Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Ekonomie & geldsake » Loodsing van eie Geldstelsel
Loodsing van eie Geldstelsel [boodskap #92420] Di, 27 April 2004 12:06 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Loodsing van eie Geldstelsel

Die amptelike loodsing van Orania se eie geldstelsel vind op Donderdag 29
April om 18:30 plaas in Orania se Gemeenskapsaal.

Om hierdie geleentheid te vier word die eerste 100 reeksnommers in 'n
netjiese gedenkverpakking beskikbaar gestel. Elke verpakking bestaan uit
vier note (Ora10, Ora20, Ora50 en Ora100) met dieselfde reeksnommer.

Met die loodsing sal daar 'n veiling van die eerste tien gedenkstelle (met
reeksnommers een tot tien) plaasvind. Enigeen kan 'n bod plaas vir een of
meer van hierdie waardevolle stelle. Persone wat nie die
loodsingsgeleentheid kan bywoon nie, maar wel 'n bod op van die eerste tien
stelle wil plaas, kan met die kantoor van die Orania Beweging skakel om die
nodige reelings te tref.

Reeksnommers 11 tot 99 word verkoop vir R250 per stel. Reeksnommer 100 is te
koop vir R500.Hierdie gedenkstelle kan aangekoop word by die kantoor van die
Orania Beweging. Skakel gerus die Orania Beweging by 053 - 207 0062 indien u
daarin sou belangstel om so 'n gedenkstel te bekom.
Re: Loodsing van eie Geldstelsel [boodskap #92421 is 'n antwoord op boodskap #92420] Di, 27 April 2004 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Hoeveel ORA is een EURO of een ZAR?

180ORA = R250 dus die ORA is amper 100 keer sterker as ZIM$?

:-)

TJ
Re: Loodsing van eie Geldstelsel [boodskap #92434 is 'n antwoord op boodskap #92421] Di, 27 April 2004 21:26 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm - ek wonder of ABSA my ORA sal inruil vir Rande?

E

"TJ" skryf in boodskap news:c6lj1r$9gk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hoeveel ORA is een EURO of een ZAR?
>
> 180ORA = R250 dus die ORA is amper 100 keer sterker as ZIM$?
>
> :-)
>
> TJ
>
Vorige onderwerp: Wie se geld?
Volgende onderwerp: Clinton en sy ekonomiese beleid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:13:48 MGT 2024