Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kensington Muezzen" deur FERDI GREYLING
"Kensington Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #8966] |
Wed, 02 April 1997 00:00 |
Izak Bouwer
Boodskappe: 463 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
KENSINGTON MUEZZEN
Ferdi Greyling
Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.
Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.
Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
(gepos deur gloudina bouwer)
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:47:01 UTC 2025
|