Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hefer Kommissie
Hefer Kommissie [boodskap #88089] Di, 09 Desember 2003 05:21
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Een ding wat die Hefer kommissie goed al uitgewys het, is dat die mense wat
intelligensie te doen het, die skuim van die aarde is. Miskien is hulle
almal in mindere of meerdere mate psigopate, want vir hulle is 'n lewe
minder belangrik as 'n saak.
Bernie Ley wat gister getuig het, kon in die begin nie eers prontuit sê dat
hy gelieg het nie - maar genadiglik, deur sy getuies en bekentenis, hoef ons
nie te kyk na Niewoudt vandag nie.
Hoekom mense soos Niewoudt nog steeds vry rondloop en aangewend word deur
wie ookal met skelmstreke besig is, in plaas van om permanent in 'n klein
kamertjie opgesluit te wees met 'n agterstevoor baadjie met baie lang moue,
is maar nog net 'n vingerwysing na ons regstelsel.

--
Annette
Vorige onderwerp: Spameerders
Volgende onderwerp: Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 22:03:42 MGT 2024