Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH
" Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93380] Do, 27 Mei 2004 17:59 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93392 is 'n antwoord op boodskap #93380] Vr, 28 Mei 2004 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek het 'n vreeslike besige week agter die rug, ek het dus nie regtig al die
villanelles gelees wat jy geplaas het nie, maar ek weet wel dat dit nie my
gunsteling digvorm is nie. Mens moet die goed oor en oor lees om te verstaan
wat die digters probeer sê.

Max____________________________

"@rogers.com" wrote in message
news:K%ptc.25877$GYd.16898@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> VILLANELLE
> (vir Paul Verlaine)
> Breyten Breytenbach
>
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
> is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
> wat die swartspore hou van jou drome se draf
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
>
> veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
> in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> dood het jy in jou asem geproe, die amandel
> smaak van miere, bouende aan die donker, af
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
>
> en oor al jou landskappe kruip die brande
> van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
> skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
> sy snoerspoor moet borduur om die graf:
> wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
> nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
>
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93413 is 'n antwoord op boodskap #93392] Vr, 28 Mei 2004 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

ek het dus nie regtig al die
> villanelles gelees wat jy geplaas het nie, maar ek weet wel dat dit nie my
> gunsteling digvorm is nie. Mens moet die goed oor en oor lees om te verstaan
> wat die digters probeer sê.

Watter digvorm verkies jy?

Gloudina
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93494 is 'n antwoord op boodskap #93413] Di, 01 Junie 2004 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:YiItc.205892$0qd.41584@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...
>
> "Max" skryf
>
> ek het dus nie regtig al die
>> villanelles gelees wat jy geplaas het nie, maar ek weet wel dat dit nie my
>> gunsteling digvorm is nie. Mens moet die goed oor en oor lees om te
> verstaan
>> wat die digters probeer sê.
>
> Watter digvorm verkies jy?
>
> Gloudina
>

Ek het nie regtig 'n voorkeur vir een of ander vorm nie. Die inhoud moet
maklik lees en as dit met my emosies speel, vind ek dit 'n goeie gedig...

Max____________________________
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93520 is 'n antwoord op boodskap #93494] Di, 01 Junie 2004 11:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ek het nie regtig 'n voorkeur vir een of ander vorm nie. Die inhoud moet
> maklik lees en as dit met my emosies speel, vind ek dit 'n goeie gedig...

As gedigte "goed" is omdat dit met jou emosies "speel,"
dan sal 'n hele klomp snert ook later as goed bestempel
kon word. Ek dink dat as jy werklik dieper dink, jou
maatstawwe vir wat goeie digwerk is, eintlik meer
gesofistikeerd is as wat jy wil voorgee.

Gloudina
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93534 is 'n antwoord op boodskap #93520] Di, 01 Junie 2004 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:JvZuc.277294$0qd.206360@twister01.bloor.is.net.cable.ro gers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Ek het nie regtig 'n voorkeur vir een of ander vorm nie. Die inhoud moet
>> maklik lees en as dit met my emosies speel, vind ek dit 'n goeie
gedig...
>
> As gedigte "goed" is omdat dit met jou emosies "speel,"
> dan sal 'n hele klomp snert ook later as goed bestempel
> kon word. Ek dink dat as jy werklik dieper dink, jou
> maatstawwe vir wat goeie digwerk is, eintlik meer
> gesofistikeerd is as wat jy wil voorgee.
>
> Gloudina
>

Gesofistikeerd? Dis 'n woord wat ek nou nie myself aan sal koppel nie. Ek's
maar 'n simpel vrystater, hoor! As ek hier bo praat van 'n "goeie" gedig,
bedoel ek dat ek dit goed vind. Dit beteken nie noodwendig dat dit 'n
letterkundige juweel is nie.

Max____________________________
Re: " Villanelle (vir Paul Verlaine) " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #93543 is 'n antwoord op boodskap #93534] Di, 01 Junie 2004 14:28 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

As ek hier bo praat van 'n "goeie" gedig,
> bedoel ek dat ek dit goed vind.

Miskien moet jy dan nie van "goeie gedigte"
praat as dit net gedigte is waarvan jy hou
nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle)
Volgende onderwerp: " Die grond van die voorvaders " deur CHARL-PIERRE NAUDÉ
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 05:50:13 MGT 2024