Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beskawing van Vingerwysers
Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92731] Ma, 10 Mei 2004 08:37 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons beskawing is in 'n dalende spiraal. Die Inka's het ons gewys hoe dinge
nie gedoen moet word nie, maar ons gaan lustig voort al ryende op die
sneltrein die verderf in.
Ouers wat hul kinders beskerm en vingers na ander wys as hul bloedjies
bitter stout was.
Altyd iemand anders se skuld.
'n Sokkerspeler wat van die veld af draf tydens 'n wedstryd om 'n mes uit sy
sak te gaan haal om 'n speler wat hom 'n kaffer genoem het op die veld te
gaan steek. Hy kla dat dit onregverdig is dat hy vir 'n jaar geskors is, en
nou gaan daar weer 'n besluit oor sy skorsing gedoen word. Altyd iemand
anders se skuld.
Lynndie England wat met haar gefotografeerde optrede wys dat die Amerikaners
wel 'n Jerry Springer mentaliteit het. Haar ouers en gemeenskap weet nie wat
sy verkeerd gedoen het nie. Altyd iemand anders se skuld.

--
Annette
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92732 is 'n antwoord op boodskap #92731] Ma, 10 Mei 2004 09:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"...al ryende op die sneltrein die verderf in ..."

... so, jy dink ook nie die Gautrein is 'n goeie idee nie?

:-)

TJ
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92733 is 'n antwoord op boodskap #92732] Ma, 10 Mei 2004 09:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gautrein, Gloutrein, soustrein, Bloutrein, watookal - nie een van hulle
nie:)
--
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:c7ngum$5m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> "...al ryende op die sneltrein die verderf in ..."
>
> ... so, jy dink ook nie die Gautrein is 'n goeie idee nie?
>
> :-)
>
> TJ
>
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92752 is 'n antwoord op boodskap #92731] Di, 11 Mei 2004 01:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Lynndie England wat met haar gefotografeerde optrede wys dat die Amerikaners
> wel 'n Jerry Springer mentaliteit het.

Mag ek jou daaraan herinner dat daar in die Amerikaanse
bevolking van 270 miljoen of so, 'n groot persentasie nie
'n Jerry-Springer mentaliteit het nie. ( Die blote feit dat
jy van Jerry Springer weet, beteken dat jy sy programme
volg, wat toon dat jyself 'n Jerry Springer mentaliteit
het.)
Kan ek jou daaraan herinner dat die SA weermag self
hulle skandaaltjies in die Kongo gehad het - en die mense
wat uitgevang was, het goeie Afrikaner-name gehad, nê?
Hier in Kanada moes ons ook deur 'n skandaal gaan van
wat sekere soldate in Somalië 'n paar jaar gelede gedoen
het, en om "trophy foto's" te kry. Mens kry die sinkhuis-
mentaliteit maar orals, nie net in die VSA nie.

Tant Hessie van Magersfontein
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92761 is 'n antwoord op boodskap #92752] Di, 11 Mei 2004 10:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
>
> Mag ek jou daaraan herinner ....

Nee!
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92764 is 'n antwoord op boodskap #92752] Di, 11 Mei 2004 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Annette" skryf

> Kan ek jou daaraan herinner dat die SA weermag self
> hulle skandaaltjies in die Kongo gehad het - en die mense
> wat uitgevang was, het goeie Afrikaner-name gehad, nè?

Dit is nou soos Bouwer? En wat sou hulle gedoen het - rondgespeel oor
die kleur en bevels lynne? En dit is 'n skandaaltjie wat jy vergelyk
met die gebeure in Irak?

Sjym.
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92769 is 'n antwoord op boodskap #92764] Di, 11 Mei 2004 13:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lou" skryf
>
> Dit is nou soos Bouwer? En wat sou hulle gedoen het - rondgespeel oor
> die kleur en bevels lynne? En dit is 'n skandaaltjie wat jy vergelyk
> met die gebeure in Irak?

Lou, nou probeer jy weer voorgee dat ek die "gebeure in
Irak" goedpraat. Ek, wat glo dat die Amerikaners in die
eerste plek nie vir Irak moes binne geval het nie. As ek
reg onthou, het jy dit lank en hard gesit en goedpraat. Al
waarteen ek dit het, is dat julle klomp tweegesigte in SA
nou die morele hoë grond wil neem, terwyl julle hande maar
ook lelik swart is. Onthou hoe die manne op Vlakplaas
braaivleis gehou het langs die lyke wat hulle probeer
verbrand het.

Gloudina
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92782 is 'n antwoord op boodskap #92752] Di, 11 Mei 2004 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
> jy van Jerry Springer weet, beteken dat jy sy programme
> volg, wat toon dat jyself 'n Jerry Springer mentaliteit
> het.)

Hoe kom jy by dié gevolgtrekking uit, Gloudina? Ek kyk al vir jare nie
TV nie, en selfs ek weet dat Jerry Springer se programme 'n klomp drek
is. Of roer jy net bietjie die pot?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|
Re: Beskawing van Vingerwysers [boodskap #92795 is 'n antwoord op boodskap #92769] Wo, 12 Mei 2004 06:46 Na vorige boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> "Lou" skryf
>>
>> Dit is nou soos Bouwer? En wat sou hulle gedoen het - rondgespeel oor
>> die kleur en bevels lynne? En dit is 'n skandaaltjie wat jy vergelyk
>> met die gebeure in Irak?
>
> Lou, nou probeer jy weer voorgee dat ek die "gebeure in
> Irak" goedpraat. Ek, wat glo dat die Amerikaners in die
> eerste plek nie vir Irak moes binne geval het nie. As ek
> reg onthou, het jy dit lank en hard gesit en goedpraat.

Nee - jy onthou nie reg nie - soos gewoonlik.

> Al
> waarteen ek dit het, is dat julle klomp tweegesigte in SA
> nou die morele hoë grond wil neem, terwyl julle hande maar
> ook lelik swart is. Onthou hoe die manne op Vlakplaas
> braaivleis gehou het langs die lyke wat hulle probeer
> verbrand het.
>

Waarteen ek dit het is dat twee gesigte soos jy wat in kanada ('n
klein sub-staatjie van die VSA) sit en altyd soek vir geleenthede om
SA oortredings aan die groot klok te hang (duidelik deel van jou
emmigrasie verwerkings proses wat ek sou dink nou al lankal moes
afgehandel gewees het.)

Maar soos gewoonlik - toe ek jou uitvang op jou verwysing (na die SA
skandaaltjietjietjie in die Kongo - mense met Afrikaner vanne nogal)
toe spring jy terug na jou Vlakplaas-braaivleis storie. Probeer tog om
jou by die punt te bepaal. En dit lyk vir my steeds of jy die gebeure
in Irak goedpraat - al is dit net om dit te gebruik om SA te
beswadder.
Vorige onderwerp: Boodskap van die Dalai Lama...
Volgende onderwerp: Twee Prezzies!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 10:09:24 MGT 2024