Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Avondmaal" deur W.E.G. LOUW
"Avondmaal" deur W.E.G. LOUW [boodskap #8890] Di, 25 Maart 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
AVONDMAAL
W.E.G.Louw

Daar was 'n stilte in die oppersaal
toe Hy met sterk, verhewe hand Hom draai
en sê: "Die man wat My vannag verraai,
sit saam met My aan hierdie avondmaal..."

In twyfel het hul daardie woord herhaal
en wis nie dat hul voor die hanekraai
soos blare van 'n boom van Hom sou waai...
Maar een was doodsbleek teen die lampestraal!

Toe het Hy brood geneem en God gedank,
dit met die hand gebreek en dit geseën:
die beker het Hy boordevol gegooi

met wyn wat dartel was en vonkelrooi -
maar, hoog gehou, was in geen hand voorheen
ooit wyn so rooi, ooit aardse brood so blank!

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Dietrich Bonhoeffer:brief aan homself" deur I. L. DE VILLIERS
Volgende onderwerp: "Golgota" deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 21:16:30 MGT 2024