Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is die nut
Wat is die nut [boodskap #88800] Ma, 05 Januarie 2004 06:34 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Van beperkingsbevele?
Vandag oor die nuus weereens 'n man wat sy vrou in 'n winkel, ten aanskoue
van klante, vermoor het.
Hulle is geskei, en sy het het 'b bevel by die hof verkry om hom te verhoed
om haar weer aan te rand.
Dit is nou 'n nuttelose wetsproses as daar ooit een was, want dit is al oor
en oor bewys dat die aanvallers hul min steur aan sulke stukkies papier.
Daar moet meer direk opgetree word as so 'n klag teen hul ingebring word.
Ek wonder hoeveel mans bring so 'n klag in teen 'n vrou om hom te ( probeer)
beskerm.
--
Annette
Re: Wat is die nut [boodskap #88805 is 'n antwoord op boodskap #88800] Ma, 05 Januarie 2004 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem saam met jou dis 'n gemors. Mens kan sekerlik nie in 'n ander ou
se kop sien nie en die kans is seker daar dat die ou se vrou hom dalk die
mure uitgedryf het, maar daar is geen verskoning vir die klas geweld
nie.....enige geweld nie. Dieselfde geld natuurlik vir hierdie
onderhoudhofbevele. Ek het 'n susterskind wat darem al 'n lekker kar kan
koop as sy net die pa van haar kind sover kan kry om te betaal.

"Annette" skryf in boodskap news:btb0jb$2p8$3@ctb-nnrp2.saix.net...
> Van beperkingsbevele?
> Vandag oor die nuus weereens 'n man wat sy vrou in 'n winkel, ten aanskoue
> van klante, vermoor het.
> Hulle is geskei, en sy het het 'b bevel by die hof verkry om hom te verhoed
> om haar weer aan te rand.
> Dit is nou 'n nuttelose wetsproses as daar ooit een was, want dit is al oor
> en oor bewys dat die aanvallers hul min steur aan sulke stukkies papier.
> Daar moet meer direk opgetree word as so 'n klag teen hul ingebring word.
> Ek wonder hoeveel mans bring so 'n klag in teen 'n vrou om hom te ( probeer)
> beskerm.
> --
> Annette
>
Re: Wat is die nut [boodskap #88818 is 'n antwoord op boodskap #88800] Ma, 05 Januarie 2004 12:52 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Vanoggend met ouens gepraat wat die egpaar geken het. Die man het tronkstraf
uitgedien omdat hy haar voorheen met 'n mes gesteek het. Nou het hy haar
geskiet.
Vorige onderwerp: Re: Apartheid Are Dead
Volgende onderwerp: Re: Procedimento (knip)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 27 19:11:13 MGT 2024