Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF
Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF [boodskap #94194] Vr, 18 Junie 2004 13:01 na volgende boodskap
P65  is tans af-lyn  P65
Boodskappe: 126
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF
NAMIBIA, ON THE LAND QUESTION
CoD vol moed vir land se toekoms
. Theo Gurirab

DIE president van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Ben Ulenga, het sy
tevredenheid met die party se vertoning in die afgelope streekverkiesings
uitgespreek.
Hy het onlangs in Windhoek die uitslag van die veldtog ondanks beperkte
bronne
geloof, en CoD-lede op Gibeon, Keetmanshoop, Usakos, Opuwo, Gochas,
Oshakati,
Aroab, in Windhoek en op Karibib geprys vir hul puik vertoning om
verteenwoordiging in die plaaslike rade te kon kry.
"Ons politieke opponente is geskok. Hulle bewe steeds," het hy gesê.
Hy het gepraat op die CoD se nasionale uitvoerende komitee-vergadering waar
die
organisasie se hoofbestuurslede vanoor die hele land byeen was om die
afgelope
streekverkiesings in oënskou te neem en die pad tot die Novemberverkiesings
aan
te dui.
Mnr. Ulenga het vanjaar uitgesonder as die skeidingsjaar in Namibië se
politieke
ontwikkeling, 'n jaar waarin die Namibiërs weer eens stembus toe gaan om die
politieke span te kies wat hulle uit die huidige ellende gaan verlos en na
die
spreekwoordelike "land van melk en heuning" gaan lei.
Dit is voorts sy wens dat die land op die gebied van nasionale versoening,
ekonomiese vooruitgang, werkskepping, rykdom en opleiding voorspoed geniet.
Namibiërs gaan in November vir die vierde keer kans kry om vir 'n beter
toekoms
te stem.
"Ons moet ook in gedagte hou dat vandag se Namibiërs, ongeag hul kleur, nie
beskuldig moet word vir die onregverdige koloniale grondonteiening in die
verlede nie. Dit is die toedoen van verskeie voormalige en huidige
regerings,
vandag se Swapo-regering inkluis.
"Dit is nie die fout van vandag se plaasboere nie, die fout lê by voormalige
regerings wat rassepolitiek en rasseverskille in die ekonomie toegepas het.
Dit
is dus die dringende plig van elke Namibiese politikus om die verlede en
bestaande onregverdighede aan te spreek sonder om Namibiërs te straf. Dit
moet
gedoen word sonder om politieke-, ekonomiese- en maatskaplike wanpraktyke
toe te
pas en ook sonder om 'n nuwe vlaag van stamgebaseerde politieke en
ekonomiese
onregverdighede en vervolging te veroorsaak," het mnr. Ulenga gesê.
Die jaarlikse kongres van die CoD gaan van 29 Junie tot 1 Julie in Windhoek
gehou word. Tydens die kongres gaan die kandidatelyste vir die verkiesings
opgestel word.
Re: Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF [boodskap #94199 is 'n antwoord op boodskap #94194] Vr, 18 Junie 2004 15:34 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"P65" skryf in boodskap news:VIBAc.159371$x11.8120371@phobos.telenet-ops.be...
> Reakies op die PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF
> NAMIBIA, ON THE LAND QUESTION
> CoD vol moed vir land se toekoms
> . Theo Gurirab
>
> DIE president van die Congress of Democrats (CoD), mnr. Ben Ulenga

> "Ons moet ook in gedagte hou dat vandag se Namibiërs, ongeag hul kleur, nie
> beskuldig moet word vir die onregverdige koloniale grondonteiening in die
> verlede nie. Dit is die toedoen van verskeie voormalige en huidige
> regerings,
> vandag se Swapo-regering inkluis.
------In die verlede, onder die ou regering, is grond van boere onteien om
swart tuislande te skep wat 'n totale mislukking was omdat die ontvangers
van die grond nie gereed of bevoeg was om boerdery op die verlangde skaal te
bedryf nie. Die getuienis hiervan staan die hele land vol in plekke soos
die Ou Damaraland waar niks van die opgewerkte plase oorgebly het nie.
Orals kry jy net bestaansboerdery met 'n paar diere en die grawe van
half-edelgesteentes in die berge wat 'n groter inkomste lewer. Mens sou
dink dat die nuwe regering hieruit sou leer. Nie so nie, grond word steeds
gekoop waarop onbevoegde persone hervestig word wat eintlik géén kans het op
langtermyn oorlewing nie 'n onregverdige toekennings van grond aan die
amptenary van Swapo, insluitende sy president en parlementslede!
Onteiening het 'n politieke wapen geword om 'lekker' plaaseiendomme te bekom
onder die dekmantel van die herstel van die 'onregverdige verlede'

> "Dit is nie die fout van vandag se plaasboere nie, die fout lê by voormalige
> regerings wat rassepolitiek en rasseverskille in die ekonomie toegepas
het.
------Ulenga is 'n verfrissende stem in die see van Swapo-idiote wat koor
agter hulle baas aan. Niemand hier is lus om oorlog te maak nie. Enige
verstandige mens kan verstaan dat daar van baie van die landelike die swart
mense is wat graag 'n beter bestaan sal wil maak, maar dat dit nie moontlik
is op die grond waar hulle nou is nie. Daar is heelwat kommersiële boere
wat baie voorsuitstrewend is en maklik drie en meer plase besit. Nie 'n
enkele een van hulle sal beswaar maak as van sy grond onteien word en hy 'n
billike prys daarvoor ontvang nie, MAAR dan wil hy ook darem sien dat sy
grond, wat hy ekonomies bedryf het en op geld gemaak het en belasting betaal
het, moet gaan aan iemand wat ook daarop gaan produseer tot voordeel van die
land. As dit nie gedoen word tot die ekonomiese voordeel van die land en
enigeen van die twee betrokke partye nie, wat is die nut van hierdie hele
poging? Dit terwyl seker maklik meer as 60% van die beskikbare kommersiële
grond beskikbaar is vir hervestiging, maar die regering stel nie belang nie!
Sekere sappige plaaseiendomme word geoormerk en dan begin die politieke druk
en speelwerk om 'n situasie te skep op die plaas wat vir die boer 'n
verleentheid skep en dan straf die regering hom deur te onteien. Plus
natuurlik die feit dat die wit boere gevloek word van die verhoog af deur
Nujoma en sy agterryers op elke geleentheid......mens kan seker ook maar
verstaan, want dit is al wat die arme goed het om hul mense mee op te sweep
in hulle land van 60+ werkloosheid en gewone mense wat al meer en meer vra
hoekom kry hulle dan niks uit die 'struggle' nie? Storm voort, Ulenga!
Vorige onderwerp: Nog nuwe polyphonic ringtones
Volgende onderwerp: ET is uit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 12 07:22:33 MGT 2024