Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Herdenking van maanlanding
Herdenking van maanlanding [boodskap #95262] Di, 20 Julie 2004 10:15 na volgende boodskap
superman  is tans af-lyn  superman
Boodskappe: 5
Geregistreer: Mei 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
ruimtevaarders wees.
Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
buite in die limousine sal wag.
Re: Herdenking van maanlanding [boodskap #95274 is 'n antwoord op boodskap #95262] Di, 20 Julie 2004 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
Gevlegte brood met 'maansaad':
http://www.xs4all.nl/~rjmmilt/recept/ba004665.htm

"superman" schreef in bericht
:

> Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
> ruimtevaarders wees.
> Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
> buite in die limousine sal wag.

--
PietHein
Re: Herdenking van maanlanding [boodskap #95281 is 'n antwoord op boodskap #95262] Di, 20 Julie 2004 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"superman" skryf

> Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
> ruimtevaarders wees.
> Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
> buite in die limousine sal wag.

Goeie een dié.

Tant Hessie van die donker kant van die maan
Re: Herdenking van maanlanding [boodskap #95292 is 'n antwoord op boodskap #95281] Di, 20 Julie 2004 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoth  is tans af-lyn  Anoth
Boodskappe: 273
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Indien iemand wonder, Collins moes in die wentelbaan om die Maan wag
terwyl die ander twee die maan verken het...

Groete
Plato

@rogers.com wrote:

> "superman" skryf
>
>
>> Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
>> ruimtevaarders wees.
>> Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
>> buite in die limousine sal wag.
>
>
> Goeie een dié.
>
> Tant Hessie van die donker kant van die maan
>
Re: Herdenking van maanlanding [boodskap #95328 is 'n antwoord op boodskap #95262] Wo, 21 Julie 2004 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cg  is tans af-lyn  cg
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
On Tue, 20 Jul 2004 12:15:44 +0200, "superman" wrote:

> Dit is die 35ste herdenking van die maanlanding en daar sal 'n dinee vir die
> ruimtevaarders wees.
> Neil Armstrong en Buzz Aldrin sal die ete bywoon terwyl Michael Collins
> buite in die limousine sal wag.

Dit was 'n wonderlike dag in die geskiedenis! Onvergeetlik. Ek het destyds op
Hartebeeshoek gewerk. Hoewel Hartebeeshoek was nie direk betrokke met die
maanlanding nie (behalwe in 'n ondersteunings rol) daar was nietemin groot
opgewondenheid tussen ons toe die twee aardmannetjies, Neil en Buzz, doer bo op
die maan uitgestap het! Ek voel dit nou nog! Hartebeeshoek was wel betrokke met
die Lunar Orbiters en Surveyers waar sonder daar nooit 'n maanlanding kon gewees
het nie.

Ek wonder of daar van ons ander Ou-Hartebeeshoekers wat ook hier nou en dan
rondwentel?

Colin Garvie
Re: Herdenking van maanlanding [boodskap #95349 is 'n antwoord op boodskap #95328] Wo, 21 Julie 2004 13:09 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"CG" skryf

> Dit was 'n wonderlike dag in die geskiedenis! Onvergeetlik. Ek het destyds op
> Hartebeeshoek gewerk. Hoewel Hartebeeshoek was nie direk betrokke met die
> maanlanding nie (behalwe in 'n ondersteunings rol) daar was nietemin groot
> opgewondenheid tussen ons toe die twee aardmannetjies, Neil en Buzz, doer bo op
> die maan uitgestap het! Ek voel dit nou nog! Hartebeeshoek was wel betrokke met
> die Lunar Orbiters en Surveyers waar sonder daar nooit 'n maanlanding kon gewees
> het nie.
>
> Ek wonder of daar van ons ander Ou-Hartebeeshoekers wat ook hier nou en dan
> rondwentel?

So, Colin, jy was 'n wetenskaplike voordat jy 'n predikant
geword het?

Terloops, ek wonder of iemand hier die mockudrama "The Dark
Side of the Moon" al gesien het. Dit is so oortuigend dat toe ek
dit die eerste keer gesien het, ek absoluut oortuig was dat wat
hulle beweer waar is: dat die moonlanding fake was, dat dit 'n
plan van Nixon was om voor te gee dat die Amerikaners op die
maan geland het, omdat hy vas geglo het dat hulle dit nie sal maak
nie, en hy oortuig was dat die Russe nie voor die Amerikaners
op die maan moes kon land nie.
Ek weet nou nog nie hoe hulle die ding so oortuigend kon maak
nie. Al wat ek kan dink, is dat hulle die woorde gedub het, sodat
as Rumsfeld die storie vertel ( hy was as heel jonger man die regter-
hand van Nixon) die woorde wat uitkom, nie die woorde is wat
hy oorspronklik gesê het nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Is dit 'n Afrikaanse probleem?
Volgende onderwerp: Gratis en Verniet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 17:00:44 MGT 2024