wees. Dis nou nog snaaks, mens se oë is nie
>> daaraan gewoond nie, danksy die vorige regering. Dit gaan egter al hoe meer
>> alledaags word.
>>
>> Het jy klein kindertjies? Vrees jy bietjie die dag wat hulle met ta by die
>> huis kom?
>>
>> Max________________________________________
>>
>
> Kan nie anders wees as die waarheid wat jy hier praat nie, Max. Want
> hulle word in 'n ander tydvak as ons groot. Ek het groot geword terwyl
> die Nasionale LP's so deur 'n blondekop dogterjie se hare streel
> terwyl hy in die teenwoordigheid van haar pa sê: "jy moet vir jou pa
> sê dat hy nasionaal moet stem, mooi ding. Want stem hy vir die sappe,
> gaan jy eendag saam met die kaffertjies skool." Bietjie groter geword,
> het tannie Helen Suzman 'n pensionaris geword en die DA is (deur o.m.
> Van ZylSlabbert?) gestig. Nou, se dieselfde oud sappe vir dieselfde
> dogterjie dat haar pa liewer moet DA stem, anders is daar nog minder
> beheer. En dieselfde Helen Suzman worrie oor wat sy help skep het.
>
> Daardie kindertjies wat jy van praat, sit reeds op die skoolbank langs
> ta, nevermaaind wat pa gestem het. Daar is hoegenaamd nie 'n kans
> dat hulle met dieselfde oë as ons na hulle kan kyk nie.
>
> Wat jou laaste vraag aanbetref; ek het twee meisiekinders, reeds uit
> die huis, en albei woon in die hartjie van een van die ultra
> regsgesinde dele van die land. En het net miskien nou, die kommer
> waaroor jy praat.
>
> DD
>
>
Daar's baier groen koring in my familie ook. Ek hou met 'n valkoog dop om te
sien wie eerste gaan wees...!
Max__________________________________
|
|
|
Re: Gru-moord op boer skok wyd [boodskap #96060 is 'n antwoord op boodskap #96046] |
Wed, 04 August 2004 13:59   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Max"
> Kom nou, êrens moet dit stop. Hulle wil nie my taal praat nie, want dis die
> taal van die onderdrukker, maar hulle wil my kom vertel hoe ek my taal moet
> praat?
>
> Fok hulle, fok hulle, fok al die tatties!
Jy lieg dat jy blou in die gesig is. Daar is duisende der
duisende nie-blankes wat Afrikaans ken en dit beter
as jy praat. Mandela het in die tronk Afrikaans geleer
en te oordeel na biblioteek-rekords het hy baie Afrikaanse
boeke gelees, veral digbundels. Daar word gereeld
digbundels en prosa in Afrikaans uitgegee deur veral
bruin skrywers.
Vertel bruin mense jou egter dat jy nie "ta" moet
gebruik nie? Op hierdie nuusgroep vertel EK vir
JOU dat ek jou verag oor jou goedkoop rassisme.
Ek, 'n Afrikaner, weet wat die woord "ta" in die
Afrikaanse woordeskat beteken. Ek weet ook dat
my pa, 'n eerwaardige man, nooit daardie woord
teenoor bruin en swart mense gebruik het nie. Ek
weet egter dat Oom Jan Sans, oorkant ons, wat
duidelik 'n klomp bruin bloed moes gehad het te
oordele na sy voorkoms, gereeld van "ta" gepraat
het. Lei dus nou maar af in watter kategorie ek
jou plaas.
Gloudina
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 03:33:20 UTC 2025
|