Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH
" My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94471] So, 27 Junie 2004 02:25 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou
Re: " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94498 is 'n antwoord op boodskap #94471] Ma, 28 Junie 2004 11:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Weer 'n lekker eentjie!

Het jy 'n tikfout gemaak (ape) of is dit "age"? Wat is age?

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:KeqDc.542832$Ar.369033@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> MY VROU
> Breyten Breytenbach
>
> my vrou se naam is Yolande
> sy is 'n vrou
> klein en getrou
> maar getrain
> haar hare is swart
> haar oë mispelbruin
> haar neusie is plat
> en haar mond 'n rooiborsie
> gestol in die vlug
> agter haar tande
> hang die vleesklok van 'n vreemde land
> Yolande Yolande gee my jou hande
> ek het jou getrou
> jy is my vrou
>
> - en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
> vir spek en boontjies oor my landkaart
> as julle verwag, onnosele age, dom donders
> dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
> in die beddens van julle verbeelding
> dis ons twee wat lag -
> (my vrou en ek)
>
> om af te rond:
> haar ore is dus kerke
> haar hande is soos wyn
> haar voete is meesterwerke
> roosblaar en klein konyn
> sy dra vyf tone aan elke voet
> worsies spek en bloed
> van die beste in die land
> my Yolande
> hier kom sy nou
> my Vrou
>
Re: " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94505 is 'n antwoord op boodskap #94498] Ma, 28 Junie 2004 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Het jy 'n tikfout gemaak (ape) of is dit "age"? Wat is age?

Nee, dis die meervoud van " aag " wat in Afrikaans
meestal gebruik word in sy verkleinwoord-vorm
"nuuskierige agie." Die woordeboek verklaar "agie"
as in Engels "Paul Pry, Miss Curiosity, inquisitive person."

Gloudina
Re: " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94507 is 'n antwoord op boodskap #94505] Ma, 28 Junie 2004 18:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Michel Martens  is tans af-lyn  Michel Martens
Boodskappe: 126
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com schreef op Mon, 28 Jun 2004 14:35:40 GMT in de nieuwsgroep
soc.culture.south-africa.afrikaans

>
> "Max" skryf
>
>> Het jy 'n tikfout gemaak (ape) of is dit "age"? Wat is age?
>
> Nee, dis die meervoud van " aag " wat in Afrikaans
> meestal gebruik word in sy verkleinwoord-vorm
> "nuuskierige agie." Die woordeboek verklaar "agie"
> as in Engels "Paul Pry, Miss Curiosity, inquisitive person."
>
> Gloudina
>

De oorsprong ligt waarschijnlijk bij de Nederlandse uitdrukking
'nieuwsgierig Aagje' wat nieuwsgierig kind betekent. 'Aagje' is een
meisjesnaam (verkleinvorm van Agatha) en de uitdrukking komt van Aagje
van Enkhuizen, de hoofdpersoon uit een verhaal van de Amsterdammer Jan
Soet uit 1675.
--
Groeten,
Michel.
Re: " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94513 is 'n antwoord op boodskap #94507] Ma, 28 Junie 2004 19:38 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Michel Martens skryf:

> De oorsprong ligt waarschijnlijk bij de Nederlandse uitdrukking
> 'nieuwsgierig Aagje' wat nieuwsgierig kind betekent. 'Aagje' is een
> meisjesnaam (verkleinvorm van Agatha) en de uitdrukking komt van Aagje
> van Enkhuizen, de hoofdpersoon uit een verhaal van de Amsterdammer Jan
> Soet uit 1675.

Dankie, Michel. Dit was baie interessant. EK het nogal altyd
gewonder oor daardie en baie ander sogenaamde "unieke" Afrikaanse
uitdrukkings.
Vorige onderwerp: " 2. 9 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " Die Swart Stad " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:23:16 MGT 2024