| Plastiekgeld [boodskap #88823] |
Ma., 05 Januarie 2004 17:14  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek lees in 'n studie oor die plaasaanvalle in Suid-Afrika dat dikwels
plaasaanvalle gebeur op Vrydag. Vrydag is 'n dag waarop baie boere
dikwel groot bedrae geld in hulle besit het om hulle werkers te
betaal..
Nou, dan vra ek me eie af hoekom dit is nog nodig om die mense te
betaal met baar geld? Dis tog heeltemal onveilig? As nou elkeen 'n
girorekening het waarop die werkgewer die lone kan stort dan is die
risiko vor hom tog baie minder dat hy besoek kry van diewe? Waar niks
is kan niks gesteel word nie! Kan mense in Suid-Afrika dan nie betaal
met 'n credit card nie? Ek weet daar is baie mense wat nie hou van
credit cards nie. Dis dan te moeilik of hulle dink dis die bank wat
dan hulle geld steel. Of daar is mans wat geen girorekening wil hê nie
omdat hulle vrou dan kan sien dat hulle feitlik meer verdien het as
dat hulle maandeliks aan hulle vrou gee vir die huisbestuur. En dan is
daar ook die ou mense wat heeltemal nie kan of wil werk met credit
cards nie.
Hier in België is dit haas nie meer moontlik om nog jou geld
regstreeks in banknote van jou werkgewer te kry nie. Die laaste mense
wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
hier nog slagoffer van oorval.
Of miskien help 'n berig aan die voordeur: "Diewe moenie binnekom nie,
hier is alles al gesteel!"
Groete uit Vlaandere,
Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Plastiekgeld [boodskap #88851 is 'n antwoord op boodskap #88846] |
Di., 06 Januarie 2004 09:50   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:51ukvvka835f1h6stfvete0hta4457svg6@4ax.com...
> On Tue, 6 Jan 2004 07:58:34 +0200, "Suidwester" wrote:
>
>
> Nou val ek van die een verbasing in die ander, Suidwester. 'n ID is 'n
> identiteit of identiteitskaart, nê? Ek weet dis nog in baie lande so
> dat 'n klomp mense nie ingeskrewe is as staatsburger en daarom geen
> burgerregte in hulle eie staat het nie. Hierdie saak is by ons in
> België al lank verplig, reeds van in die tyd van Napoleon. As ek op
> straat kom is ek verplig om my identiteitskaart by my te hê. Die
> polisie kan my in die tronk swier as ek dié vergeet het.
Soos ek jou gesê het, ons is in Afrika. Die regerings droom van om vir al
die mense van die land 'n ID te besorg, maar dit kan 'n mens in Namibië
byvoorbeeld maklik tot 2 jaar neem vandat hy aansoek gedoen het vir 'n ID
totdat hy sy nuwe kaart kry! Die rede? Toerusting wat deur onkundige
persone aangekoop word en nie reg bedryf kan word nie want die ervare mense
is laat gaan weens regstellende aksie. Die ding 'snow ball' en die
uiteinde van die saak is dat daar 'n moerse probleem met ID's en paspoorte
is.
>
> Ja, in Afrika staan die meeste sake wel in andere proporsies as hier
> in Europa! Die Afrikane gaan nog kopseer kry as hulle wil meedoen met
> die moderne ewolusie.
Dis baie moeilik om moderne dienste te verskaf sodat dit vir alle mense
bereikbaar is in 'n land soos ons s'n. Ons het so ongeveer 1,6m vk km
grond en net 2 miljoen mense waarvan baie op die platteland woon met klein
dorpies waar dit haas onmoontlik is om outomatiese tellermasjiene te
installeer weens die koste en lae omset. Vir dieselfde rede kom die manne
uit die RSA met hulle fênsie 4x4'e in ons ru land rondry en jy sal sekerlik
weet dat met vandag se duur karre kan jy skaars die enjin sien. Alles net
rekenaars en CPU's waar jy kyk. Chop daai goete af in die woestyn [fyn
stof is net so erg soos water om kontakte in sy moer in te stuur] dan kan
niemand aan die voertuie werk nie. Of jy nou Porsche, Range Rover, Volvo,
BMW, Merc, Lexus, of wat ook al ry, betaal gaan jy betaal want hulle gaan
jou kar op 'n low bed moet laai terug RSA toe.
Dis dan dat die manne wens vir die ou Toyota 4x4's wat nog van yster
gemaak is en vergassers het!
|
|
|
|
| Re: Plastiekgeld [boodskap #88861 is 'n antwoord op boodskap #88851] |
Di., 06 Januarie 2004 13:38  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 6 Jan 2004 11:50:43 +0200, "Suidwester" wrote:
>
> Vir dieselfde rede kom die manne
> uit die RSA met hulle fênsie 4x4'e in ons ru land rondry en jy sal sekerlik
> weet dat met vandag se duur karre kan jy skaars die enjin sien. Alles net
> rekenaars en CPU's waar jy kyk. Chop daai goete af in die woestyn [fyn
> stof is net so erg soos water om kontakte in sy moer in te stuur] dan kan
> niemand aan die voertuie werk nie.
Ag, mens! Dis hier net van dieselfde. Ek het maar 'n klein Opel Corsa
en daardie het inwendig ook al 'n rekenaar vir sy besturing. My
garagist sê vir my hy het die meeste probleme met die moderne
elektronika in sy motors.
> Dis dan dat die manne wens vir die ou Toyota 4x4's wat nog van yster
> gemaak is en vergassers het!
>
Ja, seker! Ek verstaan! Oud maar deeglik! Toen my waentjie nog 'n nuwe
een was het ek al 'n probleem gehad met die plofkussings (air bags).
Dit was nie die skuld van die rekenaar nie maar wel van die slegte
draadjies wat die rekenaar met die plofkussings verbind.
Vanselfsprekend: hoe ingewikkelder 'n motor word hoe meer probleme wat
kan optree.
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|