Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TE-KLEIN TOTTERTJIES, MESSE EN GROOTBEKKE
TE-KLEIN TOTTERTJIES, MESSE EN GROOTBEKKE [boodskap #9575] Wo, 28 Mei 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Let wel: Hierdie brief is totale fiksie en het geen sinspeling
of kwade bedoelings teenoor enigiemand nie, hetsy lewend of dood,
en enige verwysing na enige werklike gebeurtenis is bloot toevallig.

Iemand het eendag met 'n messie gespeel toe hy 'n klein was.
(Ons boeremense weet natuurlik hoe om 'n knipmes te hanteer).
maar die outjie se mes het geglip en van toe af het hy 'n
te-klein tottertjie gehad. Van toe af was sy bynaam tottermessie.
Tottermessie het toe die tipiese probleem ontwikkel van
ouens wat 'n te-klein tottertjie het.

Hulle probeer altyd opmaak vir hul gebrek op een of ander manier,
gewoonlik is dit self-sentries en grootbek aandag-trekkery.
Hulle sal bv. 'n rooi sportmotor koop of so-iets, want dit lei die
aandag van hul probleem af en hul probeer om ander mans afgunstig
te maak. (Die feit dat ek 'n vaal ou volksie het spreek
natuurlik boekdele...- ek het niks om voor op te maak nie)
Julle moet sulke mense jammer kry, want dis eintlik 'n vreeslike
sielkundige probleem.

Ek lees noudiedag van 'n opname wat onder Amerikaners gedoen is:
Hulle is gevra wat die beste ding sou wees aan 'n nag saam met
Elle Mcphearson. (Sy is 'n beeldskone model).
49% het geantwoord dat om "dit" te doen die beste sal wees,
maar 51% het geantwoord dat om hul maats te vertel daarvan sal die beste
wees. Dit seg ook nou veel van die grootbek amerikaners ne?

Vriendelike groete!

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: HUSSE met lang ore
Volgende onderwerp: Re: DUTCH AFRIKKAN. I am a racist!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 24 12:07:29 MGT 2024