Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 2. 9 " deur BREYTEN BREYTENBACH
" 2. 9 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94388] Do, 24 Junie 2004 02:22
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
2.9 (SKAWEDUWEE)
Breyten Breytenbach

In die nanag is die maan
se haartjies koud
die witrot het gaatjies
in die sluier geknaag

kom na my tuin
waar die donkerrooi rose
ruik na die donkerste
sweetplek van vroue

a, my beminde
waar is die balkon wat loop
na jou kamer
watter huis is gebou
om die binnehoof van jou slaap

die nag is 'n voël
bo die berg van my hart
maar die sneeu is skaduwees
wit op die maan

die sneeu die wyn
die rose en die wind
die nagwitte snare van my lied
die nanag verf my oë blind
Vorige onderwerp: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " My vrou " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 18:55:55 MGT 2024