Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Liewe Daantjie
Liewe Daantjie [boodskap #92550] Sa, 01 Mei 2004 15:28
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Liewe Daantjie

Ek skryf die briefie maar stadig omdat ek weet jy kan nie vinnig lees
nie.

Ons bly nie meer op dieselfde plek as toe jy weg is nie.

Jou pa het in die koerant gelees dat die meeste ongelukke binne 20
kilometer van die huis af gebeur, toe besluit ons om te trek.

Ek kan ongelukkig nie vir jou die adres gee nie want
die vorige familie het die nommers saam gevat, seker sodat
hulle nie hulle adres hoef te verander nie.

Hierdie plekkie is regtig oulik. Hier is selfs 'n
wasmasjien,ek is nog net nie heeltemal seker hoe hy werk nie.

Laas week het ek 'n bondel klere ingesit en die
ketting getrek. Ons het nog nie weer die klere opgespoor nie.

Die weer hierso is ook glad nie sleg nie. Dit het net twee keer
gereen laas week; die eerste keer vir drie dae en die tweede keer
vir vier dae.

Omtrent daai jas wat jy gevra het ons moet vir jou stuur;

oom Frikkie het gesê dit sal te swaar wees in die pos, toe sny ons
maar die knope af hulle is in die linker boonste sak van die jas).

Pietie het gister sy sleutels in sy kar toegesluit.

Ons het rerig bekommerd geraak want dit het hom twee ure gevat
om my en jou pa uit te kry.

Jou suster het vanoggend 'n baba gehad, maar ek het

nog nie uitgevind wat dit is nie, so ek weet nie of jy 'n oom of 'n
tannie is nie.

Die baba lyk net soos jou boetie.

Oom Wessels het laas week in 'n vat brandewyn geval.

'n Paar manne het hom probeer uithaal maar hy het hulle afbaklei en
verdrink.

Ons het hom laat veras. Hy het vir drie dae gebrand.

Drie van jou vriende het met 'n bakkie van die brug afgery.

Janneman het bestuur, hy het sy venster afgedraai en geswem.

Jou ander twee vriende het agter op gesit.

Hulle het verdrink omdat hulle nie die bak se klap kon oopkry nie.

Daar is nie meer nuus nie. Niks anders as die normale het gebeur
nie.
Liefdetjies,

Jou gunsteling tannie Saartjie

Ns. Ek wou nog vir jou R25 insit maar ek het al klaar die koevert
toegeplak
Vorige onderwerp: Die Super 12
Volgende onderwerp: Gatiep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 06:48:02 MGT 2024