Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8807] Sa, 15 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kuba is 'n agterlike, derdewereldse landjie,
maar anders as baie ander Suid-amerikaanse lande in sy klas
het dit nie in korrupsie en dwelmsmokkelary verval nie.

Dit was voorheen 'n land van armoede, wat deur die Amerikaners
as hul toilet en hoerhuis gebruik is.
Fidel Castro het Kuba opgehef tot 'n land wat iets kon bied
vir arm en gewone mense. Dit het werk, opvoeding en mediese dienste
verskaf (nie hoerhuise vir vet amerikaanse toeriste nie).

Maar Amerika kon dit nie vat nie, want hulle het nie gehou daarvan
dat so 'n klein arm landjie iets bereik en sy man staan nie. Veral nie
toe die amerikaners op hul moer gegee is in "the bay of pigs" nie,
en veral nie toe Kuba 'n vriendskap met die Sowjets gemaak het wat vir
sy mense tot voordeel strek nie. Wat hul nog minder kan vat is dat Castro
gewild is, en soos die boere in die vryheidsoorlog van ouds,
nie ingee as hul almal lankal verwag het dat hy sou oorgee nie.

Daar is al baie geskryf oor die Amerikaners se irrasionele haat teenoor
Kuba, want dit maak hoegenaamd sin nie: Amerika is bereid om betrekking
aan te gaan met Vietnam en ander "vyandige" lande, maar gaan voort met sy
haatveldtog teen Kuba ens. Amerika wil nie net Kuba verander nie, hul
wil Kuba doodwurg en verneder. Amerika is vol voorbeelde van 'n
arrogante boelie mentaliteit in sy buitelandse beleid. Die jongste
voorbeeld is waar hy vir SA wil voorskryf oor wapen-uitvoer.
(hulle is donners jaloers op ons tenk en aanvals-helikopter).

Die huidige Amerikaanse wette (Helms-Burton) teen Kuba, is op 'n ongewone,
slinkse manier deur die Amerikaners deurgevoer, en in die oe
van die hele wereld is dit buitengewoon en onaanvaarbaar.

Ek het op my vorige besoek aan Kuba heerlik gesels met my vriend Fidel Castro.
Hy is 'n intellektueel (anders as Clinton, wat brein-dood is).
Ons het lekker sigaar gerook (ek het hom biltong gebring)
en hy het my vertel van sy passie vir
gewone mense, die werkersklas, hul lief en leed.
Ek hou van ouens met karakter, (as hul ouens is met baarde,
soos ons boere-voorouers, is dit 'n plus).
Ek hou nie van grootbek kakpraters soos Clinton nie, ek hou van ouens wat
iets probeer doen vir doodgewone mense, vir arm en verdrukte mense
soos Nelson en Fidel.

Jy mag maar van my verskil.
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8813 is 'n antwoord op boodskap #8807] So, 16 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net
says...
>

> Die huidige Amerikaanse wette (Helms-Burton) teen Kuba, is op 'n ongewone,
> slinkse manier deur die Amerikaners deurgevoer, en in die oe
> van die hele wereld is dit buitengewoon en onaanvaarbaar.
>
> Ek het op my vorige besoek aan Kuba heerlik gesels met my vriend Fidel Castro.
> Hy is 'n intellektueel (anders as Clinton, wat brein-dood is).
> Ons het lekker sigaar gerook (ek het hom biltong gebring)
> en hy het my vertel van sy passie vir
> gewone mense, die werkersklas, hul lief en leed.
> Ek hou van ouens met karakter, (as hul ouens is met baarde,
> soos ons boere-voorouers, is dit 'n plus).
> Ek hou nie van grootbek kakpraters soos Clinton nie, ek hou van ouens wat
> iets probeer doen vir doodgewone mense, vir arm en verdrukte mense
> soos Nelson en Fidel.
>
> Jy mag maar van my verskil.

Galjoen, vertel meer. Hoe kry jy dit reg om met hom
sosiaal om te gaan. Wat gaan doen jy in Kuba.
Gloudina
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8817 is 'n antwoord op boodskap #8807] Ma, 17 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

TROOOOOLLLLLLLLLLLLLL!!!!! Of hoe sal dit in afrikaans wees -jy weet as jy 'n
paar lynne met baie hoeke agter 'n boot sleep deur 'n skool vis en hoop jy
haak iets?

> Kuba is 'n agterlike, derdewereldse landjie,
> maar anders as baie ander Suid-amerikaanse lande in sy klas
> het dit nie in korrupsie en dwelmsmokkelary verval nie.

Wat lekker is van so 'n eiland banna republiek is jou mense vrek op 'n hoop en
nie op 'n streep nie!


> Fidel Castro het Kuba opgehef tot 'n land wat iets kon bied
> vir arm en gewone mense. Dit het werk, opvoeding en mediese dienste
> verskaf (nie hoerhuise vir vet amerikaanse toeriste nie).

Mediese dienste ja, werk - in die kommunisties model ja. Buitendien het die
werkesklas geen geld om te betaal vir mediese dienste nie, so as dit nie vry
is nie... . Kuba is gedoem om 'n derderangse agtertangse plek te bly terwyl
Castro aan bewind is. Anyway, as hulle medies dienste enigsins so goed is soos
die dokters wat ons nou hier in SA kry, wonder ek maar net.

>
> Maar Amerika kon dit nie vat nie, want hulle het nie gehou daarvan
> dat so 'n klein arm landjie iets bereik en sy man staan nie. Veral nie
> toe die amerikaners op hul moer gegee is in "the bay of pigs" nie,
> en veral nie toe Kuba 'n vriendskap met die Sowjets gemaak het wat vir
> sy mense tot voordeel strek nie.

Ja die kommunistiese propaganda ne! Amerika op hulle moer gegee? Di nie die
storie wat hulle vertel nie!

> Ek het op my vorige besoek aan Kuba heerlik gesels met my vriend Fidel Castro.
> Hy is 'n intellektueel (anders as Clinton, wat brein-dood is).
> Ons het lekker sigaar gerook (ek het hom biltong gebring)
> en hy het my vertel van sy passie vir
> gewone mense, die werkersklas, hul lief en leed.

Kuba. Land vir die gewone man, passie vir die werkersklas, lief en leed.
Hoekom spring hul dan doodsveragtend op vlotte en pak die pad aan Amerika toe?
Beslis nie omdat hulle Kuba as paradys op aarde sien nie, of van avontuurlus
nie. Wat van die paar manne wat buite internasionale grense deur kubaanse
vliegtuie in hulle moer in geskiet is? Klink my half so Amerika rig vir my.

> Ek hou nie van grootbek kakpraters soos Clinton nie, ek hou van ouens wat
> iets probeer doen vir doodgewone mense, vir arm en verdrukte mense
> soos Nelson en Fidel.

Nelson - ja. Fiedel wat op sy fiddel speel terwyl Cu'ba brand nee wat.Met
'Good intentions' het nog nooit iets reg gekry nie. Clinton - is dit nie 'n
kwessie van my vyand se vyand is nou my vriend nie?

Probeer 'n mild sigaret - die sigare smokkel met jou kop.

Cheers
Lou
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8837 is 'n antwoord op boodskap #8807] Wo, 19 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
lo...@hotmail.s_p_a_m.com says...
>

Die Helms-Burton Wet skep baie eienaardige en
amusante situasies. Walmart, die groot Amerikaanse
maatskappy wat 'n paar jaar gelede ook vir Kanada
begin inneem het en kleinerige winkels laat bankrot
speel het, het pajamas verkoop wat in Kuba gemaak
is. Toe hou dit op om Kubaanse pajamas te verkoop,
omdat dit bang is vir Jesse Helms. Toe word dit voor
die hof gedaag deur die Kanadese regering omdat dit
deelneem aan 'n "blokkade." Nou verkoop Walmart
weer Kubaanse pajamas. Nou is dit in die moeilikheid
in die VSA. Dis 'n perfekte voorbeeld van die Engelse
gesegde: "Damned if you do, damned if you don't."

Gloudina
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8840 is 'n antwoord op boodskap #8807] Do, 20 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Mar 97 08:38:57, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>>

Ek begin nou die kode lees wat die boonste sin gewoonlik is.

Dit beteken gewoonlik: "Ek is nou in 'n hoek en wil nie meer hieroor
praat nie want ek is bang en moet woorde begin sluk of sienings begin
aanpas."
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8841 is 'n antwoord op boodskap #8807] Do, 20 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Mon, 17 Mar 97 11:44:50, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

> Wel Lou, die Bay of Pigs-episode staan in honderde geskiedenis-boeke.
> Die meeste afkomstig uit Amerika. Gaan lees self op daaroor.

Ek vertrou nie eintlik die geskiedenis boeke nie.

>
> Oor die mense op die vlotte: Sal dit jou verbaas om te hoor dat
> loshande die meeste Kubane steeds in Kuba bly?

Nou dit is interesant! Die meeste Kubane bly in Kuba. Wel, wie sou dit nou kon
raai? Seker soortgelyk aan die meeste Suid Afrikaners bly in Suid Afrika.
Interesant dat die Kubane wat in Amerika bly se lewenspeil baie hoe"r is as
die van die ouens wat so 'lekker' saam met Fidel bly.

>
> Maar siende dat jy so bekommerd is ook die gewone Kubane neem ek aan
> jy is ook teen die blokkering van mediese voorraad wat die VSA teen
> Kuba volhou.

So? Het die Amerikaners nie ons ook sanksies teen Sa gehad so paar jaar gelede
nie? Selfde met ou Sadam. Word deur die wrede Amerika onderdruk. Shame.

Al weer besig om woorde in ander se monde te plaas, ne Koos.
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8867 is 'n antwoord op boodskap #8807] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Mar 97 08:48:08, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>
> In Article, writes:
>
>> On Thu, 20 Mar 97 08:38:57, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>>
>>
>> >>
>>
>> Ek begin nou die kode lees wat die boonste sin gewoonlik is.
>>
>> Dit beteken gewoonlik: "Ek is nou in 'n hoek en wil nie meer hieroor
>> praat nie want ek is bang en moet woorde begin sluk of sienings begin
>> aanpas."
>>
>
> Nee Koos. Jou kode is: As joernalis wil ek nou die gesprek in 'n spesifieke
> rigting stuur. Dus sal ek die woorde met so 'n effense draai terug kwoteer, om
> te sien of die stupid fool aan die anderkant nie in my rigting wil gaan nie.
> As hy dit nie doen nie sal ek in my (koos) gewone styl net 'n baie klein
> deeltjie van sy vorige post kwoteer, met een of ander smalende aanmerking.
>
> Hoekom kwoteer jy nie jou woorde nie, hmm?
>
Hier is dit, gekwoteer (hoewel ek nie kan sien hoekom nie):
Ek se:

>[/color]

Jy antwoord:

>

Toe se jy - klaarblyklik in afleiding hieruit):



As jy lees met albei jou oe oop sal jy sien ek vra jou of jy, siende
dat jy so omgee oor gewone Kubane (dis nou die ouens wat so deur
Castro so opgefok word, ne) jy gekant is teen die Amerikaanse
blokkering van mediese voorrade aan die gewone Kubane.

Jy kan net antwoord. Jy kan se "ja" jy kan se "nee" jy kan se jy weet
nie en gee nie 'n moer om nie. Watever.

Instede se jy ek wil die gesprek in 'n rigting stuur!.
Wel Lou, waar ek vandaan kom, praat mense so. Die een ou se "kyk daai
hoender van my, hy staan wragtag die buurman se druiwe en eet".

Die ander ou se "my, moer! Is dit normaal? Eet hoenders druiwe!? Gaan
die buurman nie kwaad wees nie? Hy is mos 'n moeilike ou man!"

En so aan. Gesprekke in rigtings dus.

Jy is nou in die posisie van 'n "een ou" wat dadelik opvries en se:

"Jy wil die gesprek in die rigting van my buurman dwing! Jou skurk! Al
wat ek gedoen het was om te se die hoender eet die buurman se druiwe!"

Get real, man.

Dis 'n plek waar 'n mens gesels en argumenteer die.
Jy se 'n ding ek vra 'n ander ding en so aan.

Jy het gese hoe sleg Castro is.
Jy het aangedui Amerika is beter.
Ek vra wat jy dink van die blokkade.
Dit impact op die aanvanklike persepsies.
Soos byvoorbeeld : As Amerika so goed is en Castro so bad is, hoekom
fok die Amerikaners die gewone Kubane op omdat die gewone Kubane
Castro as hul leier verkies?
Is die Yanks nie besig om die Kubane op te offer op hulle ideologiese
altaar nie?
Is hulle nie besig om die gewone Kubane so te probeer opdonner dat die
land ineen val en hulle dan ontslae kan wees van HULLE vyand Castro
nie?
Mense soos Stephen Hawking het al internasionale petisies teen daai
blokkade geteken.
Daai blokkade het eintlik net in die VSA steun.
Moenie so bang wees vir argumente oor die goed nie.

In plaas van op At se rug te ry en my ook met klippies te probeer
raakgooi terwyl At aan die bulder is, reageer eerder op wat ek vra.
Dan gaan die gesprek ten minste oor die Kubane en die Amerikaners as
oor of 'n mens afleidings uit andere se stellings mag maak en vrae
daaroor mag vra.

Is dit 'n Afrikaanse ding of wat?
In baie min van die ander nuusgroepe het mense probleme daarmee.
In die groep maak mense hulle hulle broeke vuil as jy probeer agterkom
wat hulle dink en as jy aandui jy kry 'n idee van die rigting waarin
hulle dink en jy dui aan jy wil hulle dalk probeer aanvat daaroor.

Gesprek in die groep:
A. "Daar neem ek 'n hoender waar wat in sy eetgewoontes begin neig na
die inneem van druiwe wat volgens wet die eiendom van die mens is wat
langs my woon. Die hoender is besig om die druiwe in sy
verteringstelsel te plaas. Klaarblyklik in 'n poging om energie te win
vir sy verdere aktiwiteite."

B. "Ek hoor dat jy aan my se dat 'n sekere hoender sekere dinge doen.
Dis baie interresant. Dankie vir die gedagtes."

A. Ja. Dis dan 'n plesier ne?

B. 'n Plesier.

End van prent. Gesprek oor. Dis in geen rigting "gedwing" nie. Daar is
nie kritiek uitgespreek nie. Daar is nie uitgevra oor verdere denke
nie. Geen afleidings is gemaak nie. Niemand is gekritiseer nie - nie
eers die fokken hoender nie.

(Dan eindig almal met die sing van "O Goedheids Gods" en "Heer laat U
seen op hom daal".)
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8868 is 'n antwoord op boodskap #8807] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Thu, 20 Mar 97 08:38:57, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> >>
>
> Ek begin nou die kode lees wat die boonste sin gewoonlik is.
>
> Dit beteken gewoonlik: "Ek is nou in 'n hoek en wil nie meer hieroor
> praat nie want ek is bang en moet woorde begin sluk of sienings begin
> aanpas."
>

Nee Koos. Jou kode is: As joernalis wil ek nou die gesprek in 'n spesifieke
rigting stuur. Dus sal ek die woorde met so 'n effense draai terug kwoteer, om
te sien of die stupid fool aan die anderkant nie in my rigting wil gaan nie.
As hy dit nie doen nie sal ek in my (koos) gewone styl net 'n baie klein
deeltjie van sy vorige post kwoteer, met een of ander smalende aanmerking.

Hoekom kwoteer jy nie jou woorde nie, hmm?
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8881 is 'n antwoord op boodskap #8807] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> Die ander ou se "my, moer! Is dit normaal? Eet hoenders druiwe!? Gaan
> die buurman nie kwaad wees nie? Hy is mos 'n moeilike ou man!"
>

Tsk, Tsk. Moeilike ou man sê jy. Lyk my so all die skoen pas ne Koos.
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8882 is 'n antwoord op boodskap #8807] Di, 25 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Mar 97 08:53:27, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

>
> Die ander ou se "my, moer! Is dit normaal? Eet hoenders druiwe!? Gaan[/color]
>> die buurman nie kwaad wees nie? Hy is mos 'n moeilike ou man!"
>>
>
> Tsk, Tsk. Moeilike ou man sê jy. Lyk my so all die skoen pas ne Koos.>>>

Watter skoen?
Waarvan praat jy?
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8895 is 'n antwoord op boodskap #8807] Wo, 26 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Tue, 25 Mar 97 08:53:27, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>>
> >
>>> Die ander ou se "my, moer! Is dit normaal? Eet hoenders druiwe!? Gaan
>>> die buurman nie kwaad wees nie? Hy is mos 'n moeilike ou man!"
>>>
>>
>> Tsk, Tsk. Moeilike ou man sê jy. Lyk my so all die skoen pas ne Koos.>>>
>
> Watter skoen?
> Waarvan praat jy?
>
>

Dan is die ou man nog seniel daarby! :)
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8896 is 'n antwoord op boodskap #8807] Wo, 26 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Koos wrote in article
...
> On Thu, 20 Mar 97 08:38:57, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> >>
>
> Ek begin nou die kode lees wat die boonste sin gewoonlik is.
>
> Dit beteken gewoonlik: "Ek is nou in 'n hoek en wil nie meer hieroor
> praat nie want ek is bang en moet woorde begin sluk of sienings begin
> aanpas."
>
>

Nee. Dit beteken gewoonlik dat jy jou gewone triek uitgehaal het om te
beweer dat mense bepaalde stellings gemaak het, sonder dat jy enige gronde
vir jou bewering het.

Dit beteken dat die onus op jou is om uit jou slagoffer se tekse te bewys
dat hy/sy wel geskryf het wat jy beweer.

Maar ons weet nou al hoe jy daarop reageer, nie waar nie?

Jy gaan aan die queal oor die onregverdigheid van "boendoehowe"

Sedert ek jou professionele disinformasietaktiek dophou het daar een geval
ontwikkel wanneer neig om ek 'n politikus glo - as die media hom aanhaal en
hy sê "I was misquoted".

Groete, Leendert
Re: Biltong en droewors... en my vriend Fidel Castro [boodskap #8907 is 'n antwoord op boodskap #8807] Do, 27 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 26 Mar 1997 10:43:55 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:
Vorige onderwerp: Re: Jan, jou stoute bliksim
Volgende onderwerp: Oor arm mense in die Nuwe SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 18:35:14 MGT 2024