Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die worshond
Die worshond [boodskap #89967] Wo, 04 Februarie 2004 13:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
volgens hulle.

--
Annette
Re: Die worshond [boodskap #90001 is 'n antwoord op boodskap #89967] Do, 05 Februarie 2004 07:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Snot en trane in my huis elke keer as daai advertensie speel. Ons het self
worsies gehad en die uitdrukkings is eg.

So, newwermaaind dieremishandeling - dis kindermishandeling.

"Annette" skryf in boodskap news:bvqrnh$7u0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
> Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
> Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
> advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
> volgens hulle.
>
> --
> Annette
>
Re: Die worshond [boodskap #90004 is 'n antwoord op boodskap #90001] Do, 05 Februarie 2004 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou weet ek wie was een van die klaers:))
--
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:bvssil$96m$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Snot en trane in my huis elke keer as daai advertensie speel. Ons het self
> worsies gehad en die uitdrukkings is eg.
>
> So, newwermaaind dieremishandeling - dis kindermishandeling.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bvqrnh$7u0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
>> Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
>> Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
>> advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
>> volgens hulle.
>>
>> --
>> Annette
>>
>
Re: Die worshond [boodskap #90006 is 'n antwoord op boodskap #89967] Do, 05 Februarie 2004 09:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daai advertensie is uitstekend en 'n wors ís mos 'n juweel van 'n hond.
Geen mens kan so 'n dier mishandel nie, so ek kyk maar rustig en speel saam
met die oomblik salig in die wete dat daai hond sekerlik in werklikheid vrek
bederf word.

"Annette" skryf in boodskap news:bvqrnh$7u0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
> Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
> Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
> advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
> volgens hulle.
>
> --
> Annette
>
Re: Die worshond [boodskap #90032 is 'n antwoord op boodskap #90001] Do, 05 Februarie 2004 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 5 Feb 2004 09:49:43 +0200, "Koot"
wrote:

> Snot en trane in my huis elke keer as daai advertensie speel. Ons het self
> worsies gehad en die uitdrukkings is eg.
>
> So, newwermaaind dieremishandeling - dis kindermishandeling.

ja Koot, eintlik wou ek net vanaand gekyk het wat alles hier gesê
word, en nie regtig ingeskakel het nie. Toe sê jy wat jy hier sê.
Dit het my laat besluit om julle tòg van 'n uur gelede te vertel.
Ek het huistoe gery, en skielik lus gevoel vir 'n stoep, leunstoel en
'n bier.
My draft was pas geskink toe ek 'n gil vanaf die agterstoep hoor.
En daar lê tannie Maxie wat 17 jaar en 8 maande gelede hier gebore
is. Al 'n uur of selfs langer, langs die stoep.
Ek het die bier laat gas verloor en 'n gat gegrawe. Terwyl ek gesê is
om dit nie te doen nie, want dit sal gedoen word. Die gat het ek
gegrawe. Maxie is weer uit die swart sak gehaal, en sy is vertel dat
sy dan nog warm is. Dat sy asseblief moet begin asemhaal., want
miskien is sy nog orraait.
En ek het gegrawe, En my bier het plat geword. En Maxie is gevra om te
begin asemhaal.
Terug gesit in die sak, is Maxie weer uitgehaal, en ondersoek vir
uiterlike tekens wat haar kon gedooi het.
En die gat was myns insien diep genoeg.
Maxie is, met trane wat te persoonlik is om deur 'n gatgrawer gesien
te word, in die gat gesit. Dit is hoekom die gatgrawer eenkant toe
gekyk het.
Gemaklik gemaak in die swart sak. En weer uitgehaal, 'n pik
nadergesleep, en die gat dieper gemaak. Met die gatgrawer wat eenkant
staan, en ander pad kyk. En die gat word presies gelyk gemaak op die
bodem. Met die gatgrawer heel eenkant.
Maxie is terug gesit, haar voetjies is gevat, en op die grond neer
gesit, en terug in die sak beland. Die grond is gelyker gemaak, haar
voetjies is weer op die plat grond neer gesit, en gemaklik bevind.
Die graaf is uit die gatgrawer se kande gepluk. Die grond is saggies
op die swart sak gegooi.

Ek het maar weer 'n bier gaan gooi.

DD
Re: Die worshond [boodskap #90047 is 'n antwoord op boodskap #90032] Vr, 06 Februarie 2004 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ai, ja. Ek kan dit mooi "picture". Ons het nog 'n Halleluja ook gesing by
Monty se graf. Op 'n manier het die kinders vrede gekry uit die seremonie.

Ek het my daar voorgeneem om nie weer worsies te koop nie - die graf wat jy
moet grawe is te lank.

Aan die ander kant vermoed ek worsies is die ultimate honde waaruit wolwe,
jakkalse en moderne honde geteel is. Ek kan my net voorstel hoe so 'n pak
worsies oor die Steppes van Sentraal-Asië hardloop agter mammoete aan.

"DD" skryf in boodskap news:dc15201qkao9tlhuv96lc6ju1gl1r2146h@4ax.com...
> On Thu, 5 Feb 2004 09:49:43 +0200, "Koot"
> wrote:
>
>> Snot en trane in my huis elke keer as daai advertensie speel. Ons het self
>> worsies gehad en die uitdrukkings is eg.
>>
>> So, newwermaaind dieremishandeling - dis kindermishandeling.
>
>
> ja Koot, eintlik wou ek net vanaand gekyk het wat alles hier gesê
> word, en nie regtig ingeskakel het nie. Toe sê jy wat jy hier sê.
> Dit het my laat besluit om julle tóg van 'n uur gelede te vertel.
> Ek het huistoe gery, en skielik lus gevoel vir 'n stoep, leunstoel en
> 'n bier.
> My draft was pas geskink toe ek 'n gil vanaf die agterstoep hoor.
> En daar lê tannie Maxie wat 17 jaar en 8 maande gelede hier gebore
> is. Al 'n uur of selfs langer, langs die stoep.
> Ek het die bier laat gas verloor en 'n gat gegrawe. Terwyl ek gesê is
> om dit nie te doen nie, want dit sal gedoen word. Die gat het ek
> gegrawe. Maxie is weer uit die swart sak gehaal, en sy is vertel dat
> sy dan nog warm is. Dat sy asseblief moet begin asemhaal., want
> miskien is sy nog orraait.
> En ek het gegrawe, En my bier het plat geword. En Maxie is gevra om te
> begin asemhaal.
> Terug gesit in die sak, is Maxie weer uitgehaal, en ondersoek vir
> uiterlike tekens wat haar kon gedooi het.
> En die gat was myns insien diep genoeg.
> Maxie is, met trane wat te persoonlik is om deur 'n gatgrawer gesien
> te word, in die gat gesit. Dit is hoekom die gatgrawer eenkant toe
> gekyk het.
> Gemaklik gemaak in die swart sak. En weer uitgehaal, 'n pik
> nadergesleep, en die gat dieper gemaak. Met die gatgrawer wat eenkant
> staan, en ander pad kyk. En die gat word presies gelyk gemaak op die
> bodem. Met die gatgrawer heel eenkant.
> Maxie is terug gesit, haar voetjies is gevat, en op die grond neer
> gesit, en terug in die sak beland. Die grond is gelyker gemaak, haar
> voetjies is weer op die plat grond neer gesit, en gemaklik bevind.
> Die graaf is uit die gatgrawer se kande gepluk. Die grond is saggies
> op die swart sak gegooi.
>
> Ek het maar weer 'n bier gaan gooi.
>
> DD
>
Re: Die worshond [boodskap #90050 is 'n antwoord op boodskap #89967] Vr, 06 Februarie 2004 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek haat daai advertensie! Arme woefie hoe kan hulle so wreed wees om nie
eers vir hom bietjie rys te gee nie? Sies!!

E

"Annette" skryf in boodskap news:bvqrnh$7u0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Het julle die nuwe rysadvertensie gesien met die worshond ?
> Ek verkneukel my behoorlik aan sy/haar uitdrukkingsvolle gesig.
> Nou hoor ek die betotteldes kla ( daar was glo 7 klagtes) en eis dat die
> advertensie verwyder moet word - dit moedig glo dieremishandeling aan,
> volgens hulle.
>
> --
> Annette
>
Re: Die worshond [boodskap #90073 is 'n antwoord op boodskap #90047] Vr, 06 Februarie 2004 18:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 6 Feb 2004 08:51:40 +0200, "Koot"
wrote:

> Ek het my daar voorgeneem om nie weer worsies te koop nie - die graf wat jy
> moet grawe is te lank.
>

Ja Koot. Fokken lank. Haar lessenaar is langs myne.
Ek dog ek het iets verkeerd gedoen vandag.
Toe's die trane weer oor gister.
Die graf wat gegrawe word
is te lank.

DD
Re: Die worshond [boodskap #90195 is 'n antwoord op boodskap #90073] Di, 10 Februarie 2004 06:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
So deur die nag het jou woorde op my begin groei - dis amper 'n gedig wat jy
hier geskryf het, DD.

>
> Ja Koot. Fokken lank. Haar lessenaar is langs myne.
> Ek dog ek het iets verkeerd gedoen vandag.
> Toe's die trane weer oor gister.
> Die graf wat gegrawe word
> is te lank.
>
> DD
>
Re: Die worshond [boodskap #90196 is 'n antwoord op boodskap #90195] Di, 10 Februarie 2004 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Worsie o Worsie
Op my bord bly die korsie
In my hand hou ek die been
Want jy is nou heen.

Worsie o Worsie
Jy met jou lae borsie
Ek mis jou geliefde fronsie
En jou lyfie sonder 'n donsie
--
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:c09sne$71b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> So deur die nag het jou woorde op my begin groei - dis amper 'n gedig wat jy
> hier geskryf het, DD.
>
>>
>> Ja Koot. Fokken lank. Haar lessenaar is langs myne.
>> Ek dog ek het iets verkeerd gedoen vandag.
>> Toe's die trane weer oor gister.
>> Die graf wat gegrawe word
>> is te lank.
>>
>> DD
>>
>
Re: Die worshond [boodskap #90213 is 'n antwoord op boodskap #90195] Di, 10 Februarie 2004 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> Ja Koot. Fokken lank. Haar lessenaar is langs myne.
>> Ek dog ek het iets verkeerd gedoen vandag.
>> Toe's die trane weer oor gister.
>> Die graf wat gegrawe word
>> is te lank.

>> DD

"Koot" wrote:

> So deur die nag het jou woorde op my begin groei - dis amper 'n gedig wat jy
> hier geskryf het, DD.
>

As jy dit liriekwaardig vind
is jy welkom om dit te gebruik, Koot:-)
Want, komende van jou,
ìs dit heelwaarskynlik...:-)
Maar dan sou ek graag
dit in MP3 vorm (of so iets)
wou hoor:-)

DD
Re: Die worshond [boodskap #90215 is 'n antwoord op boodskap #90196] Di, 10 Februarie 2004 19:34 Na vorige boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Feb 2004 08:46:46 +0200, "Annette" wrote:

> Worsie o Worsie
> Op my bord bly die korsie
> In my hand hou ek die been
> Want jy is nou heen.
>
> Worsie o Worsie
> Jy met jou lae borsie
> Ek mis jou geliefde fronsie
> En jou lyfie sonder 'n donsie

Worsie o Worsie
in my gedagtes bly jy steeds Worsie
Baljarend, blaffend, kwispelend
al draffend in die wind
Vorige onderwerp: "Die " afrikaanse web werf waar dinge bespreek word
Volgende onderwerp: Verkiesing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 04:56:19 MGT 2024