Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Plastiekgeld
Plastiekgeld [boodskap #88823] Ma, 05 Januarie 2004 17:14 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees in 'n studie oor die plaasaanvalle in Suid-Afrika dat dikwels
plaasaanvalle gebeur op Vrydag. Vrydag is 'n dag waarop baie boere
dikwel groot bedrae geld in hulle besit het om hulle werkers te
betaal..
Nou, dan vra ek me eie af hoekom dit is nog nodig om die mense te
betaal met baar geld? Dis tog heeltemal onveilig? As nou elkeen 'n
girorekening het waarop die werkgewer die lone kan stort dan is die
risiko vor hom tog baie minder dat hy besoek kry van diewe? Waar niks
is kan niks gesteel word nie! Kan mense in Suid-Afrika dan nie betaal
met 'n credit card nie? Ek weet daar is baie mense wat nie hou van
credit cards nie. Dis dan te moeilik of hulle dink dis die bank wat
dan hulle geld steel. Of daar is mans wat geen girorekening wil hê nie
omdat hulle vrou dan kan sien dat hulle feitlik meer verdien het as
dat hulle maandeliks aan hulle vrou gee vir die huisbestuur. En dan is
daar ook die ou mense wat heeltemal nie kan of wil werk met credit
cards nie.
Hier in België is dit haas nie meer moontlik om nog jou geld
regstreeks in banknote van jou werkgewer te kry nie. Die laaste mense
wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
hier nog slagoffer van oorval.
Of miskien help 'n berig aan die voordeur: "Diewe moenie binnekom nie,
hier is alles al gesteel!"

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Plastiekgeld [boodskap #88826 is 'n antwoord op boodskap #88823] Ma, 05 Januarie 2004 17:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" wrote

Die laaste mense
> wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
> nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
> betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
> hier nog slagoffer van oorval.

Ek neem aan jy bedoel nie dat die posbodes die
pensioen kontant aan die pensionarisse gee nie?

Gloudina
Re: Plastiekgeld [boodskap #88827 is 'n antwoord op boodskap #88823] Ma, 05 Januarie 2004 17:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Norbert,

Hier by ons is die bankkoste ongelooflik hoog. Dit is beter om aandele in
banke te besit as om jou geld daar te belê. Indien mens 'n batige saldo op
jou bankrekening het is die rente laag. Maar boetie, skuld hulle geld dan
sal jy sien wat woekerwins regtig is.

Ek wonder hoe oorleef die Europese banke met die lae plaaslike rentekoerse.
Re: Plastiekgeld [boodskap #88830 is 'n antwoord op boodskap #88826] Ma, 05 Januarie 2004 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 05 Jan 2004 17:36:51 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Ek neem aan jy bedoel nie dat die posbodes die
> pensioen kontant aan die pensionarisse gee nie?
>
> Gloudina
>

Jawel, Gloudina, dis nou net wat ek bedoel het. Tot op vandag kan
pensionarisse in Vlaandere maandeliks hulle geld tuis kry uit die
hande van die posbode! In baar geld!! Daarvoor betaal hulle slegs 'n
posseël as vergoeding. Die posbode kom dan gewoon op besoek en dan
gebeur die transaksie! Ek het nie gesê dis hier 'n algemene reël nie
maar tog bestaan dit nog baie. Hierdie het natuurlik sy nadele:
posbodes word besteel en ook ou mense self word nog besteel in hulle
eie huis. Daar is gevalle van diefstal van ou mense waarby die diewe
geweet het van die posbode hoe om waar te loer en die geld te vind!
Ook sosiaal werkers wat pensionarisse tuis versorg gee soms inligtings
aan die diewe of steel soms self! En daar was soms geen ander weë om
gepensioeneerdes hulle hulle geld te gee nie: baie wil geen
girorekening hê omdat hulle daar geen verstand van hê nie. Baie ou
mense het probleme met die moderne betalingsverkeer. Nou het ons
regering besluit dit kan nie meer so verdergaan nie. Elkeen moet nou,
ook vir sy pensioen, 'n girorekening hê. Nou sal daar geleidelik an
ook wel minder mense probleme hê met 'n girorekening en dis miskien
hoekom die regering het so lank gewag om hierdie verordening uit te
vaardig. Hier by my ouers is daaromtrent geen probleme nie: hulle het
al lank 'n girorekening maar moenie vra vir my pa om geld uit die muur
te haal nie en die petrol vir sy motor betaal hy ook nie met sy credit
card nie. Nou skreeu hy moord en brand omdat ons vanjaar miskien
elektronies moet stem in die Europese verkiesings. My pa is 'n
absolute teenstander van rekenaars en hier in België is 'n mens
verplig om te gaan stem. Dit sal nogal 'n drama word as hy vir die
eerste keer in sy lewe verplig sal wees om met 'n rekenaar te werk.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Plastiekgeld [boodskap #88832 is 'n antwoord op boodskap #88827] Ma, 05 Januarie 2004 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 5 Jan 2004 19:53:04 +0200, "Pete" wrote:

> Norbert,
>
> Hier by ons is die bankkoste ongelooflik hoog.

Ha! Ja, ek moet toegee ek hierdie nog gelees op hierdie nuusgroep!
Nou, dis dan moontlik wel 'n verklaring daarvoor. Hier in België is
die bankkoste laag maar die meeste banke wil nou tog meer
transaksiekoste in rekening bring. Sekerlik as jy geld vra an die
loket sal dit in die toekoms ook meer koste meebring. Tot vandag is
hier geld uit die muur neem oor die algemeen sonder koste maar party
banke het reeds gesê dit gaan wysig.

> Dit is beter om aandele in
> banke te besit as om jou geld daar te belê.
> Indien mens 'n batige saldo op
> jou bankrekening het is die rente laag.

Dis net dieselfde hier.

> Maar boetie, skuld hulle geld dan
> sal jy sien wat woekerwins regtig is.

Hier net dieselfde!
>
> Ek wonder hoe oorleef die Europese banke met die lae plaaslike rentekoerse.

Jy is reg maar soos jy vooraf al gelees het gaan die banke hier ook 'n
bietjie meer room van die melk afskei. Moet ook weet dat die banke
hier meer wins maak as elders in die wêreld met hulle leninge aan
partikuliere.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Plastiekgeld [boodskap #88838 is 'n antwoord op boodskap #88823] Di, 06 Januarie 2004 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In beginsel is jy seker reg.....in 'n ontwikkelde land soos België! Op die
platteland in SA en Namibië is die plase so effe ver van die dorp af vir die
werkers om daar te kom om geld te trek en jy sal in baie gevalle ook vind
dat swart werkers nie ID's het nie en daarom nie 'n kaartrekening kan kry
nie. Plus natuurlik dat die ouer swart mense glad nie hierdie kaartgemors
en rekenaars verstaan nie [wit en swart!]. Hulle glo dis iets van die
duiwel af homself!
Kom ons sê jou plaas is 50 km van die naaste dorp af en dis betaaldag.
Waar en hoe gaan die werkers hulle kos en dop koop as hulle eers moet wag
vir die dag dat hulle by 'n bank kan uitkom? Afrika is nog dieper in die
skaduwee van die tegnologie as wat meeste mense kan glo. Nie eers ons eie
politici wat in fênsie kantore sit en duur Benze ry, kan besef hoe ver agter
die gemiddelde man van Afrika steeds is nie.

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:4s6jvvgutk3k6qn0g6dgi6ree4rdrh9pu5@4ax.com...
> Ek lees in 'n studie oor die plaasaanvalle in Suid-Afrika dat dikwels
> plaasaanvalle gebeur op Vrydag. Vrydag is 'n dag waarop baie boere
> dikwel groot bedrae geld in hulle besit het om hulle werkers te
> betaal..
> Nou, dan vra ek me eie af hoekom dit is nog nodig om die mense te
> betaal met baar geld? Dis tog heeltemal onveilig? As nou elkeen 'n
> girorekening het waarop die werkgewer die lone kan stort dan is die
> risiko vor hom tog baie minder dat hy besoek kry van diewe? Waar niks
> is kan niks gesteel word nie! Kan mense in Suid-Afrika dan nie betaal
> met 'n credit card nie? Ek weet daar is baie mense wat nie hou van
> credit cards nie. Dis dan te moeilik of hulle dink dis die bank wat
> dan hulle geld steel. Of daar is mans wat geen girorekening wil hê nie
> omdat hulle vrou dan kan sien dat hulle feitlik meer verdien het as
> dat hulle maandeliks aan hulle vrou gee vir die huisbestuur. En dan is
> daar ook die ou mense wat heeltemal nie kan of wil werk met credit
> cards nie.
> Hier in België is dit haas nie meer moontlik om nog jou geld
> regstreeks in banknote van jou werkgewer te kry nie. Die laaste mense
> wat nog betaal word met banknote is gepensioeneerdes wat maandeliks
> nog hulle pensioen kry van die posbode. Maar nou gaan ook daar die
> betalingswyse verander wat net daardeur is die posbodes dikwels ook
> hier nog slagoffer van oorval.
> Of miskien help 'n berig aan die voordeur: "Diewe moenie binnekom nie,
> hier is alles al gesteel!"
>
> Groete uit Vlaandere,
>
> Norbert
Re: Plastiekgeld [boodskap #88846 is 'n antwoord op boodskap #88838] Di, 06 Januarie 2004 08:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Jan 2004 07:58:34 +0200, "Suidwester" wrote:

> In beginsel is jy seker reg.....in 'n ontwikkelde land soos België! Op die
> platteland in SA en Namibië is die plase so effe ver van die dorp af vir die
> werkers om daar te kom om geld te trek en jy sal in baie gevalle ook vind
> dat swart werkers nie ID's het nie en daarom nie 'n kaartrekening kan kry
> nie. Plus natuurlik dat die ouer swart mense glad nie hierdie kaartgemors
> en rekenaars verstaan nie [wit en swart!]. Hulle glo dis iets van die
> duiwel af homself!

Nou val ek van die een verbasing in die ander, Suidwester. 'n ID is 'n
identiteit of identiteitskaart, nè? Ek weet dis nog in baie lande so
dat 'n klomp mense nie ingeskrewe is as staatsburger en daarom geen
burgerregte in hulle eie staat het nie. Hierdie saak is by ons in
België al lank verplig, reeds van in die tyd van Napoleon. As ek op
straat kom is ek verplig om my identiteitskaart by my te hê. Die
polisie kan my in die tronk swier as ek dié vergeet het. Ek het dit
steeds geweet in my lewe. Ek moet toegee ook Nederland en Engeland het
nog geen identiteitskaarte nie maar hulle gaan dit verander in verband
met die terrorismebestryding (inskrywing in die bevolkingsregisters
het hulle wel). In Nederland het die mense steeds teen 'n
identifikasieplig gewees omdat tydens die Tweede Wêreldoorlog die
Duitsers baie mense in 'n konsentrasiekamp gesteek het. Identifikasie
sou met 'n kaart te gemaklik wees!
Omtrent ouer mense wat niks verstaan van kaarte en rekenaars nie: dié
loop hier ook rond! Dis maar net my eie ouers wat ook so is!

> Kom ons sê jou plaas is 50 km van die naaste dorp af en dis betaaldag.
> Waar en hoe gaan die werkers hulle kos en dop koop as hulle eers moet wag
> vir die dag dat hulle by 'n bank kan uitkom? Afrika is nog dieper in die
> skaduwee van die tegnologie as wat meeste mense kan glo. Nie eers ons eie
> politici wat in fênsie kantore sit en duur Benze ry, kan besef hoe ver agter
> die gemiddelde man van Afrika steeds is nie.

Ja, in Afrika staan die meeste sake wel in andere proporsies as hier
in Europa! Die Afrikane gaan nog kopseer kry as hulle wil meedoen met
die moderne ewolusie.

Groete uit Vlaandere,

Norbert
Re: Plastiekgeld [boodskap #88851 is 'n antwoord op boodskap #88846] Di, 06 Januarie 2004 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:51ukvvka835f1h6stfvete0hta4457svg6@4ax.com...
> On Tue, 6 Jan 2004 07:58:34 +0200, "Suidwester" wrote:
>
>
> Nou val ek van die een verbasing in die ander, Suidwester. 'n ID is 'n
> identiteit of identiteitskaart, nê? Ek weet dis nog in baie lande so
> dat 'n klomp mense nie ingeskrewe is as staatsburger en daarom geen
> burgerregte in hulle eie staat het nie. Hierdie saak is by ons in
> België al lank verplig, reeds van in die tyd van Napoleon. As ek op
> straat kom is ek verplig om my identiteitskaart by my te hê. Die
> polisie kan my in die tronk swier as ek dié vergeet het.
Soos ek jou gesê het, ons is in Afrika. Die regerings droom van om vir al
die mense van die land 'n ID te besorg, maar dit kan 'n mens in Namibië
byvoorbeeld maklik tot 2 jaar neem vandat hy aansoek gedoen het vir 'n ID
totdat hy sy nuwe kaart kry! Die rede? Toerusting wat deur onkundige
persone aangekoop word en nie reg bedryf kan word nie want die ervare mense
is laat gaan weens regstellende aksie. Die ding 'snow ball' en die
uiteinde van die saak is dat daar 'n moerse probleem met ID's en paspoorte
is.
>
> Ja, in Afrika staan die meeste sake wel in andere proporsies as hier
> in Europa! Die Afrikane gaan nog kopseer kry as hulle wil meedoen met
> die moderne ewolusie.

Dis baie moeilik om moderne dienste te verskaf sodat dit vir alle mense
bereikbaar is in 'n land soos ons s'n. Ons het so ongeveer 1,6m vk km
grond en net 2 miljoen mense waarvan baie op die platteland woon met klein
dorpies waar dit haas onmoontlik is om outomatiese tellermasjiene te
installeer weens die koste en lae omset. Vir dieselfde rede kom die manne
uit die RSA met hulle fênsie 4x4'e in ons ru land rondry en jy sal sekerlik
weet dat met vandag se duur karre kan jy skaars die enjin sien. Alles net
rekenaars en CPU's waar jy kyk. Chop daai goete af in die woestyn [fyn
stof is net so erg soos water om kontakte in sy moer in te stuur] dan kan
niemand aan die voertuie werk nie. Of jy nou Porsche, Range Rover, Volvo,
BMW, Merc, Lexus, of wat ook al ry, betaal gaan jy betaal want hulle gaan
jou kar op 'n low bed moet laai terug RSA toe.

Dis dan dat die manne wens vir die ou Toyota 4x4's wat nog van yster
gemaak is en vergassers het!
Re: Plastiekgeld [boodskap #88861 is 'n antwoord op boodskap #88851] Di, 06 Januarie 2004 13:38 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 6 Jan 2004 11:50:43 +0200, "Suidwester" wrote:

>
> Vir dieselfde rede kom die manne
> uit die RSA met hulle fênsie 4x4'e in ons ru land rondry en jy sal sekerlik
> weet dat met vandag se duur karre kan jy skaars die enjin sien. Alles net
> rekenaars en CPU's waar jy kyk. Chop daai goete af in die woestyn [fyn
> stof is net so erg soos water om kontakte in sy moer in te stuur] dan kan
> niemand aan die voertuie werk nie.

Ag, mens! Dis hier net van dieselfde. Ek het maar 'n klein Opel Corsa
en daardie het inwendig ook al 'n rekenaar vir sy besturing. My
garagist sê vir my hy het die meeste probleme met die moderne
elektronika in sy motors.

> Dis dan dat die manne wens vir die ou Toyota 4x4's wat nog van yster
> gemaak is en vergassers het!
>
Ja, seker! Ek verstaan! Oud maar deeglik! Toen my waentjie nog 'n nuwe
een was het ek al 'n probleem gehad met die plofkussings (air bags).
Dit was nie die skuld van die rekenaar nie maar wel van die slegte
draadjies wat die rekenaar met die plofkussings verbind.
Vanselfsprekend: hoe ingewikkelder 'n motor word hoe meer probleme wat
kan optree.

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: Pilchards: Vir Annette
Volgende onderwerp: Winskopie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 18:38:07 MGT 2024