Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » ...kuier met 'n koppie koffie
...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9301] Ma, 12 Mei 1997 00:00 na volgende boodskap
Vyg  is tans af-lyn  Vyg
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Volle Lid
Yes, hoe gaan dit jong ? ...sit jy.. ..
o, ek sien jy sit lankal... ..

nou toe, ek it solank die ketel aan,...

..ek mis nie die huisgenoot nie, dankie tog,
oral waar ek by mense gekom het, moes
ek altyd hoor van die gruwelike stories
daarin, wat ek wil mis, is boerewors en
krummelpap, die suid-ooste in die Kaap,
...natuurlik net gekla oor die wind by die
huis, ek mis ook nie vir Riaan Cruywagen
nie, lees hy nog afrikaanse nuus ?

melk ?........en suiker......so ja !

... jy sê, jy't ook gehoor van die arme amerikaanse
prof en sy student wat hom so vasgeloop daar
in Sasolburg, 'n bloody skande, maar wat kan 'n
mens dan verwag van sasolburgers, beslis
nie dieselfde as die nuweburgers nie.
Re: ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9302 is 'n antwoord op boodskap #9301] Ma, 12 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
vy...@loxinfo.co.th wrote in article ...
>
>
> Yes, hoe gaan dit jong ? ...sit jy.. ..
> o, ek sien jy sit lankal... ..
>
> nou toe, ek it solank die ketel aan,...
>
> ..ek mis nie die huisgenoot nie, dankie tog,
> oral waar ek by mense gekom het, moes
> ek altyd hoor van die gruwelike stories
> daarin,

Dis waar. Hulle weet egter beter as Scope hoe om geld te maak. Jy weet
seker dat Scope sy alie gesien het toe hy 'n bietjie Playboy wou raak.

> wat ek wil mis, is boerewors en
> krummelpap, die suid-ooste in die Kaap,

Jong, jy bring nou vuur (die suid-ooster wind) by die brandhout (wors en
krummelpap). Dis net die Kapenaars wat die suid-ooster lief het want dit
hou die binnelanders weg, sê hulle. Hulle gebruik druiwestompe en beweer
dat kameeldoring, hardekool of sekelhaak nie kan kers vashou nie. Hulle
verkies 'n sosatie bo 'n worsie, 'n wyntjie bo 'n mampoertjie, ensovoorts.
Kom ons hou 'n geselsie oor die ideale braai en haal mekaar so oor die
kole.

> ...natuurlik net gekla oor die wind by die
> huis,

> ek mis ook nie vir Riaan Cruywagen
> nie, lees hy nog afrikaanse nuus ?

So een keer elke paar dae. Nuus in Afrikaans het 'n seldsaamheid geword.
Geselsporgramme in Afrikaans is nou so skaars soos hoendertande. Al wat
oorbly is hierdie nuusgroep.

>
> melk ?........en suiker......so ja !
>
> ... jy sê, jy't ook gehoor van die arme amerikaanse
> prof en sy student wat hom so vasgeloop daar
> in Sasolburg, 'n bloody skande,

Ek wonder was sou gebeur het as hy vir hulle slaapplek gereel het in
Sharpeville neffens Sasolburg, ongeag van hulle ras. Die gevolge sou
sekerlik vir drama gesorg het.

> maar wat kan 'n
> mens dan verwag van sasolburgers, beslis
[color=blue]> nie dieselfde as die nuweburgers nie.
Re: ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9326 is 'n antwoord op boodskap #9301] Wo, 14 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
a  is tans af-lyn  a
Boodskappe: 36
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Volle Lid
In article ,
lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>
> In Article,
> writes:
>
>> Neem nou maar die weer. Die weerprogramme wat on hier gebruik om
>> voorspellings mee te doen, is elders getoets vir die weer. Hier werk dit
>> dikwels nie. Omtrent elke plek hier vir wat die weer voorspel word, het die
>> naam 'elders'. Hulle het mos 'n rympie: dit-en-dat vir die plek so-en-sus,
>> elders ....(iets anders).
>>
>
> Haai At
>
> Ek't familie in Naboomspruit. As jy so deur die dorp ry dan is daar 'n bord
> wat jou die pad aanwys na Elders. Dis seker maar die' plek waarvan die
> weerburo so baie praat. Seker nie lekker daar nie, die weer is mos altyd
> anders daar as in die res van die land.
>

Iets wat ek nog nooit oor die weer kon uitvind nie is die volgende:

As die ingekleurde area op die TV se weerkaart wys dat daar 60% (sê nou maar)
kans vir reën oor daardie gebied is, beteken dit:

a) Dat 100% van die gebied 'n 60% kans vir reën het

-OF-

b) Dat 60% van die gebeid 'n 100% kans vir reën het

Is daar enige weerkenners wat die vraag kan beantwoord? Ek wonder maar net ...
Re: ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9348 is 'n antwoord op boodskap #9301] Do, 15 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Wen wrote in article ...

> Iets wat ek nog nooit oor die weer kon uitvind nie is die volgende:
>
> As die ingekleurde area op die TV se weerkaart wys dat daar 60% (sê nou maar)
> kans vir reën oor daardie gebied is, beteken dit:
>
> a) Dat 100% van die gebied 'n 60% kans vir reën het
>
> -OF-
>
> b) Dat 60% van die gebeid 'n 100% kans vir reën het
>
> Is daar enige weerkenners wat die vraag kan beantwoord? Ek wonder maar
net ...

Wen,

Ek is nie 'n weerkundige nie. Maar ek probeer om die weer te verstaan.
Ek het al 'n paar weerkundiges gevra wat die persentasies beteken. Ek
kon hulle nie verstaan nie.

My idee van hulle persentasies is die volgende: As hulle sê dat 'n gebied
60% kans op reen het, verwys dit na EEN bui reen wat iewers in die gebied
kan val. Dit verwys nie na hoe groot gebied die reen sou bedek nie, en ook
nie hoeveel reen oor die bedekte gebied sou val nie.

Met ander woorde, sou die gebied 10 000 vkkm (vierkante kilometer) groot
wees en die bui reen bedek uiteindelik 1 000 vkkm, het dit 10% van die
oppervlakte beslaan. Die gevolg is dat die absolute kans op reen op 'n
klein kolletjie soos iemand se plaas 10%x60% = 6% sou wees!

Beste wense
At de Lange
Re: ...kuier met 'n koppie koffie [boodskap #9388 is 'n antwoord op boodskap #9301] Ma, 19 Mei 1997 00:00 Na vorige boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
> huis, ek mis ook nie vir Riaan Cruywagen
> nie, lees hy nog afrikaanse nuus ?

Ja, en SOOO stadig.
Vorige onderwerp: Leon Schuster
Volgende onderwerp: Re: Afrikaans probeer verkleineer !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:04:46 MGT 2024