Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller [boodskap #88290] Ma, 15 Desember 2003 08:59 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
LIESL PRETORIUS

DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
misluk nog voordat baie kon plant.

Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
inwoners van algehele ondergang te red".

Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".

Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
plant nie.

Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.

Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".

Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.

Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
ook dat hulle werkers moet afdank.

Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.

Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.

Weiding in die distrik het verdroog.

Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
se beeste vrek "teen 'n spoed".

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
kant maak.

Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.

Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1459730,00. html
Re: Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller [boodskap #88298 is 'n antwoord op boodskap #88290] Ma, 15 Desember 2003 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie 'n droogte kan al hoe feller woed nie. 'n Storm kan wel. Droogte
kan egter al hoe erger toeneem.
--
Annette

"Frikkie Potgieter"  skryf in boodskap news:sftqtvkia283pdru04qfcd23i01ma7fji9@4ax.com...
>  Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
>  LIESL PRETORIUS
>
>  DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
>  die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
>  misluk nog voordat baie kon plant.
>
>  Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
>  dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
>  inwoners van algehele ondergang te red".
>
>  Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
>  en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
>  organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".
>
>  Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
>  die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
>  en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
>  plant nie.
>
>  Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
>  en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.
>
>  Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
>  Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
>  die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".
>
>  Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
>  daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.
>
>  Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
>  boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
>  ook dat hulle werkers moet afdank.
>
>  Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
>  boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
>  probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.
>
>  Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
>  Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
>  2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.
>
>  Weiding in die distrik het verdroog.
>
>  Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
>  beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
>  se beeste vrek "teen 'n spoed".
>
>  Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
>  kant maak.
>
>  Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
>  maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
>  besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.
>
>  Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
>  verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
>  Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
>  donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.
>
>   http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1459730,00. html
Re: Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller [boodskap #88313 is 'n antwoord op boodskap #88298] Di, 16 Desember 2003 05:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n ander maar dieselfde noot Annette. Het "Kyknet" 'n Afrikaanse
taalraadgewer. Luister gerus na 'n rugby of krieketuitsending (John van
Rensburg veral) vir die mees grusame taalfoute. Soveelso dat self ek
daarvoor ril. Byvoorbeeld - onlangs sê John v Rensburg - "hy het die
probleme uitgesorteer..." As daar 'n taalraadgewer bestaan moet iemand Van
Rensburg "uitsorteer" - van rugby weet hy boggerol so 'n mens sou verwag dat
sy forte sy taalvermoë wees.

"Annette"  skryf in boodskap news:brk11l$p56$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>  Ek dink nie 'n droogte kan al hoe feller woed nie. 'n Storm kan wel. Droogte
>  kan egter al hoe erger toeneem.
>  --
>  Annette
>  "Frikkie Potgieter"  wrote in message
>  news:sftqtvkia283pdru04qfcd23i01ma7fji9@4ax.com...
>>  Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
>>  LIESL PRETORIUS
>>
>>  DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
>>  die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
>>  misluk nog voordat baie kon plant.
>>
>>  Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
>>  dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
>>  inwoners van algehele ondergang te red".
>>
>>  Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
>>  en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
>>  organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".
>>
>>  Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
>>  die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
>>  en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
>>  plant nie.
>>
>>  Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
>>  en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.
>>
>>  Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
>>  Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
>>  die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".
>>
>>  Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
>>  daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.
>>
>>  Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
>>  boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
>>  ook dat hulle werkers moet afdank.
>>
>>  Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
>>  boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
>>  probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.
>>
>>  Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
>>  Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
>>  2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.
>>
>>  Weiding in die distrik het verdroog.
>>
>>  Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
>>  beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
>>  se beeste vrek "teen 'n spoed".
>>
>>  Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
>>  kant maak.
>>
>>  Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
>>  maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
>>  besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.
>>
>>  Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
>>  verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
>>  Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
>>  donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.
>>
>>   http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1459730,00. html
>
Re: Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller [boodskap #88315 is 'n antwoord op boodskap #88313] Di, 16 Desember 2003 05:47 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is een van die enkele gelukkiges is wat nie betaal om swak Afrikaans op
Kyknet te hoor nie:))
Die omroepers op RSG is al erg genoeg.
Ek het 'n teorie daaroor.
Dis mos deesdae die radio en TV-stasies se hoofdoel om te kyk hoeveel wins
hulle kan maak - dis mos vir hulle die hoofrede om te bewys hoe goed en
gewild hulle is.
Om geld te mors op navorsers om feite na te gaan, en taalkundiges om
insetsels in keurige Afrikaans te versorg en uitsaaiers wat Afrikaans goed
genoeg kan praat om te weet dat wanneer swak Afrikaans gebesig word was van
die eerste besluite wat geneem is in die gejaag na wins.
Die enigste rede hoekom John v Rensburg uitsaai is omdat hy 'n goeie kennis
in die regte posisie het.
Nou kom ons natuurlik by Supersport - en wie dink jy van die gereelde
paneel, ongeag watter sport ookal, het 'n lid wat Afrikaans rustig en korrek
wil praat? Naas inkluis, die hele lot se taalopleiding skort ernstig te
kort.

--
Annette

"Jonas"  skryf in boodskap news:brm5jo$s0c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>  Op 'n ander maar dieselfde noot Annette. Het "Kyknet" 'n Afrikaanse
>  taalraadgewer. Luister gerus na 'n rugby of krieketuitsending (John van
>  Rensburg veral) vir die mees grusame taalfoute. Soveelso dat self ek
>  daarvoor ril. Byvoorbeeld - onlangs sê John v Rensburg - "hy het die
>  probleme uitgesorteer..." As daar 'n taalraadgewer bestaan moet iemand Van
>  Rensburg "uitsorteer" - van rugby weet hy boggerol so 'n mens sou verwag dat
>  sy forte sy taalvermoë wees.
>
>  "Annette"  wrote in message
>  news:brk11l$p56$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>>  Ek dink nie 'n droogte kan al hoe feller woed nie. 'n Storm kan wel.
>  Droogte
>>  kan egter al hoe erger toeneem.
>>  --
>>  Annette
>>  "Frikkie Potgieter"  wrote in message
>>  news:sftqtvkia283pdru04qfcd23i01ma7fji9@4ax.com...
>>>  Droogte in Vrystaat woed nou al hoe feller
>>>  LIESL PRETORIUS
>>>
>>>  DIE hulpkreet van boere weerklink al hoe dringender in groot dele van
>>>  die Vrystaat waar vee op 'n streep vrek en die mielie-oes dreig om te
>>>  misluk nog voordat baie kon plant.
>>>
>>>  Die boereverenigings van Excelsior en Verkeerdevlei het versoek dat
>>>  dié plekke tot rampgebied verklaar word om "die distrik en sy
>>>  inwoners van algehele ondergang te red".
>>>
>>>  Vrystaat Landbou het die regering gevra om die droogte te ondersoek
>>>  en hulpmaatreëls te oorweeg. Mnr. Lullu de Jager, bestuurder van
>>>  organisasie en ontwikkeling, sê dit "stuur op 'n ramp af".
>>>
>>>  Die droogte veroorsaak swak veldtoestande en 'n "drastiese" afname in
>>>  die kondisie van vee. Dit het 'n ondergemiddelde koringoes meegebring
>>>  en veroorsaak dat baie boere nog nie somergewasse (veral mielies) kon
>>>  plant nie.
>>>
>>>  Boere sukkel reeds weens hoë insetkoste en wisselende pryse van vee
>>>  en graan. 'n Misoes en hoë voerkoste bedreig nou baie se oorlewing.
>>>
>>>  Mnr. Corné Pienaar, voorsitter van die boerevereniging in
>>>  Verkeerdevlei, sê 40 stuks grootvee het weens die droogte gevrek. In
>>>  die woonbuurt Tshepong vrek "bykans vyf beeste per week".
>>>
>>>  Stygende lusernpryse maak dit "onekonomies" om vee te voer. Die
>>>  daling in veepryse maak dit moeilik om te verkoop.
>>>
>>>  Volgens Pienaar veroorsaak dié toestand kontantvloeiprobleme wat
>>>  boere dwing om plaaswerkers te verminder. In Excelsior vrees boere
>>>  ook dat hulle werkers moet afdank.
>>>
>>>  Mnr. Deryck Holmes, sekretaris van die boerevereniging, sê party
>>>  boere het glad nie mielies geplant nie. Dit kan in die winter
>>>  probleme veroorsaak, omdat vee op mieliereste oorwinter.
>>>
>>>  Die sonneblomme wat in September geplant is, verdroog "by die dag".
>>>  Dié wat nie voor 15 Januarie sonneblomme plant nie, moet tot Desember
>>>  2004 wag vir 'n inkomste wanneer die koring gestroop word.
>>>
>>>  Weiding in die distrik het verdroog.
>>>
>>>  Op die meentgrond waar inwoners van die woonbuurt Mahlatswetsa se
>>>  beeste wei, is weiding vir "nog net 'n paar dae oor". Dié kleinboere
>>>  se beeste vrek "teen 'n spoed".
>>>
>>>  Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) moes op 'n keer sewe beeste van
>>>  kant maak.
>>>
>>>  Holmes sê die laaste goeie reën (124 mm) het in Maart geval. In die 8
>>>  maande sedertdien moes boere klaarkom met 77 mm. In Tweespruit is die
>>>  besproeiingsdamme leeg. Boorgatwater verswak.
>>>
>>>  Volgens De Jager is reënbuie van minstens 50 mm tot 75 mm nodig om 'n
>>>  verskil te maak. ) Die kans op normale reënval in die Vrystaat tot 5
>>>  Januarie is volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens 50%. Die kans op
>>>  donderbuie Woensdag in die Sentraal-Vrystaat is 20%.
>>>
>>>   http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1459730,00. html
>>
>
Vorige onderwerp: 16 Desember
Volgende onderwerp: Aerbeydt - Aerbeydt.jpg (0/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:14:50 MGT 2024