Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Golgota" deur W.E.G. LOUW
"Golgota" deur W.E.G. LOUW [boodskap #8906] Do, 27 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Golgota
W.E.G.Louw

Met rooi, gewonde voete en die pyn
van dorings wat Sy hoof in spot omsluit,
het Hy - gelaaf met mirre en bitter wyn -
teen Golgota Sy droewe gang gestuit.

Soldate het Sy klere uitgetrek
en luid getwis oor kleed en lendedoek;
Sy naakte liggaam het hul oopgevlek
oor stam en balk en dit met smaad vervloek.

Die wrede spykers word deur vlees en been
met felle slae ingejaag: Sy hande,
verstrak in laaste, goddelike seën,
het Hy wyd uitgebrei oor alle lande...

Die vroue roep in duisternis en treur...
Die aarde beef... Die tempelvoorhang skeur.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Avondmaal" deur W.E.G. LOUW
Volgende onderwerp: "Opstanding" deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 02:00:27 MGT 2024