Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Weer en wind
Weer en wind [boodskap #9325] Di, 13 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hier in Noord-Amerika word ons weerpatrone
totaal gedomineer deur die "Jetstream." Dis 'n
wind wat oor die vasteland waai vanuit die Stille
Oseaan wes van ons totdat dit uiteindelik die
Noord-Atlantiese Oseaan oos van ons bereik.
Dis glo 'n sterk wind, wat die spoed van vliegtuie
kan beinvloed. Die normale pad van die Jetstream
is rofweg op die grens tussen Kanada en die VSA.
Maar daar is natuurlik groot wisselings. Ons weer-
kanale wys ons elke dag die pad van die Jetstream.
Veral in die winter is dit van die grootste belang.
Somtyds waai die Jetstream eers hoog na die arktiese
dele van Kanada en waai dan af na die suide van die
VSA voordat dit weer noordwaarts draai. Dis sulke
tye dat die VSA se suide baie koue weer kry, soms
met ys en sneeu, terwyl die oostelike dele van Kanada
relatief warm is dieselfde tyd, want ons kry die wind
eers wanneer dit daar in die suide verwarm is. As die-
selfde ding in die somer gebeur, en ons kry die wind
eers nadat dit in die VSA se Suide 'n draai gegooi het,
dan word dit hier bo in Kanada onuithoudbaar warm.
So ons Kanadese hou van die Jetstream so net op die
grens tussen die twee lande, veral in die somer. Hulle
kan hul hitte vir hulself hou.
Ek was geinteresseerd toe At de Lange van die
ingewikkelde weersisteem in SA praat. Ek wens hy wil
meer daaroor uitwei. In die Noordweste het ons die
westewind gehad elke somersaand so teen tien uur.
As dit nie die aand kom nie, dan weet ons dit gaan baie
warm die volgende dag wees, en daar gaan donderwolke
uit die noorde opstapel, en uiteindelik gaan ons die ver-
skriklikste donderstorm kry wat vir ure en ure sal aanhou.
Later, toe ek in Pretoria gebly het, was daar die vinnige
baie intense donderstorms. Dit het my so laat lag toe
die Kanadese joernaliste wat in SA was vir die verkiesing
in 1994 altyd so grootoog gesit en vertel het van die
daaglikse donderstorms in Johannesburg. Dan onthou
ek ook 'n verskriklike donderstorm in die Krugerwildtuin,
wat gevoel het soos die einde van die wereld. En in
1981 besoek ons Kaapstad in November. Die wind
waai net absoluut vreeslik oor die hele Boland. Ek dink
toe eers dat ek maar vergeet het hoe die suidooster
kan waai (ek was omgewaai in Adderleystraat, iets wat
my kinders nou nog oorvertel.) Later lees ons darem in
die koerant dat dit 'n "swart suidooster" was. Wat is die
oorsaak van die suidoosters? En hoekom waai die wind
altyd in Port Elizabeth? En waarvandaan waai die winde
in die Vrystaat? Snaaks, ek dink nie aan wind as ek dink
aan die Vrystaat nie.

Gloudina Bouwer
Re: Weer en wind [boodskap #9338 is 'n antwoord op boodskap #9325] Wo, 14 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:
@igs.net wrote in article ...

baie interessant oor sie "jetstream" wat die VSA en Kanada se weer
so sterk beinvloed.
> Ek was geinteresseerd toe At de Lange van die
> ingewikkelde weersisteem in SA praat. Ek wens hy wil
> meer daaroor uitwei. In die Noordweste het ons die
> westewind gehad elke somersaand so teen tien uur.
> As dit nie die aand kom nie, dan weet ons dit gaan baie
> warm die volgende dag wees, en daar gaan donderwolke
> uit die noorde opstapel, en uiteindelik gaan ons die ver-
> skriklikste donderstorm kry wat vir ure en ure sal aanhou.

Gloudina, min mense besef dat Suid Afrika van alle seekante
(wes, suid en oos) met berge afgesluit is. Behalwe in Natal, is
die kusvlakte tussen die see en die berge relatief smal. Die berge
keer dat lug onbelemerd tussen land en see beweeg. Nog neer,
die vernaamste interaksie tussen die drie hoofweerstelsels geskied
by of naby die berge.

Die eerste weerstelsel is die een wat ek laas keer oor geskryf het. Dit
is die vogtige lug wat hier van Indi"e se kant oor die ewenaar gesleep
word na Wes-Afrika. Dan kom dit in kontak met die tweede vernaamste
weerstelsel, naamlik koue lug wat vanuit die suid-weste deur koue fronte
uit Antartika aangedryf word. Die teweede weerstelsel is sterker as die
eerste een. Daarmee bedoel ek dat die warm vogtige lug uit die ooste
eers afgebuig word na die suide daar hoog in Angola. Daarna word dit
verder terug gebuig terug na die noor-ooste toe iewers oor Namibia of
selfs verder suid by Boesmanland as dit nog genoeg oemf het.

Die derde weerstelsel is die swakste. Dit is vogtige lug wat direk vanuit
die Indiese oseaan op Natal afdryf. Dit word maklik weggedruk deur koue
lug wat hier al om die Kaap ooswaarts deur die berge weggelei word tot in
Natal. Dit word ook maklik weggedruk deur die eerste weerstelsel as
laasgenoemde nie deur die tweede weerstelsel toeglaat word om te ver
weswaarts te beweeg nie. Dan maak dit nie die 220grade draai
oos->suid->noordoos) nie, maar net 'n 150grade draai
(oos->suid->suidoos).

Wat nou veral belangrik is om te sien is dat die eerste weerstelsel 'n
uiters
lang pad het om te loop voordat dit by die binneland van Suid Afrika aan
kom. (Gelukkig het ons nie noemenswaardige berge wat Suid-Afrika se
binneland van die res van Afrika skei nie, behalwe die Soutpansberge wat
dit 'n vir 'n stukkie doen. Sou daar sulke berge wees, sou Suid Afrika
erger
as die Sahara gelyk het.) Die eerste weerstelsel is die mamma vir die
binneland se reen. Die tweede weerstelsel het 'n veel korter pad om te
loop: die Namib in Namibia en Namakwaland in Suid Afrika. Hy is die pappa
vir die binneland se reen. Maar hy is ook die mamma vir Namakwaland se
reen in die winter!

Die pappa weer is die een wat drie-vier keer 'n week met sy koue fronte jag

maak op die mamma weer. As die pappa die mamma mooi inwag, dan kry
Boesmanland en die Karroo mooi reen. As die pappa die mamma vroeg reeds
oorweldig, kry hulle nie die reen nie, maar wel die Kalahari, die Vrystaat
en
eertydse Transvaal. As hy en sy goed saam stoei, kry Natal 'n deel van
hulle.
As hy haar net sydelings bykom, help die berge hom om by die derde
weerstelsel uit te kom - die tweede mamma.

Kan jy nou sien waar Keimoes se storms vandaan kom? Die pappa le die
mamma rustig en inwag.

In 'n sekere sin kan die drie weerstelsels ook as metafoor gebriuk word vir
die
hoof kultuur interaksies in ons land. Die eerste weerstelsel stel die
Bantoe
kultuur voor. Die tweede weerstelsel stel die Europa kultuur voor. Die
derde
weerstelsel stel die Khoisan+ Maleisies+Indiese kultuur voor. Maar ek wil
nie
verder oor hierdie metafoor uitbrei nie. Daar is mos gedurig mense wat in
elke
saak rassehaat probeer aanblaas.

Sou die mamma alreeds hier in Kenia, Soedan of Zair probleme kry, dan kom
die groot droogtes hier in Suid Afrika.

Beste wense
At de Lange
Vorige onderwerp: Kubaanse dokters
Volgende onderwerp: TotmesIII (Was Re: Aanhoudende aanval op die kultuurgroep)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 20:50:08 MGT 2024