Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Super 12
Die Super 12 [boodskap #92546] Sa, 01 Mei 2004 10:28 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel, al drie spanne in tel, nl die Stormers, Sharks en Bulls het almal slae
gekry en is die S12 ghoebaai. Sal die dag tog kom dat die rugbymanne
besef dat daar 'n besondere losskakel soek is in SA en voor hulle hom nie
kry nie, sal SA nie weer sy stem dik kan maak in wêreldrugby nie. Nie een
van die losskakels wat nou in SA speel is iets besonders nie. Goed ja,
maar nie spesiaal nie. Dis die tragiese 'bottom line'.
Re: Die Super 12 [boodskap #92547 is 'n antwoord op boodskap #92546] Sa, 01 Mei 2004 10:45 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - ons beste losskakel tans sit in Engeland - Jaco v.d Westhuyzen. Dis
altyd tragies dat 'n goeie speler vir 'n belowende jongetjie moet plek maak.
Ons keurders en afrigters leer maar net nooit nie. Skinstadt wat te vroeg
ingedruk is, Hougaard wat te vroeg ingedruk is, senters wat nog te jonk is
vir die harde baarde, en so gaan ons maar aan.
Ek gaan eers moed begin kry as 'n kaptein mans genoeg is om te sê sy span
het sleg gespeel. As die Cats vanmiddag wen, sal dit nie veel aan die stand
van punte doen nie, maar ten minste sal hulle met baie meer punte eindig op
die laaste plek as wat die Bulle kon regkry.
--
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:40937bd9.0@news1.mweb.co.za...
> Wel, al drie spanne in tel, nl die Stormers, Sharks en Bulls het almal slae
> gekry en is die S12 ghoebaai. Sal die dag tog kom dat die rugbymanne
> besef dat daar 'n besondere losskakel soek is in SA en voor hulle hom nie
> kry nie, sal SA nie weer sy stem dik kan maak in wêreldrugby nie. Nie een
> van die losskakels wat nou in SA speel is iets besonders nie. Goed ja,
> maar nie spesiaal nie. Dis die tragiese 'bottom line'.
>
Vorige onderwerp: Kerkbewakers
Volgende onderwerp: Liewe Daantjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 06:56:46 MGT 2024