Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pilchards: Vir Annette
Pilchards: Vir Annette [boodskap #88841] Di, 06 Januarie 2004 06:16 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die visvangtoestande in die Kaap? Laasjaar het julle 'n oormaat van
pilchards [sardiens] gehad en hier by ons was een moerse tekort. Die
Namibiese vissers moes soebat dat dit vrek sodat hulle toegelaat kon word om
in SA waters te vang net om hulle fabrieke en bote aan't lewe te hou.
Hulle was amper vrek, toe hulle so 'n kwota'tjie gekry het via diplomatieke
invloed.
Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar dit klink vir my of die spul
pilchards hierdie jaar noord neig en nou sit Namibië met die groot gros en
is daar 'n tekort in SA waters? Nou wonder ek net of ons in ons
Seevisserye iemand met humorsin het......of dalk 'n bietjie wreed gaan wees
en die spul SA bote gaan verban ook tot op die laaste moontlike oomblikke?
Re: Pilchards: Vir Annette [boodskap #88843 is 'n antwoord op boodskap #88841] Di, 06 Januarie 2004 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sover ek weet is daar nog niks bekend nie - nie 'n tekort nie. nog minder of
daar skole op pad is.
Volgens seevisserye is daar 'n ernstige tekort van alle soorte vis al 5 jaar
lank.
Soos my oom op Velddrif wat al vyf jaar lank kla dat daar nie vis is nie en
hy die vishuis gaan toemaak.
Al wat ek weet is dat die snoek soos gewoonlik langs die pad te koop is, en
as daar snoek is, kom daar sardiens.
Gister ontmoet ek toe iemand wat van tyd tot tyd hier inloer.
Hulle het die akwarium besoek, en hy beweer sardyne het nie baie breins nie.
Seker die dat hulle nou wil noord neuk, terwyl hule eintlik 'n kouwatervis
is:)))
--
Annette
news:3ffa52c2.0@news1.mweb.co.za...
> Wat is die visvangtoestande in die Kaap? Laasjaar het julle 'n oormaat van
> pilchards [sardiens] gehad en hier by ons was een moerse tekort. Die
> Namibiese vissers moes soebat dat dit vrek sodat hulle toegelaat kon word om
> in SA waters te vang net om hulle fabrieke en bote aan't lewe te hou.
> Hulle was amper vrek, toe hulle so 'n kwota'tjie gekry het via diplomatieke
> invloed.
> Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar dit klink vir my of die spul
> pilchards hierdie jaar noord neig en nou sit Namibië met die groot gros en
> is daar 'n tekort in SA waters? Nou wonder ek net of ons in ons
> Seevisserye iemand met humorsin het......of dalk 'n bietjie wreed gaan wees
> en die spul SA bote gaan verban ook tot op die laaste moontlike oomblikke?
>
Re: Pilchards: Vir Annette [boodskap #88848 is 'n antwoord op boodskap #88843] Di, 06 Januarie 2004 09:30 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Noord is juis waar die koue water is! Ver noord begin dinge warm
raak en daar om julle punt dan is dit rêrig warm....seker al die kerrie
vanuit Durbanland?

"Annette" skryf in boodskap news:btdqkg$cre$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sover ek weet is daar nog niks bekend nie - nie 'n tekort nie. nog minder of
> daar skole op pad is.
> Volgens seevisserye is daar 'n ernstige tekort van alle soorte vis al 5 jaar
> lank.
> Soos my oom op Velddrif wat al vyf jaar lank kla dat daar nie vis is nie en
> hy die vishuis gaan toemaak.
> Al wat ek weet is dat die snoek soos gewoonlik langs die pad te koop is, en
> as daar snoek is, kom daar sardiens.
> Gister ontmoet ek toe iemand wat van tyd tot tyd hier inloer.
> Hulle het die akwarium besoek, en hy beweer sardyne het nie baie breins nie.
> Seker die dat hulle nou wil noord neuk, terwyl hule eintlik 'n kouwatervis
> is:)))
> --
> Annette
> news:3ffa52c2.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat is die visvangtoestande in die Kaap? Laasjaar het julle 'n oormaat van
>> pilchards [sardiens] gehad en hier by ons was een moerse tekort. Die
>> Namibiese vissers moes soebat dat dit vrek sodat hulle toegelaat kon word om
>> in SA waters te vang net om hulle fabrieke en bote aan't lewe te hou.
>> Hulle was amper vrek, toe hulle so 'n kwota'tjie gekry het via diplomatieke
>> invloed.
>> Ek weet nie of ek reg gehoor het nie, maar dit klink vir my of die spul
>> pilchards hierdie jaar noord neig en nou sit Namibië met die groot gros en
>> is daar 'n tekort in SA waters? Nou wonder ek net of ons in ons
>> Seevisserye iemand met humorsin het......of dalk 'n bietjie wreed gaan wees
>> en die spul SA bote gaan verban ook tot op die laaste moontlike oomblikke?
>>
>
Vorige onderwerp: Somtyds is ons voor:-)
Volgende onderwerp: Plastiekgeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 17:38:08 MGT 2024