Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » TotmesIII (Was Re: Aanhoudende aanval op die kultuurgroep)
TotmesIII (Was Re: Aanhoudende aanval op die kultuurgroep) [boodskap #9329] Wo, 14 Mei 1997 00:00
Henri-John Kock  is tans af-lyn  Henri-John Kock
Boodskappe: 69
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
At skryf :

>> ThotmesIII
>>
>
>> Ek het gedink die nuusgroep is in Afrikaans vir Afrikaans
> sprekendes.
>> Hoekom is almal so tegoedkomend met die vent. As hy nie in Afrikaans
>
> wil
>> kommunikeer nie, dit is sy probleem.
>
> Met die stigting van hierdie nuusgroep, wat met groot stryd gebeur het
>
> omdat mense soos hierdie farao dit beveg het, het ons onderneem dat
> enige
> bydrae in enige taal aanvaarbaar is solank as wat dit oor Afrikaans
> gaan.
> Dit is wel die geval met hierdie farao. Daarom kan jy nie vir hom sê
> om
> elders te gaan speel nie. Naar jy kan hom ignoreer soos party mense 'n
>
> stopstraat ignoreer.
>
> Beste wense
> At de Lange

Ek hoor wat jy sê, At, en ek verstaan hoekom. Ek dink die probleem met
TotmesIII is die feit dat hy nie bereid is om in 'n debat betrokke te
raak nie. Die ou se sg. "feite" word keer-op-keer as halwe waarhede
bewys, en nog steeds groei sy haat net. Hy kry altyd iets nuuts om te
gebruik om die witman as 'n monster uit te beeld, wat seker in sekere
gevalle die waarheid is, soos wat die TRC vir ons sê, maar die
veralgemenings is darem te veel.

Die persoon voel duidelik dat afrikaanssprekendes niks anders as
KKK-lede is wat net 'n ander taal praat nie. Hy gaan so ver om afrikaans
af te maak as 'n "BASTARD language". (Om nie eers te praat van sy
irriterende gewoonte om HOOFLETTERS te gebruik nie. Ek het usenet begin
gebruik so na die einde van 1992 se kant, toe daar nog soiets soos
"nettiquette" was. Dit is partymaal komieklik om sy pos te lees en dan
jouself probeer indink hoe dit sou klink as mens die hoofletters as
skreeu/roep sien. In elkgeval, hierdie ou herinner my aan Pereira, nog
'n ou vol haat wat van Duitsland geskryf het, hier om-en-by 1994-5. As
ek dit nie mis het nie, is hy die een wat na afrikaans verwys het as
"That disease of the vocal chords". Ek sal nie verbaas wees om so 'n
uitlating in een van T III se boodskappe raak te loop nie.

Ek voel dat die man bandwydte mors, dat hy niks konstruktiefs het om te
sê in hierdie NG nie, en dat hy maar ignoreer moet word. Miskien kan sy
boodskappe gelees word vir die komedie-waarde daarvan, wanneer Suburban
Bliss net te vervelig raak (is dit ooit nog op ? Hoekom ? )

Miskien is hierdie 'n goeie een: hoekom word afrikaanssprekendes as
morone uitgebeeld op TV ? Willie Esterhuisen maak baie geld daaruit,
maar is daar regtig mense soos Ouboet van Orkney Snork Nie ? Sonder dat
hulle iets onwettigs gerook het ?

Julle gedagtes word waardeer.

H-J
Vorige onderwerp: Weer en wind
Volgende onderwerp: Thotmes - onosel om te reageer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:17:11 MGT 2024