Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Maria " deur ELIZABETH EYBERS
" Maria " deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #88345] Wo, 17 Desember 2003 02:17 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Elizabeth Eybers

Maria

'n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap - en jy het
'n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink eenmaal sou hê
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met 'n glimlag langs
jou liggaam stryk . die stilte instaar .
wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hê sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal - geeneen
om in jou nood by jou te staan -
het jy geweet dat hy alléén
Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon,
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was: Ek het dors!

Toe dit verby was en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan -
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?
Re: " Maria " deur ELIZABETH EYBERS [boodskap #88346 is 'n antwoord op boodskap #88345] Wo, 17 Desember 2003 03:53 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - wat word nou van Uys Krige - ek is seker dit kom in of Senior, of
Grootverseboek voor.
Eenstyd was Leipoldt en Uys my geliefkoosde digters - in my "vorige"
bestaan. Beide het vir my baie vry en onverbonde voorgekom - my indruk van
romanties.
Ek het heelwat na Uys Krige as gasspreker aan die Universiteit van Natal
geluister tydens die "public lecture" - gewoonlik was dit op Donderdae
tussen 13:00 en 14:00. 'n Indrukwekkende kommunikeerder wat die gehoor
saamgevoer het bloot deur nie hul intellek te onderskat nie - hy kon 'n sin
halfpad breek en na die volgende onderwerp beweeg terwyl die smaak van die
vorige onderwerp nog nie behore verteer is nie.
(Uys en EG Malherbe was groot vrinde - uit die 2de Wêreld-oorlog. Lees gerus
EG se biografie - ek dink dis "No dull moment" - met 'n Amerikaanse
uitgewer. 'n Interessante man met 'n kleurryke lewe.)
Onthou jy - "O swawels wat swart sos brokaat jul wentel oor die doringdraad
..."

"@rogers.com" wrote in message
news:i1PDb.58742$ea%.27848@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
> Elizabeth Eybers
>
> Maria
>
> 'n Engel het dit self gebring,
> die vreugde-boodskap - en jy het
> 'n lofsang tot Gods eer gesing,
> Maria, nooi uit Nasaret!
>
> Maar toe Josef van jou wou skei
> en bure-agterdog jou pla,
> het jy kon dink eenmaal sou hê
> die hele wêreldskande dra?
>
> Toe jy soms met 'n glimlag langs
> jou liggaam stryk . die stilte instaar .
> wis jy met hoeveel liefde en angs
> sou hê sy hellevaart aanvaar?
>
> Die nag daar in die stal - geeneen
> om in jou nood by jou te staan -
> het jy geweet dat hy alléén
> Getsemane sou binnegaan?
>
> Toe vorste uit die Ooste kom
> om nederig hulde te betoon,
> wis jy hoe die soldate hom
> tot koning van die volk sou kroon?
>
> En toe hy in jou arms lê,
> sy mondjie teen jou volle bors,
> het jy geweet dat hy sou sê,
> toe dit te laat was: Ek het dors!
>
> Toe dit verby was en jy met
> sy vriend Johannes huis toe gaan -
> Maria, vrou van smarte, het
> jy tóé die boodskap goed verstaan?
>
Vorige onderwerp: " Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Die Blinde se Geloof " deur UYS KRIGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 21:33:17 MGT 2024