Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Gloudina en haar gedigte
Re: Gloudina en haar gedigte [boodskap #93011] |
Wed, 19 May 2004 13:02  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Riaan - met alle respek. Poësie is "public domain". Ek kan nie verstaan
waarom digters kapsie maak teen die publisering van hulle gedigte nie -
hulle wil tog hê mens moet dit lees?
(Anti - moet nooit sê dat ek nog nie vir jou opgestaan het nie ....)
"Riaan" skryf in boodskap news:1084968847.967057@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek praat onder korreksie maar sover ek weet mag jy nie sonder die uitgewers
> se toestemming enige gedig of deel van 'n gedig op enige manier kopie�r nie.
>
> Dit beteken dat dit wat jy hier doen is moontlik teen die wet. Hel en jy
> preek jou gat af hier vir ons
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Stereotipes [boodskap #93136 is 'n antwoord op boodskap #93131] |
Sat, 22 May 2004 02:22   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf:
> Ek wonder ook altyd waarom
> die African American verbind word met waatlemoene?
Ek mag verkeerd wees, maar is die assosiasie nie dalk omdat die
watermeloen oorspronklik ook van Afrika (Kalahari) afkomstig is, en
baie mense het aangeneem dat dit destyds deur die slawe hier na
Amerika gebring was? Net soos met Okra en 'n heel paar ander
groentes. Daar is mos al die bekende stories oor hoe die slawe die
pitte en sade hiernatoe gesmokkel het, en weggesteek het in hulle
klere en so aan.
Maar soos dit maar altyd met die tipe van ding gaan, is dit dalk ook
nie heeltemal waar nie, want daar is ook dokumentasie van die Europese
koloniste wat die plant saamgebring het en hier in Amerika begin
verbou het. So dit was definitief nie slegs deur die slawe geeet en
geplant nie. Daar is ander teorieë ook, en een wat vir my baie sin
maak is dat dit deur die Spanjaarde in die 1500's hiernatoe gebring
is.
Elkgeval, die dom geloof dat alle swartmense altyd lief is vir
waatlemoen en diepvet-gebraaide hoender, het bly vaskleef, en was deel
van die kultuur nes aunt Jemima - die media het veral daarvoor gesorg
dat die stereotipe lewendig bly.
Maar ek raai ook maar net...
> Groei dit dan welig in die Suide?
Wel, daar is 'n sterk assosiasie met waatlemoene en die Suidelike
kultuur, en dit groei wel baie maklik hier in Georgia bv., maar die
meeste van ons waatlemoene word in Florida gekweek. Ek dink Texas en
Kalifornië is die ander 2 state wat meeste waatlemoene groei.
Ek sien nog net die ronde, pitloses op die oomblik in die winkels, en
vermoed dit word ingevoer van Mexiko.
|
|
|
|
waatlemoene [boodskap #93138 is 'n antwoord op boodskap #93137] |
Sat, 22 May 2004 03:02   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf:
> "Katryn"
>
>> Ek mag verkeerd wees, maar is die assosiasie nie dalk omdat die
>> watermeloen oorspronklik ook van Afrika (Kalahari) afkomstig is,
>
> Ek kan darem nie glo dat die rooi waatlemoen uit
> die Kalahari kom nie. Daar het hulle tsammas, maar
> ek glo nie dat dit enigsins dieselfde is as die ding wat
> ons waatlemoen noem nie.
Dalk is hier iemand anders wat meer inligting het, en vir ons kan
vertel. Daar is natuurlik letterlik meer as 'n duisend verskillende
variante waatlemoene, maar die oorspronklike plant kon heel
waarskynlik dan die tsamma gewees het?
Ek het gou 'n internet soektog gedoen met " Citrullus vulgaris" en
"tsamma" as sleutelwoorde.
Dit was nou erg interessant!
Hier is sommer die eerste skakel:
http://www.museums.org.za/bio/plants/cucurbitaceae/citrullus _lanatus.htm
Citrullus lanatus (Watermelon, Tsamma)
(Life; Embryophyta (plants); Angiospermae (flowering plants); Order:
Cucurbitales; Family: Cucurbitaceae)
Thought to have been domesticated in Africa at least 4000 years ago
and now grown worldwide, particularly in regions with long, hot
summers.
Synonym: Citrullus vulgaris
Wild Citrullus lanatus grows widely in Africa and Asia. In southern
Africa it grows in the Kalahari where it is known as Tsamma. These
wild melons have been an important source of water and food to
indigenous inhabitants, as well as explorers crossing the Kalahari.
The seeds can be extracted from the fruit, roasted over a fire and
ground into a white meal which is evidently rich in proteins and oil,
and is tasty. This meal can also be used as a cosmetic: after chewing
it and moistening it with saliva, it is smeared over the body,
evidently resulting in a smoother, healthier, reddish coloured skin.
The young fruit and leaves can be cooked and eaten as a vegetable.
There is a bitter form of this wild melon which is evidently poisonous
but which has been used medicinally.
The history of domestication of watermelons is obscure but it is known
that by 2000 BC they were being grown in the Nile Valley in Egypt. A
wide variety of watermelons have been cultivated in Africa, varying in
fruit size, fruit shape, flesh colour, rind colour and seed colour. By
800 AD, watermelons had been introduced to India and by 1100 AD to
China. Watermelon were introduced to Europe by the Moors during their
conquest of Spain: there are records from Córdoba in 961 AD and
Seville in 1158. Their cultivation spread slowly into the rest of
Europe and by the early 1600's they were being widely cultivated
although generally only on a small scale. Watermelons grow best where
there are long, hot summers so as one goes north in Europe, conditions
for growing them become more unsuitable. North American Indians took
to watermelons (and Muskmelons) enthusiastically when they were
introduced there by Spanish explorers in the 1500's. Through passing
of seed from tribe to tribe, watermelon cultivation in North America
spread faster than European exploration of that region.
References
Sauer, J.D. 1993. Historical geography of crop plants - a select
roster. CRC Press, Boca Raton, Florida.
van Wyk, B. & Gericke, N. 2000. People's plants - a guide to useful
plants of southern Africa. Briza Publications, Pretoria.
Text by Hamish Robertson
|
|
|
Re: Stereotipes [boodskap #93140 is 'n antwoord op boodskap #93137] |
Sat, 22 May 2004 07:07   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tante, die tsamma is amper meer soos die skorsie wat jy ken [as sy binnekant
gaargemaak word], maar het baie vloeistof in sy rou vorm, maar nie so baie
soos 'n waatlemoen nie. Die giftige storie word dalk effe oordryf, want al
wat kan gebeur is dat as die tsamma geel geword het aan die plant en jy eet
hom, dan gaan jy erge spuitpoep kry. Wat wornderlik van die vrug in die
woestyn is, is dat hy vir jare goed kan bly as jy hom pluk en bêre. Die
boesmans het sulke tsamma-neste geaam in bome sodat die gemsbokke dit nie
kan bykom nie......want 'n gemsbok vrek oor 'n tsamma. Dit kom nie net in
die Kalahari voor nie.....ook in die Namib.
"@rogers.com" wrote in message
news:o5zrc.92909$Zxc.25643@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Katryn"
>
>> Ek mag verkeerd wees, maar is die assosiasie nie dalk omdat die
>> watermeloen oorspronklik ook van Afrika (Kalahari) afkomstig is,
>
> Ek kan darem nie glo dat die rooi waatlemoen uit
> die Kalahari kom nie. Daar het hulle tsammas, maar
> ek glo nie dat dit enigsins dieselfde is as die ding wat
> ons waatlemoen noem nie.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 01:59:41 UTC 2025
|