Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 1 Kor. 13 uit "Broerse" van Hans du Plessis
1 Kor. 13 uit "Broerse" van Hans du Plessis [boodskap #9088] Wo, 16 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Adam, die Griekwa-digter, se weergawe van 1 Korinthiers 13
uit "Broerse" van Hans du Plessis):

Al sal ek die tale van mense en van ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop ruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike paraffienblik gekom raak.

Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat l^e,
dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.

Al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te h^e,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal het nie
as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop haal het nie.

Die regte liefde die se bek is nooit nie dik nie,
jy sien hom nie skinder nie en jy hoor hom nie klik nie,
hy skrywe die kwaad ook nie in boekietjies op nie.

(gepos deur gloudina bouwer)
Re: 1 Kor. 13 uit "Broerse" van Hans du Plessis [boodskap #9093 is 'n antwoord op boodskap #9088] Do, 17 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

>
> Adam, die Griekwa-digter, se weergawe van 1 Korinthiers 13
> uit "Broerse" van Hans du Plessis):

> Al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
> maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat l^e,
> dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou sê.
>
>
> (gepos deur gloudina bouwer)

Dit klink vir my hoe 'n gedig mos moet klink. So uit die hart uit, nie
allerhande weggesteekte nuanses en insinuasies nie.

Alhoewel ek kan wed enige Afrikaanse matriek onderwyser sal heelwat daarin kan
sien :). Bv. Bespreek aan die hand van verwysing na alledaagse geruiksartikels
die aliterasie wat die digter konsepsueel in die gedig gebruik?
Vorige onderwerp: Wit Afrikaners in die NSA
Volgende onderwerp: Wilde Water Wegbreek Groep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 01:58:33 MGT 2024