Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plaasbesettings word werklikheid in KZN
Plaasbesettings word werklikheid in KZN [boodskap #90558] Ma, 23 Februarie 2004 08:05 na volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Klets
22 Februarie 2004
Plaasbesettings volgens die Zimabwe-styl is reeds besig om in die noorde van
KwaZulu-Natal kop uit te steek. Sommige boere vertel dramatiese verhale van
hoe hulle en hul stoetbeeste deur mense wat knopkieries swaak van hul plase
verwilder word. Plaaspaaie word onbegaanbaar gemaak deurdat klippe en stompe
opgestapel word.
Die boere beweer die Landless People Movement (LPM) sit agter die probleme,
maar die organisasie ontken dit ten sterkste.
George Lubbe van Newcastle is onlangs deur die polisie gewaarsku dat 'n
huurmoord teen hom beplan word. Lubbe huur die plaas vir R36 000 per jaar,
maar mense wat daarop bly beset die helfte van die 1 200 ha. Hy kan dus nie
die grond gebruik nie. Hy het aangebied dat hulle 20 beeste per gesin mag
aanhou, maar die getal het spoedig tot 80 gegroei en weiding word sonder sy
toestemming gebruik.
Twee seuns van 'n boer van die distrik wat op regsadvies nie sy naam genoem
wil hê nie is twee maande gelede byna deur twintig mans met knopkieries
doodgeslaan.
Mangaliso Kubheka, 'n woordvoerder van die LPM, is gevra of sy beweging
mense opsweep. Hy het gesê, "As ons nie mense op plase aanmoedig om vir hul
regte op te staan nie, hoe sal ons die stryd wen?"
'n Krisisvergadering word Dinsdag in Newcastle gehou.
. Berig geredigeer, met erkenning aan Beeld.
Re: Plaasbesettings word werklikheid in KZN [boodskap #90564 is 'n antwoord op boodskap #90558] Ma, 23 Februarie 2004 12:07 Na vorige boodskap
Anonymous-Remailer  is tans af-lyn  Anonymous-Remailer
Boodskappe: 36
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
This is a real concern - what is the source of this report? I have done a search and
don't find anything recent on the subject, but I've heard similar accounts from people in
the area.

The bottom line is however that once such a drive gathers momentum, whites will be
powerless to stop the progress as troops/police would not be able to prevent this due to
limited resources. I also don't think the government (or the world for that matter) will
wish to intervene. The trigger seems to Mbekis recent slight of hand changing the act
which required a due process to be followed.

One will have to wait quietly on the sideline and see what unfolds.

--
Questo messaggio e' stato inoltrato automaticamente
da un paio di anonymous remailer. Il mittente originale
e' sconosciuto e non identificabile. Datevi pace.
Vorige onderwerp: Brand
Volgende onderwerp: Menseregte eerste?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 01:05:59 MGT 2024