Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » JA ONS GAAN NOG KERK TOE
JA ONS GAAN NOG KERK TOE [boodskap #9017] So, 06 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek kry die idee dat hierdie draad alreeds dood is, maar ek sukkel my malle
verstand af om goed gepos te kry op hierdie NG - iets wat verkeerd is by my
net-verskaffer... In die gesukkel het ek die oorspronklike pos verloor,
maar in antwoord op Galjoen se hengelary...

-Het Afrikaner wees nog enigiets met die bybel te doen ?
My voorgeslagte het spreekwoordelik met die Bybel in die wakis getrek, vir
my het dit definitief baie te doen met my Afrikanerskap.

-Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Verskeie. En ons lees en bestudeer hulle gereeld.

-Besoek die dominee nog ?
Ja.

-Het die dominee nog aansien ?
In ons gemeente ja, en in ander gemeentes van vriende ook (van NG tot
Hatfield baptiste)

-Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Nee.

-Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ?
Watse apartheid-sondes? Ek het nog nooit iemand willens en wetens te
na gekom oor sy velkleur nie. Die klein groepie wat vir meeste van die
vergrype verantwoordelik is moet maar sweet en bieg.

-Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
-se braaivleis ?
Eerstens doen ek nie sulke goed in goeie geselskap nie (nie eens suutjies
nie), en ek is prim^er in die kerk om na die (goeie) geselskap van die
Here te soek, so hoekom sal ek dit hier doen? Wat betref die braaivleis,
probeer ek om my aandag toe te spits op bg. ontmoeting/geselskap, wat in
die meeste gevalle werk, maar die ou duiwel rus ook nooit...

-Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Het nie. Enigeen van die twee nie.

-Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
-en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
-pseudo intellektuele stront ?
Dit lyk my ons stem ten minste saam oor die aard en kwaliteit van hierdie
goed.

-Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk ?
-oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
Meesal oor die Here en Christenskap, ens (in gemeente verband). Die
kerkleiers maak allerhande gebare (as Koos hierdie lees: wat is 'n goeie
uitdrukking vir "overture" in Afr?) na ander kerke toe (vereniging) of na
die SARK/WRK toe wat my nou nie juis aanstaan nie. Sommige van hulle weet
ook te vertel dat ek moet bieg en skuldig voel oor Apartheid, maar toe
doen hulle dit sommer namens my (skuldig voel en bieg bedoel ek). Lyk
vir my soos iets waaroor ou Martin Luther ietwat te sê sou gehad het...

-Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.
S^e hulle moet oor die hemel preek - baie beter plek. Laat die duiwel
sy eie publisiteitswerk doen.

-Gaan Madiba kerk toe ? Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Ek dink hy voel hy verhewe bo sulke goed.

-Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
-of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
-laat staan het ?
Is jy dan nie oorsee nie, of praat jy nou van Gloudina en kie in Amerika?

-Ek gaan kerk toe. (Ouens wat so baie sondig soos ek behoort eintlik
-3 keer op 'n dag kerk toe te gaan). My seun vind stories oor Dawid
-en Goliat en Daniel in die Leeukuil baie interessant. Wie wil sy kinders
-dit ontneem ? Hulle het die reg om ingelig te word sodat hul self kan
-besluit.
Is nie "stories" nie. Jy kan nie slegs gedeeltes van die Bybel glo en
ander verwerp nie - jy aanvaar alles of niks.

-Gelukkig word mens gered uit genade en nie goeie werke nie,
-anders het ek al seker al my gat gesien.
Daar is natuurlik 'n angel aan bg. sin. Jy moet dit uitleef ook. Bring
goeie werke voort, leef soos 'n mens van die Lig, ens.

-Vir diegene soos ek wat aan 'n vreeslike klein, intieme kerkie behoort,
-is dit baie interessant. Interessante onderwerpe oor die skepping en
-"cloning" en wat-ookal. Ek en die jong dominee gaan dikwels saam
-visvang ook.
Laat weet ons meer hiervan. Ek behoort nou nie juis aan 'n "klein,
intieme kerkie" nie (allermins) maar ons gemeente is wel klein en intiem,
en ons vind sulke onderwerpe ook interessant.

-Australie is 'n vreeslik sekulere (heidense) land. Dit gaan te goed hier,
-mense het nie tyd vir kerk nie. Maar hul gryp na waarsegters en pseudo-
-religieuse gemors. Die tydskrifte is vol daarvan. Dit is hoog in die mode
-om die kerk te blameer vir alles.
-Die kerk word voorgestel as 'n skuilplek vir pedofiele (fedo-piele?),
-priesters wat gedurig daarop uit is om klein seuntjies te verkrag, ens.
-Aan die ander kant word die kerk gekritiseer deur die polities-korrektes:
-Die kerk moet mos homoseksuele priesters aanstel en homoseksuele huwelike
-voltrek.
-Kom jy op 'n sosiale geleentheid is die mees populere sêding "O my God!".
-Die kerk (en morele en sedelike waardes), is uit die skole gedryf,
-tesame met die rottang en dissipline. Kinders is rigtingloos en stout.
-
-Hier mag jy geen minderheidsgroep se kultuur of gelowe aanstoot gee nie,
-(polities korrek) maar jy kan die westerse godsdiens beledig soos jy wil.
-Die kerk kry die skuld vir omtrent alles wat in paternalisme aan die
-Aboriginees gedoen is. ('n maklike teiken, want die kerk erken skuld,
-die regering nie).
Helaas is al bg. waar in sekere kringe hier ook.

Groete,
Dries

NS: Hoe lank is jy nou al daar in Oz?
Re: JA ONS GAAN NOG KERK TOE [boodskap #9018 is 'n antwoord op boodskap #9017] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , ven...@ilink.nis.za says...

THE DIVINE IMAGE
William Blake (1757-1827)

To Mercy, Pity, Peace and Love
All pray in their distress;
And to these virtues of delight
Return their thankfulness.

For Mercy, Pity, Peace, and Love
is God, our father dear,
And Mercy, Pity, Peace, and Love
Is Man, his child and care.

For Mercy has a human heart,
Pity a human face,
And Love, the human form divine,
And Peace, the human dress.

Then every man, of every clime,
That prays in his distress,
Prays to the human form divine,
Love, Mercy, Pity, Peace.

And all must love the human form,
In heathen, turk or jew;
Where Mercy, Love & Pity dwell
There God is dwelling too.
Re: JA ONS GAAN NOG KERK TOE [boodskap #9019 is 'n antwoord op boodskap #9017] So, 06 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
dries het geskryf:

> -Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.
> S^e hulle moet oor die hemel preek - baie beter plek. Laat die duiwel
> sy eie publisiteitswerk doen.

toe ek dit lees dink ek aan 'n lekker grappie.

'n ou gaan dood en hy land in die hiernamaals. hy float in 'n wolkie en
daar kom 'n ou aan. hy sê vir hom, jy moet kies tussen die hemel en die
hel. hy wys na sy linkerkant. daar is die hemel.

die ou kyk en sien 'n wonderlike vreedsame groot wolk waar ouens harpe
speel en kore sing en die klas ding. die ou wys na die anderkant en sê:
daar is die hel.

die ou kyk regs en sien 'n wolk waar 'n maar groot paartie plaasvind.
bostuklose tjieks, drank wat vryelik vloei en a good time to be had by all.

hy word gevra: hemel of hel. die ou kyk na die hemel, en hy kyk weer na die
hel. nee wat besluit hy, die hel lyk sommer na 'n sjaap plek. nee maar fyn,
sê die ou. hop oor. die afgestorwe gee een sprong en land op die wolkie,
maar hei! daar is skielik niks en hy tuimel na benede. met 'n luide slag
plons hy in die poele van vuur en swael. om hom is daar 'n verskriklike
geween en gekners van dentures. hei! skree die ou vir so rooi vent met
horings, pylstert en 'n drietand vurk. waar is ek nou? in die hel,
natuurlik. ja maar waar is daai paartie dan?

o dit, sê die satan. dis ons bemarkingsafdelings se nuwe reklame-veldtog.

tjeers.
Re: JA ONS GAAN NOG KERK TOE (die grappie) [boodskap #9029 is 'n antwoord op boodskap #9017] Ma, 07 April 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Soos Leon vir Dries geskryf het: (jammer, ek moes maar so 'n bietjie snoei aan
die grappie)

>> S^e hulle moet oor die hemel preek - baie beter plek. Laat die duiwel
>> sy eie publisiteitswerk doen.
>
> 'n ou gaan dood en hy land in die hiernamaals. hy float in 'n wolkie en
> daar kom 'n ou aan. hy sê vir hom, jy moet kies tussen die hemel en die
> hel. hy wys na sy linkerkant. daar is die hemel.
> die ou kyk en sien 'n wonderlike vreedsame groot wolk waar ouens harpe
> speel en kore sing en die klas ding. die ou wys na die anderkant en sê:
> daar is die hel.
> die ou kyk regs en sien 'n wolk waar 'n maar groot paartie plaasvind.
> bostuklose tjieks, drank wat vryelik vloei en a good time to be had by all.
>
>
> hy word gevra: hemel of hel. die ou kyk na die hemel, en hy kyk weer na die
> hel. ----Hy kies toe die hel----
> om hom is daar 'n verskriklike
> geween en gekners van dentures. hei! skree die ou vir so rooi vent met
> horings, pylstert en 'n drietand vurk. waar is ek nou? in die hel,
> natuurlik. ja maar waar is daai paartie dan?
>
> o dit, sê die satan. dis ons bemarkingsafdelings se nuwe reklame-veldtog.
>
>

Ek het dit gehoor as Bill Gates wat gegaan het

Die ou wat hom ontmoet is Petrus

Na hy die Hemel en die hel gesien het kies hy to ook om hel toe te gaan

Hy IRC toe en kom by #Hiernamaals aan en loop toe dan ook vir Petrus raak (hy
is toe nou 'n OP daar, verstaan jy)

Toe hy vir Petrus vra wat gaan aan, want hierdie plek is so 'n klein bietjie
anders as wat hy gedink het (ek meen onder andere kry hy 'n 9.6 Kb lyn ook op
die koop to en moet DOS gebruik op sy werkstasie - geen multitasking en azikolo
multithreading - en die enigste Service Provider is Internet Africa en hy kry
nooit 'n lyn nie want al die modems is beset as hy indial - dis nou bo en
behalwe vir die feit dat daar 'n geween en 'n gekners van tande is), sê Petrus
toe vir hom "Jammer - log 'n call by ons helpdesk (hulle behoort na jou toe
terug te kom binne 1000 jaar)

- ons het seker maar vir jou die finale Beta gewys.

Groete

-Gideon (MCSE)-
Re: JA ONS GAAN NOG KERK TOE (die grappie) [boodskap #9055 is 'n antwoord op boodskap #9029] Wo, 09 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gideon van Zyl wrote
> Ek het dit gehoor as Bill Gates wat gegaan het
>
>
> Die ou wat hom ontmoet is Petrus
>
> Na hy die Hemel en die hel gesien het kies hy to ook om hel toe te gaan
>
>
> Hy IRC toe en kom by #Hiernamaals aan en loop toe dan ook vir Petrus raak (hy
> is toe nou 'n OP daar, verstaan jy)
>
>
>
> Toe hy vir Petrus vra wat gaan aan, want hierdie plek is so 'n klein bietjie
> anders as wat hy gedink het (ek meen onder andere kry hy 'n 9.6 Kb lyn ook op
> die koop to en moet DOS gebruik op sy werkstasie - geen multitasking en azikolo
> multithreading - en die enigste Service Provider is Internet Africa en hy kry
> nooit 'n lyn nie want al die modems is beset as hy indial - dis nou bo en

> behalwe vir die feit dat daar 'n geween en 'n gekners van tande is), sê Petrus
> toe vir hom "Jammer - log 'n call by ons helpdesk (hulle behoort na jou toe
> terug te kom binne 1000 jaar)
>
> - ons het seker maar vir jou die finale Beta gewys.
>

okei. ek gee toe. joune is beter myne.
excellent.
Vorige onderwerp: Re: Ja ons gaan nog kerk toe !
Volgende onderwerp: Op soek na die Bybel in Afrikaans vir 'n swak siende rekenaar gebruiker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 05:38:09 MGT 2024