Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aborsie - hoekom is mans so daarteen?
Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89585] |
Mon, 26 January 2004 10:08  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
daarteen skop - in die openbaar.
Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
vir almal sorg nie.
'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
moord wees?
--
Annette
|
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89594 is 'n antwoord op boodskap #89585] |
Mon, 26 January 2004 16:22   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Oer-oue bespreking. Is jy dalk verveeld?
"Annette" skryf in boodskap news:bv2p40$1us$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
Regtig - asof die pa 'n kleiner aanspreeklikheid/verantwoordelikheid het?
> Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
> daarteen skop - in die openbaar.
As jy na 'n baba (jou eie veral) kyk en besef dis 'n sperm en 'n eiersel wat
bymekaargekom het: Wanneer definieer mens "lewe"? As ek na my dogter kyk
moet ek sê ek sien haar as lewendig sodra bevrugting plaasgevind het.
M.a.w., sy is oppad!!
> Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
> moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
Ongelooflik veralgemenend!! Baie, baie swak argument...
> Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
> dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
> vir almal sorg nie.
So ons maak maar dood, want "miskien"?
> 'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
> moord wees?
En 'n foton is nie lig nie, 'n atoom yster nie yster nie? 'n Mens het
duidelike fases, volgens jou argument kan mens absurd ver gaan en sê "mense"
ouer as 90 is nie "mense" nie (hulle liggame verval en hulle kan nie meer
soos 'n 30-jarige funksioneer nie). Jy het onstaan as 'n bevrugte eiersel,
dit maak dit tog jy?!!!?? As daardie bevrugte eiersel in die kiem gesmoor
is, het die nuusgroep nie vandag van jou gehoor nie. So waar kom die "dis
nie moord nie" argument in? Wees asseblief net logies en noem 'n ding by sy
naam. As iemand dan 'n aborsie wil ondergaan, is dit op haar (hulle) kop en
haar (hulle) besluit, en as dit wettig is, kan ek niks daaraan doen nie, nie
eers oordeel nie. Al beteken dit dat dit volgens my geloof ABSOLUUT
verkeerd is...
Maar komaan, moet dit net nie probeer wegpraat asof jy vir toiletpapier gaan
inkopies doen nie.
|
|
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89598 is 'n antwoord op boodskap #89594] |
Mon, 26 January 2004 17:26   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee - die stoute regter het nuwe vuur in my geblaas. Ek is op die
oorlogspad!!:))
Ons konstitusie is net 'n stuk papier as ons dit nie gebruik word om
gebruike en tradisies wat onaanvaarbaar is, uit die weg te vee nie.
Ek dink die foto van die liefdevolle, glimlaggende mev Desai, styf onder
manlief se arm, het my rooi laat sien.
Wat sommige vroue nie prysgee vir 'n mooi huis en aansien nie, is hartseer.
Jy het nog nie my vraag geantwoord nie.
--
Annette
"basjan" skryf in boodskap news:bv3esg$ne2$1@solaris.cc.vt.edu...
> Oer-oue bespreking. Is jy dalk verveeld?
>
> "Annette" wrote in message
> news:bv2p40$1us$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
> Regtig - asof die pa 'n kleiner aanspreeklikheid/verantwoordelikheid het?
>
>> Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
>> daarteen skop - in die openbaar.
>
> As jy na 'n baba (jou eie veral) kyk en besef dis 'n sperm en 'n eiersel wat
> bymekaargekom het: Wanneer definieer mens "lewe"? As ek na my dogter kyk
> moet ek sê ek sien haar as lewendig sodra bevrugting plaasgevind het.
> M.a.w., sy is oppad!!
>
>> Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
>> moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
>
> Ongelooflik veralgemenend!! Baie, baie swak argument...
>
>> Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
>> dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
>> vir almal sorg nie.
>
> So ons maak maar dood, want "miskien"?
>
>> 'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
>> moord wees?
>
> En 'n foton is nie lig nie, 'n atoom yster nie yster nie? 'n Mens het
> duidelike fases, volgens jou argument kan mens absurd ver gaan en sê "mense"
> ouer as 90 is nie "mense" nie (hulle liggame verval en hulle kan nie meer
> soos 'n 30-jarige funksioneer nie). Jy het onstaan as 'n bevrugte eiersel,
> dit maak dit tog jy?!!!?? As daardie bevrugte eiersel in die kiem gesmoor
> is, het die nuusgroep nie vandag van jou gehoor nie. So waar kom die "dis
> nie moord nie" argument in? Wees asseblief net logies en noem 'n ding by sy
> naam. As iemand dan 'n aborsie wil ondergaan, is dit op haar (hulle) kop en
> haar (hulle) besluit, en as dit wettig is, kan ek niks daaraan doen nie, nie
> eers oordeel nie. Al beteken dit dat dit volgens my geloof ABSOLUUT
> verkeerd is...
>
> Maar komaan, moet dit net nie probeer wegpraat asof jy vir toiletpapier gaan
> inkopies doen nie.
>
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89599 is 'n antwoord op boodskap #89596] |
Mon, 26 January 2004 17:52   |
Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Annette" skryf in boodskap news:bv3ga9$dot$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy sluit 'n klomp ander moontlikhede uit Paul - dis nou behalwe die wat net
> pleinweg wil.
> Wat van swaksinnige of spastiese meisies wat om die bos gelei is en met die
> presentjie sit?
Idd Anette,sulke meisies kan nie kinders op die wereld set nie,trouens,hier
op die tv is in een discusieprogram "regt op antwoord" een hele historie
losgebreek oor twee mentaal gehandicapte vroue wat een baba wil kry en nie
die toelating was geweier daar hulle gesteriliseer was
> So, dit is moord as daar nie 'n rede soos verkragting of 'n misvormde baba
> is nie?
> Net soos dat dit nie moord is as ek onverskillig bestuur, en 'n noodlottige
> ongeluk maak, met 'n passasier in die motor nie?
> --
> Annette
> "Paul de Dilbeek" wrote in message
> news:y0aRb.574$zT1.71048224@hebe.telenet-ops.be...
>>
>> "Annette" schreef in bericht
>> news:bv2p40$1us$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
>>> Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
>>> daarteen skop - in die openbaar.
>>> Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
>>> moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
>>> Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
>>> dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
>>> vir almal sorg nie.
>>> 'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
>>> moord wees?
>>>
>>> --
>>> Annette
>>>
>> Dis een discusiepunt van vir en teen aborsie
>> een fetus van 1 dag min 12 weke is nie mens nie?gevaarlike discusie,elkeen
>> moet syn verantwoordelikhede neem
>> Aborsie is nie contrasepsie nie!alleen die geval van verkragting of
>> misvorming van die baba is (volgens my) bespreekbaar
>> Nog dese more in die koerant gelees van een meisie van 11 wat moeder geword is
>> Vroeër kry kinders snotneuse ,nu kry snotneuse kinders.
>>
>
|
|
|
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89603 is 'n antwoord op boodskap #89598] |
Mon, 26 January 2004 21:53   |
basjan[1]
Boodskappe: 315 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Annette, lees asb. my hele vorige antwoord - ek het my skryf met joune
afgewissel..
Maar in kort:
Ek dink meeste mans is daarteen omdat dit verkeerd is. En die besluit berus
nie net by die vrou nie, maar by die pa ook, en dalk op 'n simplistiese
vlak, by die fetus self.
"Annette" skryf in boodskap news:bv3jdd$f2t$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nee - die stoute regter het nuwe vuur in my geblaas. Ek is op die
> oorlogspad!!:))
> Ons konstitusie is net 'n stuk papier as ons dit nie gebruik word om
> gebruike en tradisies wat onaanvaarbaar is, uit die weg te vee nie.
> Ek dink die foto van die liefdevolle, glimlaggende mev Desai, styf onder
> manlief se arm, het my rooi laat sien.
> Wat sommige vroue nie prysgee vir 'n mooi huis en aansien nie, is hartseer.
>
> Jy het nog nie my vraag geantwoord nie.
>
> --
> Annette
> "basjan" wrote in message
> news:bv3esg$ne2$1@solaris.cc.vt.edu...
>> Oer-oue bespreking. Is jy dalk verveeld?
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:bv2p40$1us$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
>>
>> Regtig - asof die pa 'n kleiner aanspreeklikheid/verantwoordelikheid het?
>>
>>> Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
>>> daarteen skop - in die openbaar.
>>
>> As jy na 'n baba (jou eie veral) kyk en besef dis 'n sperm en 'n eiersel wat
>> bymekaargekom het: Wanneer definieer mens "lewe"? As ek na my dogter kyk
>> moet ek sê ek sien haar as lewendig sodra bevrugting plaasgevind het.
>> M.a.w., sy is oppad!!
>>
>>> Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
>>> moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
>>
>> Ongelooflik veralgemenend!! Baie, baie swak argument...
>>
>>> Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
>>> dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
>>> vir almal sorg nie.
>>
>> So ons maak maar dood, want "miskien"?
>>
>>> 'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
>>> moord wees?
>>
>> En 'n foton is nie lig nie, 'n atoom yster nie yster nie? 'n Mens het
>> duidelike fases, volgens jou argument kan mens absurd ver gaan en sê "mense"
>> ouer as 90 is nie "mense" nie (hulle liggame verval en hulle kan nie meer
>> soos 'n 30-jarige funksioneer nie). Jy het onstaan as 'n bevrugte eiersel,
>> dit maak dit tog jy?!!!?? As daardie bevrugte eiersel in die kiem gesmoor
>> is, het die nuusgroep nie vandag van jou gehoor nie. So waar kom die "dis
>> nie moord nie" argument in? Wees asseblief net logies en noem 'n ding by sy
>> naam. As iemand dan 'n aborsie wil ondergaan, is dit op haar (hulle) kop en
>> haar (hulle) besluit, en as dit wettig is, kan ek niks daaraan doen nie, nie
>> eers oordeel nie. Al beteken dit dat dit volgens my geloof ABSOLUUT
>> verkeerd is...
>>
>> Maar komaan, moet dit net nie probeer wegpraat asof jy vir toiletpapier gaan
>> inkopies doen nie.
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89680 is 'n antwoord op boodskap #89653] |
Thu, 29 January 2004 02:30   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tog dink ek hulle twee, ten spyte dat hulle baie hulle eie ding doen, het n
goeie huwelik. Dalk is hulle huwelik nie n teksboek geval nie, maar dit
werk vir hulle, en wie se dis verkeerd.
"Annette" skryf in boodskap news:bv7pkm$eqq$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek dink dit was politieke ambisie bowenal wat gemaak het dat sy nie geskei
> het nie - ons sien nooit meer foto's van haar en haar man saam nie.
> --
> Annette
> "Ellie" wrote in message
> news:voDRb.1087$zG1.655@newsread3.news.atl.earthlink.net...
>> Kyk, ek hou nogal van Hillary, maar haar besluit om nie vir Bill te skei nie
>> het net mooi niks met christelikheid te doen nie, eerder met hulle eie
>> unieke huwelik waar hulle mekaar se foute aanvaar het, en ook haar politieke
>> ambisies.
>>
>> "@r
>> Was jy ook een van
>> daardie wat gesê het Hillary Clinton was mal om
>> nie onmiddellik van Bill Clinton te skei nie? Maar
>> haar christelike optrede het vir haar net meer
>> populer gemaak, soveel so dat daar mense is
>> wat wil hê sy moet NOU vir president meeding.
>>
>
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89681 is 'n antwoord op boodskap #89664] |
Thu, 29 January 2004 02:37   |
Ellie
Boodskappe: 321 Geregistreer: September 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, en Bob Dole het op CNN gesit en omtrent al die Dem kandidate se lofte
gesing, wat ek nogal gedink het was groot van hom. Hy ken vir Edwards goed,
synde Libbie en Edwards saam in North Carolina werk. Ek was jammer dat
Edwards nie so goed gedoen het in New Hampshire nie, maar dalk vra Kerry hom
om as visie president saam met hom te staan, dit sal n goeie kombinasie
wees, die meesal liberale noord-ooster, en die mooi Southerner ;-).
"@rogers.com" wrote in message
news:ThPRb.34585$9Ce1.10254@news04.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Annette" wrote
>
>> Ek dink dit was politieke ambisie bowenal wat gemaak het dat sy nie geskei
>> het nie - ons sien nooit meer foto's van haar en haar man saam nie.
>
> Jy weet natuurlik dat jy gemanipuleer word
> deur wat die pers vir jou wil laat sien. In
> alle geval, onlangs op C-Span ( die kanaal
> waarop mens 'n hele toespraak of toesprake
> volledig kan kyk) was daar 'n gesamentlike
> optrede van Bill Clinton en Bob Dole, wat
> nou baie saamspan om geld te maak vir
> liefdadigheid) en Hilary het vir Bill bekend
> gestel en Libby Dole het vir Bob Dole
> bekend gestel.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89701 is 'n antwoord op boodskap #89608] |
Thu, 29 January 2004 11:06   |
Lorinta Zonia
Boodskappe: 164 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Waarna jy kyk is hoe gerieflik is dit vir die ma - of draer van die
baba tot volle termyn is nadat die baba gebore is. Ietwat simplisties
- die feit bly dat meeste fetusse op 12 weke (of wat ookal die
gedefinieerde termyn vir wettige aborsie is) lewensvatbaar is en dus
mense is. So wat die ma doen is om haar foutjie uit te vee soortgelyk
aan die doodstaf - want 'Wie beter as sy sal weet wat se ondersteuning
sy sal hê as die baba gebore word'.
Die enigste manier om abosrsie te beheer is om die mense se sedes te
verbeter maar dit is net so simplisties :). Die beheer van die hormone
ons breine oorneem was BEIDE geslagte nog nooit baie goed mee nie.
Kyk bietjie na die volgende web site -
http://www.cbrinfo.org/World/south_africa.html b^ere net eers jou
toebroodjies!
Nog 'n interesante web blad is
http://www.johnstonsarchive.net/policy/abortion/wrjp335sd.ht ml
en kyk spesifiek na die groot totaal op die einde van die spreadsheet
+728,578 ,000 gerapporteerde aborsies, 1,229,000 per jaar - dit is
skrikwekkend! (mag 'n klomp dubbel tellery insluit omdat die USSR met
244 mil en sy lidstate afsonderlik ingesluit is ). Suid Afrika met sy
293000 doen self nie sleg nie - dit is die bevolking van 'n groterige
dorp - dink net die geld die regering spaar om nie dienste te voorsien
vir al die ongewenste mense nie, die vuil nappies wat nooit die
landfills gaan volmaak nie, die ekstra seep wat nooit die riviere
besoedel nie, die bydra van die NIE-verontriefde ma's tot die
ekonomie, die geraas besoedeling wat gespaar word omdat die kwart
miljoen kinders nooit sal rondhardloop en speel nie :(.
Waarom is mans daarteen - ons hoef duidelik nie die besluit te neem of
met die nagevolge van so 'n besluit te leef nie ...
http://www.johnstonsarchive.net/policy/abortion/ vir meer info.
Cheers
Lou
"Annette" skryf in boodskap news:...
> :))) Enige dame wat in 'n situasie sit waar aborsie 'n moontlikheid is, is
> nie geskik vir evaluasie nie.
> Wie beter as sy sal weet wat se ondersteuning sy sal hê as die baba gebore
> word?
> By niemand is dit 'n ligtelike besluit nie, glo my vry - so as 'n dame tot
> 'n besluit tot aborsie kom, is al die ander moontlikhede al klaar wel
> deeglik oordink
> Die enigste manier om aborsie te beheer is om die manne te leer dat as 'n
> meisie na jou kyk is dit nie uitlokking nie.
>
> --
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:4015fb27.0@news1.mweb.co.za...
>> Hiermee moet ek saamstem. Sekerlik is dit die vrou se keuse omdat sy die
>> een is wat die baba moet dra en grootmaak, maar daar moet 'n stelsel in plek
>> wees wat haar geestestoestand kan evalueer en besluit of sy in staat is om
>> 'n rasionele besluit te neem. Mens kan nie net so oor die gemiddelde
>> besluit nie. Elke geval is uniek. Ek is nie teen aborsie nie.....mits
>> dit beheerd is.
>> "Jonas" wrote in message
>> news:bv3i03$ef0$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Annette - wie het besluit mans is daarteen?
>>> Aborsie is nie so 'n eenvoudige stap nie - onder seker omstandighede is dit
>>> noodsaaklik. Maar om dit deur die bank goed te keur, of af te keur is ietwat
>>> simplisties en simpel.
>>>
>>
|
|
|
Re: Aborsie - hoekom is mans so daarteen? [boodskap #89715 is 'n antwoord op boodskap #89585] |
Thu, 29 January 2004 13:57  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 26 Jan 2004 12:08:26 +0200, "Annette" wrote:
> Die enigste een wat tog daaroor kan besluit is die een wat die fetus dra -
> Maar nog al die jare is dit die manne ( politici en dominees) wat heftig
> daarteen skop - in die openbaar.
> Hulle is ook natuurlik die eerstes as hul liewe telge 'n meisie in die
> moeilikheid het geld agteraf in die hand stop vir 'n aborsie.
> Daar word gepraat van aborsie as moord - maar wat van as die kind daar is en
> dit verhonger, word verwaarloos of mishandel? Ons welsynsdienste kan tog nie
> vir almal sorg nie.
> 'n Fetus van minder as 12 weke is tog nog nie 'n mens nie, so hoe kan dit
> moord wees?
Hm.., as 'n foetus die produk is van verkragting dan kan ek verstaan
mans is teen aborsie, Annette. Want as mans iets wil doen dan wil
hulle dit goed doen!
Norbert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:53:11 UTC 2025
|