Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH
" 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94306] Di, 22 Junie 2004 11:58 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
2.4
Breyten Breytenbach

Die angelier slaan
haar rooi rok oop
asof sy enige oogknip nou
die flamenco gaan loop

'n kwikkie kom verby
pootjie pootjie platformpolvy
ene pronkveer bolero en onderbaadjie
die vlerk so witmes in die sy

wie sal bly
staan die laaste op die baan?
Re: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94318 is 'n antwoord op boodskap #94306] Di, 22 Junie 2004 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Man man man, ek wens jy kon my krete hoor!

Regtig pragtig, tot by die laaste sinnetjie - dan doen hy presies weer wat
hy met miskruier gedoen het! Hy los jou net so in die lug!

Hoekom is die naam 2.4?

Ag daai eerste twee versies is só mooi! ("Strofes" klink so pretensieus!)

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:p9VBc.449814$Ar.93773@twister01.bloor.is.net.cable.roge rs.com...
>
> 2.4
> Breyten Breytenbach
>
> Die angelier slaan
> haar rooi rok oop
> asof sy enige oogknip nou
> die flamenco gaan loop
>
> 'n kwikkie kom verby
> pootjie pootjie platformpolvy
> ene pronkveer bolero en onderbaadjie
> die vlerk so witmes in die sy
>
> wie sal bly
> staan die laaste op die baan?
>
Re: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94326 is 'n antwoord op boodskap #94318] Di, 22 Junie 2004 13:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Regtig pragtig, tot by die laaste sinnetjie - dan doen hy presies weer wat
> hy met miskruier gedoen het! Hy los jou net so in die lug!
>
> Hoekom is die naam 2.4?

Maar natuurlik is die laaste reëls weer eintlik
die belangrikste, met die verwysing na 'n ou
tradisionele Afrikaanse liedjie "wie sal staan,
die laaste in die baan." Dit maak dat die
gedig 'n wyer draagkrag kry.
Hierdie gediggie is ook een van my geliefkoosde
Afrikaanse gedigte. Selfs al verwys hy na die
flamenço - wat nou nie 'n tradisioneel Afrikaanse
kultuurding is nie.
Ek weet nie hoekom hy die naam 2.4 gebruik
nie. Dit was maar seker uit 'n periode toe hy nie
gedigte titels wou gee nie. Ek dink weer die
titel van 'n gedig is 'n baie belangrike deel van
die gedig, en kan somtyds die gedig maak of
breek.

Gloudina
Re: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94351 is 'n antwoord op boodskap #94326] Wo, 23 Junie 2004 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het gisteraand in die argiewe meer van BB se gedigte gaan lees en
verskriklik geniet! Gloudina, jy hang darem rêrig al lank hier rond!

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:bKWBc.451288$Ar.119243@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Regtig pragtig, tot by die laaste sinnetjie - dan doen hy presies weer wat
>> hy met miskruier gedoen het! Hy los jou net so in die lug!
>>
>> Hoekom is die naam 2.4?
>
> Maar natuurlik is die laaste reëls weer eintlik
> die belangrikste, met die verwysing na 'n ou
> tradisionele Afrikaanse liedjie "wie sal staan,
> die laaste in die baan." Dit maak dat die
> gedig 'n wyer draagkrag kry.
> Hierdie gediggie is ook een van my geliefkoosde
> Afrikaanse gedigte. Selfs al verwys hy na die
> flamenço - wat nou nie 'n tradisioneel Afrikaanse
> kultuurding is nie.
> Ek weet nie hoekom hy die naam 2.4 gebruik
> nie. Dit was maar seker uit 'n periode toe hy nie
> gedigte titels wou gee nie. Ek dink weer die
> titel van 'n gedig is 'n baie belangrike deel van
> die gedig, en kan somtyds die gedig maak of
> breek.
>
> Gloudina
>
Re: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94364 is 'n antwoord op boodskap #94318] Wo, 23 Junie 2004 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf in boodskap news:...
>
> Hoekom is die naam 2.4?
>

Die polka is in 2/4 tyd.
Re: " 2.4 " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #94387 is 'n antwoord op boodskap #94364] Do, 24 Junie 2004 02:18 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf

>> Hoekom is die naam 2.4?
> Die polka is in 2/4 tyd.

Dankie, Lou. Jy is 'n slim koekie.

Tant Hessie
Vorige onderwerp: " die miskruier " deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: " 2. 9 " deur BREYTEN BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 09:50:05 MGT 2024