Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kunstekaap bring teater na Boland
Kunstekaap bring teater na Boland [boodskap #93354] Do, 27 Mei 2004 13:19
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Kunstekaap bring teater na Boland

KUNSTEKAAP, die Wes-Kaapse spilpunt vir die uitvoerende kunste, begin
vanjaar met 'n daadwerklike plan om na die platteland uit te reik en bied
twee professionele verhoogstukke in die Boland aan.

Kaapstad Opera en Kaapstadse Stadsballet gaan op 28 en 30 Julie vanjaar twee
opvoerings per dag onder die vaandel van Kunstekaap in Paarl en Wellington
aanbied. Die eerste vertonings word op leerders gemik terwyl die tweede
vertonings vir die publiek oop is.

"Dit is 'n toetsprogram," sê Marlene le Roux, direkteur van gehore
ontwikkeling en onderrig by Kunstekaap. "Die sukses van die Boland-projek
sal bepaal of Kunstekaap na ander plattelandse gebiede kan uitreik.

"Die kaartjies van elke vertoning sal so goedkoop moontlik gehou word om
almal die geleentheid te bied om die 90-minute vertonings by te woon.
Plaaslike kunsorganisasies sal deur winsdeling fondse kan insamel om hulle
eie kunsbedrywighede te bevorder.

"Met dié uitreikprogram bring ons die kunste na die mense en gee plaaslike
liggame kans om fondse in te samel vir hulle eie werk. Dit is ware
bemagtiging deur die kunste," sê Le Roux.

Kunstekaap hou op Vrydag, 11 Junie 2004 'n beplanningsvergadering in
samewerking met die Frank Pietersen Musieksentrum van Paarl (Sanddrifstraat,
Tel. 872-2123) aan om alle musiek-, ballet- en kunsonderwysers in die Boland
by die opwindende projek te betrek.

"Alle kunsteskole en -sentrums van die Boland en selfs die Breederivier is
welkom om 'n afgevaardigde na die vergadering te stuur. Die vergadering
begin om 15:00 (3 nm) en al die besonderhede van die verskillende lokale,
programme, vertoningstye en kunstenaars sal dan bekend gemaak word.

"Die kaartjies vir die vier vertonings sal ook tussen die verskillende
organisasies verdeel word sodat elkeen 'n gelyke kans sal kry om n die
projek te deel," sê Le Roux.

Die voorlopige plan is dat Wellington se twee uitvoerings op Vrydag 30 Julie
2004 in die middag en aand sal plaasvind. Vir die Paarl-opvoerings word die
oggend en die middag van Woensdag, 28 Julie 2004 oorweeg ten einde maksimum
bywoning te verseker.

Die plattelandse uitreikprogram is 'n verlenging van Kunstekaap se bydrae om
teater na die mense te bring en sodoende mense na die teater te bring. 'n
Xhosa-drama is verlede week vir die publiek opgevoer in Langa om
veeltaligheid deur die uitvoerende kunste te bevorder.

"Kunstekaap glo dat die uitvoerende kunste se toekoms deur sulke aksies
bevorder word," sê Michael Maas, bestuurshoof van die organisasie. "Vanuit
'n historiese perspektief moet die kunste vandag meer as ooit uitreik om
diegene wat nooit die betowering van die teater belewe het nie, daaraan
bloot te stel.

"Ons glo die teater kan 'n groot rol speel om brûe te bou en mense nader aan
mekaar te bring," sê Maas.

NAMENS KUNSEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM

Medianavrae:
Michael Maas, Kunstekaap, Tel: 021 410 9921
Marlene le Roux, Kunstekaap, Tel: 021 410 9962
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263

www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: O gaats!
Volgende onderwerp: Namibiëse pret.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:40:05 MGT 2024