Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Gloudina
Vir Gloudina [boodskap #95424] |
Thu, 22 July 2004 09:39  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Sal jy asb vir die nuusgroep die volgende vertel.
1. Hoekom het jy en jou man SA verlaat en wanneer het julle dit gedoen.
2. Indien dit oor apartheid gegaan het, hoekom het julle na 10 jaar van
demokrasie in SA nog nie besluit om terug te kom nie.
** Ek weet ek en jy stem oor bitter min dinge saam Gloudina, maar dit is 2
opregte vrae wat ek aan jou stel met geen intensies om wat ookal jy antwoord
te kritiseer nie **
Groete
Riaan
> En ek sal nie weer stilbly of weghardloop nie.
> Buitendien, ek wonder of ek en my familie, deur hulle finansiële en ander bydraes,
> nie 'n groter aandeel aan die wel en die wee van SA het as wat jy het nie.
> Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vir Gloudina [boodskap #95452 is 'n antwoord op boodskap #95436] |
Thu, 22 July 2004 14:15   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Plato skryf:
> Okay, kom ons vul die blokkies self in:
Ai, Plato. Ek sien jy het nou heeltemal uitgerafel. Daar steek toe
wraggies niks in jou nie, en ek dog nogal op 'n stadium daar was iets.
> 4. Hulle bly of het op 'n stadium in Ottowa gebly. Ek probeer nog die
> adres kry.
Die ding tiekel my altyd. Een van die eerste dinge wat met my gebeur
het nadat ek 'n rukkie hier begin deelneem het, was dat idiote probeer
het om uit te vind wie ek is, waar ek woon ens. Hulle kon ook maar net
gevra het, maar nee, dit werk mos nie so nie. Dit is beter om dinge
ageraf te doen, of so iets? Hulle het selfs die ambassade gebel.
Ongelooflik eintlik. Want wat wil julle nou eintlik met die tipe van
inligting maak? Waarom wil jy haar adres h^e? Wat wil jy probeer
bewys of doen daarmee? Of is dit maar net 'n tipiese ou Afrikaner
mentaliteit om te probeer "beheer"? Om dan 'n tipe van mentale
afpersing of watookal toe te pas? My maaind boggel altyd.
Ek verstaan dit nie, maar elkgeval....dis nie die eerste keer wat ek
dit sien nie.
Dit is om van siek te word...
|
|
|
Re: Vir Gloudina [boodskap #95456 is 'n antwoord op boodskap #95452] |
Thu, 22 July 2004 15:17   |
Plato
Boodskappe: 630 Geregistreer: July 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goeie dag Katryn,
Nou voor jy op hol raak met my en dink ek is een of ander Internet
pervert sal dit help as ek vir jou verduidelik wat hier gebeur. Gloudina
maak baie opinies en redenasies hier kwyt wat gekwantifiseer moet word
om binne konteks geplaas te kan word. As ek 'n voorbeeld mag gee (en ek
gebruik nou 'n ekstreem) is dit amper soos 'n moordenaar wat stry teen
die doodstraf omdat hy weet hy sal hang. Sy maak sekere uitsprake
waarvan lede van die nuusgroep met reg skepties kan wees.
Met betrekking tot die inligting wat ek sovêr hier gegee het, kom dit
alles van skrewes wat Gloudina op die einste nuusgroep gemaak het sedert
ongeveer 1995. Dit is hier vir enige iemand om te sien en lees. Ek het
nie 'n ambesade gebel nie en ek gaan ook nie vreeslik tyd aan die punt
(rondom Gloudina) spandeer nie. As ek sê ek soek haar adres was ek net
grootpraterig. Dit erken ek met so effe van 'n skaamte.
Ek dink egter dit is geregverdig om te vra dat Gloudina (indien sulke
leemtes ontstaan) haarself net bietjie meer verduidelik. Dit is mos nie
regverdig om aangeval of gekritiseer te word deur iemand wat waaragtig
nie 'n voet het om op te staan nie. Die vraag "hoekom is sy nog nie
terug in SA na 1994 nie?" is wel 'n vraag wat 'n antwoord nodig het. Wat
is dan so moeilik daaraan?
Groete
Plato
Katryn wrote:
> Plato skryf:
>
>
>> Okay, kom ons vul die blokkies self in:
>
>
> Ai, Plato. Ek sien jy het nou heeltemal uitgerafel. Daar steek toe
> wraggies niks in jou nie, en ek dog nogal op 'n stadium daar was iets.
>
>
>> 4. Hulle bly of het op 'n stadium in Ottowa gebly. Ek probeer nog die
>> adres kry.
>
>
> Die ding tiekel my altyd. Een van die eerste dinge wat met my gebeur
> het nadat ek 'n rukkie hier begin deelneem het, was dat idiote probeer
> het om uit te vind wie ek is, waar ek woon ens. Hulle kon ook maar net
> gevra het, maar nee, dit werk mos nie so nie. Dit is beter om dinge
> ageraf te doen, of so iets? Hulle het selfs die ambassade gebel.
> Ongelooflik eintlik. Want wat wil julle nou eintlik met die tipe van
> inligting maak? Waarom wil jy haar adres h^e? Wat wil jy probeer
> bewys of doen daarmee? Of is dit maar net 'n tipiese ou Afrikaner
> mentaliteit om te probeer "beheer"? Om dan 'n tipe van mentale
> afpersing of watookal toe te pas? My maaind boggel altyd.
> Ek verstaan dit nie, maar elkgeval....dis nie die eerste keer wat ek
> dit sien nie.
> Dit is om van siek te word...
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vir Gloudina [boodskap #95468 is 'n antwoord op boodskap #95452] |
Thu, 22 July 2004 18:24   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Teen die einde van die 19de eeu/begin van die 20ste eeu het daar 'n
soort pseudo-wetenskap ontstaan wat die mense "frenologie" genoem het.
Dit het min of meer daarop neergekom dat jy mense se karaktereienskappe
kon lees deur na die knoppe en holtes op hulle koppe te kyk en na die
algemene kop- en veral gesigsvorm (ogies naby mekaar = dom, skerp neus =
skelm, hoë voorkop = slim, ens)
Ek dink ons sien hier op dié tipe forums 'n herlewing van dié
"wetenskap": probeer uitvis watse mense hier pos en hoeke soort lewens
hulle lei, ens. Gloudina het nou die dag byv laat val dat sy van die
"krokels van my brein hou" of so iets en gevra elk moet nog 'n wenk gee,
dat sy my kan uitken. Die vraag is natuurlik, hoe sou sy dit doen?
Tewens hoe sou enigiemand kan aflei watse mense is hier in SCSA doenig?
Tog is sommige mense nogal knaend met hulle "Wie is jy en waarvandaan
kom jy en hoekom is jou tanne so groot?"
Ek stel 'n nuwe 'n nuwe speletjie voor: "freNetologie" (NB die
hoofletter N) 'n samestelling van frenologie, Internet, en freneties.
Die doel sou wees om so min as moontlik oor jouself te verklap deur jou
poste, en om mense op dwaalspore te lei. Hehehe. En dan moet jy
probeer raai wie/wat die ander mense is.
Daar is natuurlik 'n paar mense hier wat soort van bekend is:
Gloudina, weet ons was 'n onderwyseres, sy het 'n Ph D in Afrikaans,
haar nooiensvan was (nee ek gaan nie jou pret bederf nie, Anette. Laat
die boggers bietjie self soek) ens. En ek dink nie sy hou van "joggies"
en "Apartheidsvarke" nie. En na berig word het sy by Adam's Mission 'n
draai gemaak, en kom oorspronklik van Marchand af. Ek het 'n grootoom
gehad wat van Marchand tot by Alexanderbaai help kanale bou het (nee,
nie een stel nie, maar op verskillende plekke al langs die rivier!) Hy
was 'n opmeter en het ons altyd vertel oor hoe mooi die wêreld daarlangs
kon word, en van al die minerale in die grond, en so aan. Sjeim, hy's
aan myntering dood.
Ferdi weet ek nou al is 'n koerantman; ek het selfs 'n foto van hom
gesien in die Beeld, waar hy 'n gereelde rubriek oor rekenaars ens
behartig. Terloops, ek geniet dit nogal, Ferdi. Ek wens net dit was langer!
Suidwester is, wel, 'n suidwester (of is hy dalk 'n Namibiër wat nog nie
uit die kas geklim het nie?) en bly/werk in Hentiesbaai. Ek dink
HansWillem het hom ge-ID as 'n winkeleienaar. Ons weet in elk geval hy
werk vir homself, wat sekerlik een van dié moeilikste base is om voor te
werk. Ek sien uit sy adres hy is stahlsb, so ek neem aan sy van is
Stahls, B vir Bennie? Bernardus klink beter. En hy hou nie van
Gloudina en Katryn nie.
Die ander? Weet nie.
Katryn wrote:
> Plato skryf:
>
>
>> Okay, kom ons vul die blokkies self in:
>
>
> Ai, Plato. Ek sien jy het nou heeltemal uitgerafel. Daar steek toe
> wraggies niks in jou nie, en ek dog nogal op 'n stadium daar was iets.
>
>
>> 4. Hulle bly of het op 'n stadium in Ottowa gebly. Ek probeer nog die
>> adres kry.
>
>
> Die ding tiekel my altyd. Een van die eerste dinge wat met my gebeur
> het nadat ek 'n rukkie hier begin deelneem het, was dat idiote probeer
> het om uit te vind wie ek is, waar ek woon ens. Hulle kon ook maar net
> gevra het, maar nee, dit werk mos nie so nie. Dit is beter om dinge
> ageraf te doen, of so iets? Hulle het selfs die ambassade gebel.
> Ongelooflik eintlik. Want wat wil julle nou eintlik met die tipe van
> inligting maak? Waarom wil jy haar adres h^e? Wat wil jy probeer
> bewys of doen daarmee? Of is dit maar net 'n tipiese ou Afrikaner
> mentaliteit om te probeer "beheer"? Om dan 'n tipe van mentale
> afpersing of watookal toe te pas? My maaind boggel altyd.
> Ek verstaan dit nie, maar elkgeval....dis nie die eerste keer wat ek
> dit sien nie.
> Dit is om van siek te word...
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
|
|
|
|
Re: Vir Gloudina [boodskap #95470 is 'n antwoord op boodskap #95468] |
Thu, 22 July 2004 19:14   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"knersus" skryf
En na berig word het sy by Adam's Mission 'n
> draai gemaak
Ek het nie net 'n draai gemaak nie. Ek was twee
verskillende kere daar, eenkeer vir twee jaar
(toe Amerikaanse Episkopaliese Sendelinge
nog die administrasie behartig het) en drie
jaar daarna ( toe Bantoe-Onderwys oorgeneem
het.) Die eerste keer het ek 'n swart prinsipaal
gehad. Die tweede keer 'n witte, want toe word
dit skielik onwettig vir wit onderwysers om
swart prinsipale te hê. Die eerste keer het ons
in die oggend in die saal apartheid gehad.
Vrouens aan die eenkant, mans aan die
anderkant. Die tweede keer was die apartheid
nog daar, maar toe was dit wit mans en vrouens
aan die eenkant, en swart mans en vrouens aan
die anderkant. En as daar nou iets soos karma
is, het daar net daar 'n hele klomp baie
slegte karma uitgebroei wat dinge nog vir 'n
baie lang tyd nie baie maklik vir die Afrikaner
gaan maak nie. Meneer van Heerden, die
hoof van Adams Mission die tweede keer,
en die een wat hierdie skeiding toegepas het,
het glo sy pos gekry omdat hy en sy vrou vir
die Verwoerds gebabysit het. So, sien, Meneer
van Heerden het slegte karma daar opgewek,
en veertig jaar later basuin ek dit nog uit aan
die wêreld. Want sulke dinge het 'n lewe van
hulle eie, en mens moet doelgerig bereken wat
jy doen. Ek bereken doelgerig wat ek doen.
Hierdie soort ding gaan nie so maklik vergeet
word nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: In die senter mister.... [boodskap #95506 is 'n antwoord op boodskap #95474] |
Fri, 23 July 2004 17:09   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wel, as jy my nou byvoorbeeld sou gevra het of ek nou byvoorbeeld Dries
is, sou ek byvoorbeeld vir jou moes gesê het jy's byvoorbeeld verkeerd,
dis nie een van my name nie. Net as voorbeeld, hoor? ;-)
Katryn wrote:
> knersus skryf:
>
>
>> Ek stel 'n nuwe 'n nuwe speletjie voor: "freNetologie" (NB die
>> hoofletter N) 'n samestelling van frenologie, Internet, en freneties.
>> Die doel sou wees om so min as moontlik oor jouself te verklap deur jou
>> poste, en om mense op dwaalspore te lei. Hehehe. En dan moet jy
>> probeer raai wie/wat die ander mense is.
>
>
> ;-)
> En as ek nou rerig wou weet wie jy is, sou ek jou reguit vra of jy sê
> nou maar Dries is. Net as voorbeeld, hoor? ;-)
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
Re: In die senter mister.... [boodskap #95508 is 'n antwoord op boodskap #95506] |
Fri, 23 July 2004 17:12  |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
knersus skryf:
> Wel, as jy my nou byvoorbeeld sou gevra het of ek nou byvoorbeeld Dries
> is, sou ek byvoorbeeld vir jou moes gesê het jy's byvoorbeeld verkeerd,
> dis nie een van my name nie. Net as voorbeeld, hoor? ;-)
Giegie...reg so. Net as voorbeeld. Ek verstaan.
;-)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 00:56:47 UTC 2025
|