Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Man vas ná seks met lyk
Man vas ná seks met lyk [boodskap #88369] Wo, 17 Desember 2003 18:43 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Man vas ná seks met lyk
Willie du Plessis


'n Pasiënt van die Carletonville Hospitaal is in hegtenis geneem ná hy
glo op heterdaad betrap is terwyl hy seks met 'n lyk in een van die
hospitaalsale gehad het. Hy het Maandag in die Oberholzer-landdroshof
verskyn waartydens sy borgaansoek geweier is. Die saak is vir verdere
ondersoek uitgestel. 'n Saak van poging tot verkragting (nekrofilie)
word tans teen hom ondersoek. Die man, glo in sy twintigerjare, is
Donderdag omstreeks 17:00 betrap. Die hoof uitvoerende beampte van
die Carletonville Hospitaal, mnr. Lungile Dukwana, het bevestig dat
die polisie besig is met 'n ondersoek na die beweerde verkragting.
Volgens hom is die hospitaal ook besig met 'n interne ondersoek
waarmee hulle hoop om meer feite oor die voorval in te win. Dit moet
ook nog vasgestel word hoe die pasiënt toegang tot die lyk kon gekry
het. Dukwana sê die hospitaal is geskok en betreur die beweerde
gebeurtenis. "Die welstand van ons pasiënte is vir ons baie
belangrik," sê hy. Volgens hom is die familie van die oorlede vrou
reeds oor die gebeurtenis in kennis gestel en die hospitaal se
simpatie is aan hulle oorgedra. Hy sê sienende dat die voorval tans
deur die polisie ondersoek word, kan daar nie verder kommentaar
gelewer word nie.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,,348_1458329~A,00.html
Re: Man vas ná seks met lyk [boodskap #88376 is 'n antwoord op boodskap #88369] Wo, 17 Desember 2003 19:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hoe op aarde kan 'n lyk verkrag word?
--
Annette

intekom.co.za> skryf in boodskap news:gl81uvgillfr8gdpm001lvu2dekd8najj1@4ax.com...
> Man vas ná seks met lyk
> Willie du Plessis
>
>
> 'n Pasiënt van die Carletonville Hospitaal is in hegtenis geneem ná hy
> glo op heterdaad betrap is terwyl hy seks met 'n lyk in een van die
> hospitaalsale gehad het. Hy het Maandag in die Oberholzer-landdroshof
> verskyn waartydens sy borgaansoek geweier is. Die saak is vir verdere
> ondersoek uitgestel. 'n Saak van poging tot verkragting (nekrofilie)
> word tans teen hom ondersoek. Die man, glo in sy twintigerjare, is
> Donderdag omstreeks 17:00 betrap. Die hoof uitvoerende beampte van
> die Carletonville Hospitaal, mnr. Lungile Dukwana, het bevestig dat
> die polisie besig is met 'n ondersoek na die beweerde verkragting.
> Volgens hom is die hospitaal ook besig met 'n interne ondersoek
> waarmee hulle hoop om meer feite oor die voorval in te win. Dit moet
> ook nog vasgestel word hoe die pasiënt toegang tot die lyk kon gekry
> het. Dukwana sê die hospitaal is geskok en betreur die beweerde
> gebeurtenis. "Die welstand van ons pasiënte is vir ons baie
> belangrik," sê hy. Volgens hom is die familie van die oorlede vrou
> reeds oor die gebeurtenis in kennis gestel en die hospitaal se
> simpatie is aan hulle oorgedra. Hy sê sienende dat die voorval tans
> deur die polisie ondersoek word, kan daar nie verder kommentaar
> gelewer word nie.
>
>
> http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
> _Template/0,,348_1458329~A,00.html
>
Re: Man vas ná seks met lyk [boodskap #88380 is 'n antwoord op boodskap #88376] Wo, 17 Desember 2003 20:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Dec 2003 21:15:08 +0200, "Annette" wrote:

> Hoe op aarde kan 'n lyk verkrag word?

Dit was 'n vraag wat ek ook gevra het, Annette. Op die oomblik
is dit nog hoofopskrifte teen die lamppale in Carletonville.
Tog dink ek dat die bewoording reg gekies is, omdat verkragting
seks sonder toestemming is. Jy kan maar aanvaar dat daar
geen toestemming was nie.

Dit is een van die hospitale wat bouwer so opgehemel het, tye
gelede. Nie by name 'Carletonville Hospitaal' nie, maar dit is
een van die staatshospitale waaroor sy soveel kennis dra,
al het sy jare gelede al vir die swart gevaar gevlug. 'n Hospitaal
waar daar selfs 'n tyd gelede 'n lyk in 'n kamer gekry is, wat al
gedeeltelik ontbind was. 'n Hospitaal met 'n berugte geskiedenis.
Re: Man vas ná seks met lyk [boodskap #88389 is 'n antwoord op boodskap #88380] Do, 18 Desember 2003 04:13 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis komkommertyd - die snert wat die nuusberigte maak slaan my stom.
Ook - hiervolgens ondersoek die polisie 'n saak - waarom wou hulle nou die
naasbestaandes van die "verkragte lyk" nou reeds in kennis stel?

"DD" skryf in boodskap news:red1uv4khmp5s8ln23ggrm8r2mbs4ivoot@4ax.com...
> On Wed, 17 Dec 2003 21:15:08 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Hoe op aarde kan 'n lyk verkrag word?
>
> Dit was 'n vraag wat ek ook gevra het, Annette. Op die oomblik
> is dit nog hoofopskrifte teen die lamppale in Carletonville.
> Tog dink ek dat die bewoording reg gekies is, omdat verkragting
> seks sonder toestemming is. Jy kan maar aanvaar dat daar
> geen toestemming was nie.
>
> Dit is een van die hospitale wat bouwer so opgehemel het, tye
> gelede. Nie by name 'Carletonville Hospitaal' nie, maar dit is
> een van die staatshospitale waaroor sy soveel kennis dra,
> al het sy jare gelede al vir die swart gevaar gevlug. 'n Hospitaal
> waar daar selfs 'n tyd gelede 'n lyk in 'n kamer gekry is, wat al
> gedeeltelik ontbind was. 'n Hospitaal met 'n berugte geskiedenis.
>
Vorige onderwerp: NG ouers wil stokkie steek voor 'kettery'
Volgende onderwerp: Nog 'n versoek aan Frikkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 02:26:18 MGT 2024