Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Japannese Lente" deur JOHANN DE LANGE
"Japannese Lente" deur JOHANN DE LANGE [boodskap #8940] So, 30 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
JAPANNESE LENTE
Johann de Lange

Lente in Tokio is vlietend
soos 'n romanse. Milder lug
en sonsigbare parke
in voorstede
waaier meteens oop;
die dae rek somer
tegemoet.

Kuslangs
meer brutaal: die ingeburgerde ys,
kraak en bars, riviere sidder nat-
neus en die vogtige aarde
gaap stomend oop.

Die wit peerboombloeisels
op die heuwels van Kanazawa
het reeds oopgegaan
twee weke gelede in Tokio.

Toeriste leef soos ekspatriate.
Drink saam, speel mahjong
of voetbal. Verlange
na 'n vaderland
of moederstad maak plek
vir verwondering.
Ou lojaliteite raak oorgroei
deur nuwes. Skiet wortel.
Raak ingegrawe.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Opstanding" deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: "Kensington Muezzen" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 05:28:05 MGT 2024