| Ons wonderlike Berge [boodskap #93221] |
Di., 25 Mei 2004 08:07  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
--
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons wonderlike Berge [boodskap #93328 is 'n antwoord op boodskap #93302] |
Do., 27 Mei 2004 09:49  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Lekker en nog baie mooier ook as die res! Ek weet nie hoeveel fotos ek al
deur die jare daar geneem het nie, maar dit moet baie wees. Elke keer sien
ek iets anders. Om kop skoon te maak, gaan slaap jy daar tussen die koppe
en wag dat die son begin om die koppe en die formasies in te kleur. Fuji
kan sekerlik 'n deel van sy winste daar bepaal!!
"knersus" skryf in boodskap news:c92ngp$kh6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette wrote:
>> Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
>> besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
>> dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
>> wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
>> wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
>> blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
>> Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
>> Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
>> ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
>> berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
>> --
>> Annette
>>
>>
>>
> Natuurlik het Namibië berge, sommer sulke erge berge ook. Hulle het
> natuurlik ook berge van sand! Spitzkoppe is die hoogste alleenstaande
> berg in Afrika, gemeet van toon tot top.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |__&CO__|
|
|
|
|