Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW
" Die boodskap aan Maria " deur NP van Wyk LOUW [boodskap #88275] So, 14 Desember 2003 16:30
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
N.P. van Wyk Louw

Die boodskap aan Maria

Sy 't deur die skaduwee gegaan
in die soet lentenag,
skraal-wit en skemerig en nog sku
van naamlose verwag;
soos 'n groot nagblom oop
waaroor die motte bewend hang,
so was sy onder die sterre, in haar
onwetende verlang.
Maar toe Hy kom, het sy geweet.
Geen stem was daar,
net enkele sterre donkerder
en blydskap soos 'n tent óm haar;
en alle verlange buitekant
het trug- en tuisgekeer
tot innigheid, en rus gekry
soos waters in 'n donker meer,
en huiswaarts oor die paaie het sy
gepeins dat vreugde sê kon wees:
vervuld en woordeloos, en stil
geglimlag oor haar verre vrees.
Vorige onderwerp: " ses narratiewe uit die Richtersveld " deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: " Maria " deur ELIZABETH EYBERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 23:59:42 MGT 2024