Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'
NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery' [boodskap #88366] Wo, 17 Desember 2003 18:37 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'
16/12/2003 22:17 - (SA)

NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'

Predikant het na bewering kinders van kerkraadslede op jeugkampe
herdoop

COBUS GROBLER

KAAPSTAD. - Enkele ouers het reeds aangedui dat die NG gemeente
Brackenfell-Wes se geskorste ds. Chris Swart nie volgende jaar hul
kinders mag katkiseer nie.

Dit is nog een van die skokke wat dié verdeelde gemeente die afgelope
twee maande getref het.

In die jongste stap het die gemeente se ring Swart verlede week oor
sy "siening van die doop" van sy predikantspligte onthef.

Die besluit sal hersien word as die ringskommissie en Swart voor 20
Januarie vergader.

'n Sweer het oopgebars toe mev. Cobie Swart, leraarsvrou, die
gewraakte kerktoring in 'n brief 'n "manlike fallus"genoem het "wat
voortdurend met die godin van die lug seksuele gemeenskap" het.

Ds. Swart het ook al gepreek: "Die Here sê die toring moet verwyder
word."

'n Besluit van die kerkraad om die toring af te breek, is later
herroep en daarmee saam is die egpaar Swart se siening oor dié
kerkgebou se toring verwerp.

Verskeie gegriefde lidmate het gekla oor "kettery" met wederdopery,
handopleggings in 'n klein vertrek, vervulling met die Heilige Gees,
vlagswaaiery, 'n charismatiese bedieningstyl en ander dwaalleringe
wat in die gemeente onder die vaandel van verandering posgevat het.

Selfs senior kerkraadslede se kinders wat as babas gedoop is, is glo
op jeugkampe herdoop.

'n Voormalige kerkraadslid, wat nie sy naam genoem wil hê nie omdat
almal die swye opgelê is en daar teen senior lidmate opgetree is wat
met die media gepraat het, het gesê sy kind moet volgende jaar deur
Swart gekatkiseer word. "Ek weier dat dit gebeur. Ons vertrou hom nie
meer nie."

Daar is ook klagtes dat 'n groepie meelopers of vertrouelinge van
Swart glo ander gemeentelede intimideer en selfs ander kerkgroepe
help om pamflette, onder meer teen die toring, in die omgewing te
versprei.

Swart self wou nie kommentaar lewer nie omdat die besluit oor sy
skorsing nog hangende is.

http://www.news24.com/Die_Burger/Nuus/0,,4-75_1460347,00.htm l
Re: NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery' [boodskap #88375 is 'n antwoord op boodskap #88366] Wo, 17 Desember 2003 19:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In geen stadium het die kerkraad besluit om die toring af te breek nie.
--
Annette

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:qi81uvs93u3rtli9qv6f9menjams3c58j3@4ax.com...
> NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'
> 16/12/2003 22:17 - (SA)
>
> NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'
>
> Predikant het na bewering kinders van kerkraadslede op jeugkampe
> herdoop
>
> COBUS GROBLER
>
> KAAPSTAD. - Enkele ouers het reeds aangedui dat die NG gemeente
> Brackenfell-Wes se geskorste ds. Chris Swart nie volgende jaar hul
> kinders mag katkiseer nie.
>
>
> Dit is nog een van die skokke wat dié verdeelde gemeente die afgelope
> twee maande getref het.
>
> In die jongste stap het die gemeente se ring Swart verlede week oor
> sy "siening van die doop" van sy predikantspligte onthef.
>
> Die besluit sal hersien word as die ringskommissie en Swart voor 20
> Januarie vergader.
>
> 'n Sweer het oopgebars toe mev. Cobie Swart, leraarsvrou, die
> gewraakte kerktoring in 'n brief 'n "manlike fallus"genoem het "wat
> voortdurend met die godin van die lug seksuele gemeenskap" het.
>
> Ds. Swart het ook al gepreek: "Die Here sê die toring moet verwyder
> word."
>
> 'n Besluit van die kerkraad om die toring af te breek, is later
> herroep en daarmee saam is die egpaar Swart se siening oor dié
> kerkgebou se toring verwerp.
>
> Verskeie gegriefde lidmate het gekla oor "kettery" met wederdopery,
> handopleggings in 'n klein vertrek, vervulling met die Heilige Gees,
> vlagswaaiery, 'n charismatiese bedieningstyl en ander dwaalleringe
> wat in die gemeente onder die vaandel van verandering posgevat het.
>
> Selfs senior kerkraadslede se kinders wat as babas gedoop is, is glo
> op jeugkampe herdoop.
>
> 'n Voormalige kerkraadslid, wat nie sy naam genoem wil hê nie omdat
> almal die swye opgelê is en daar teen senior lidmate opgetree is wat
> met die media gepraat het, het gesê sy kind moet volgende jaar deur
> Swart gekatkiseer word. "Ek weier dat dit gebeur. Ons vertrou hom nie
> meer nie."
>
> Daar is ook klagtes dat 'n groepie meelopers of vertrouelinge van
> Swart glo ander gemeentelede intimideer en selfs ander kerkgroepe
> help om pamflette, onder meer teen die toring, in die omgewing te
> versprei.
>
> Swart self wou nie kommentaar lewer nie omdat die besluit oor sy
> skorsing nog hangende is.
>
>
> http://www.news24.com/Die_Burger/Nuus/0,,4-75_1460347,00.htm l
Re: NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery' [boodskap #88379 is 'n antwoord op boodskap #88375] Wo, 17 Desember 2003 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Dec 2003 21:13:05 +0200, "Annette" wrote:

'n Besluit van die kerkraad om die toring af te breek, is later
herroep en daarmee saam is die egpaar Swart se siening oor dié
kerkgebou se toring verwerp.

> In geen stadium het die kerkraad besluit om die toring af te breek nie.

Jy meen Frikkie het verkeerd ge'copy' en 'paste' Annette:-)
Check my bydrae - ek kan dit ook doen:-)))

DD
Re: NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery' [boodskap #88386 is 'n antwoord op boodskap #88379] Wo, 17 Desember 2003 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Klink vir my na 'n geswartsmeerdery.....
Re: NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery' [boodskap #88388 is 'n antwoord op boodskap #88386] Do, 18 Desember 2003 03:48 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie hulle smeer Swart nie - dit is eerder 'n swartuiskoppery:)
--
Annette

"Pete" skryf in boodskap news:brqlmn$493$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Klink vir my na 'n geswartsmeerdery.....
>
Vorige onderwerp: Geloftedag
Volgende onderwerp: Man vas ná seks met lyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 12:52:13 MGT 2024