Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging [boodskap #88079] Ma, 08 Desember 2003 19:49 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter[2]  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter[2]
Boodskappe: 439
Geregistreer: November 2000
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
ADRI KOTZÉ

Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs.

Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.

Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.

"Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
eenvoudig en reguit.

"Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
sake," sê Mbeki.

Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".

"Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."

Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
sakeondernemings soos Sasol.

"Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
ekonomiese noodsaaklikhede."

Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
van swart ekonomiese bemagtiging nie.

"Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.

"Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
woorde wat uit konteks geneem is."

Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
brandstof in die land geskep word.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1456109,00.htm l
Re: Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging [boodskap #88087 is 'n antwoord op boodskap #88079] Di, 09 Desember 2003 03:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Mbeki het homself, SASOL en die RSA lanklaas so erg in die voet geskiet met
hierdie swak berkende kritiek wat hy gelewer het.
Mbeki is seker hierdie land se grootste verleentheid en grootste las ooit.

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:udl9tvgb1a01s26ompc4pvvdsp2sfeafue@4ax.com...
> Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
> ADRI KOTZÉ
>
> Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
> transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
> petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
> bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
> aandelebeurs.
>
> Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
> die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
> voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
> genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
> enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
> slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
> aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
> die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
> aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.
>
> Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
> volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.
>
> "Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
> eenvoudig en reguit.
>
> "Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
> Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
> uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
> ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
> sake," sê Mbeki.
>
> Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
> dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
> van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".
>
> "Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
> in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
> bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
> rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."
>
> Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
> verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
> noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
> sakeondernemings soos Sasol.
>
> "Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
> ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
> ekonomiese noodsaaklikhede."
>
> Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
> was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
> en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
> van swart ekonomiese bemagtiging nie.
>
> "Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.
>
> "Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
> tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
> woorde wat uit konteks geneem is."
>
> Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
> proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
> brandstof in die land geskep word.
>
> http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1456109,00.htm l
>
Re: Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging [boodskap #88088 is 'n antwoord op boodskap #88087] Di, 09 Desember 2003 05:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dan praat ons nie eers van die blapse by die huidige gemenebesberaad nie.
Van hoofseun en gunsteling vier jaar gelede word hy nou gesien as die een
faktor wat nepad en die hele idee van 'n Afrika renaissence permanent sal
skaad en reeds geweldig skade aangedoen het.
Miskien moet daar 'n kommissie van ondersoek wees om tebgepaal presies
hoekom Mbeki en Me Zuma so onsettend lief vir Mugabe is, dat hulle nie kan
sien wat hy verkeerd doen nie, en hoekom Mbeki vir almal links en regs tot
so onlangs as twee maande gelede belieg het deur te sê dat daar
samesprekings is ( terwyl daar niks van die aard was nie) en dat Mugabe by
die kongres in Desember ( wat nou is) as president gaan bedank.
--
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:br3g2n$307$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Mbeki het homself, SASOL en die RSA lanklaas so erg in die voet geskiet met
> hierdie swak berkende kritiek wat hy gelewer het.
> Mbeki is seker hierdie land se grootste verleentheid en grootste las ooit.
> "Frikkie Potgieter" wrote in message
> news:udl9tvgb1a01s26ompc4pvvdsp2sfeafue@4ax.com...
>> Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
>> ADRI KOTZÉ
>>
>> Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
>> transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
>> petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
>> bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
>> aandelebeurs.
>>
>> Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
>> die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
>> voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
>> genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
>> enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
>> slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
>> aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
>> die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
>> aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.
>>
>> Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
>> volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.
>>
>> "Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
>> eenvoudig en reguit.
>>
>> "Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
>> Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
>> uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
>> ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
>> sake," sê Mbeki.
>>
>> Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
>> dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
>> van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".
>>
>> "Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
>> in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
>> bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
>> rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."
>>
>> Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
>> verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
>> noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
>> sakeondernemings soos Sasol.
>>
>> "Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
>> ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
>> ekonomiese noodsaaklikhede."
>>
>> Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
>> was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
>> en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
>> van swart ekonomiese bemagtiging nie.
>>
>> "Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.
>>
>> "Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
>> tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
>> woorde wat uit konteks geneem is."
>>
>> Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
>> proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
>> brandstof in die land geskep word.
>>
>> http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1456109,00.htm l
>>
>
Re: Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging [boodskap #88094 is 'n antwoord op boodskap #88088] Di, 09 Desember 2003 09:59 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien weet Mugabe iets van hulle wat hulle stil hou? Wie weet?
Toe Mbeki as president ingesweer is het hy onderneem om die belange van die
RSA bo alles te bevorder - daar was niks genoem van sy "vorige" lojaliteite
nie...

Op 'n ernstige noot - daar is heelwat ANC/SAKP/COSATU-ondersteuners wat
natuurlik glo dat wat Mugabe doen in die kol is, en dat dieselfde
grondhervormingsbeleid plaaslik nagevolg moet word. (Dit nav etlike
gesprekke verlede jaar met voormalige MK-lede.) Die ANC het reeds soveel
verdeeldheid in eie geledere dat 'n verdere verdeling nie bekostig kan word
nie. (Ek glo dat Thabo genoeg insig het om te besef dat Mugabe besig is om
die SADEC-droom in 'n nagmerrie te omskep.)

"Annette" skryf in boodskap news:br3mbc$4de$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dan praat ons nie eers van die blapse by die huidige gemenebesberaad nie.
> Van hoofseun en gunsteling vier jaar gelede word hy nou gesien as die een
> faktor wat nepad en die hele idee van 'n Afrika renaissence permanent sal
> skaad en reeds geweldig skade aangedoen het.
> Miskien moet daar 'n kommissie van ondersoek wees om tebgepaal presies
> hoekom Mbeki en Me Zuma so onsettend lief vir Mugabe is, dat hulle nie kan
> sien wat hy verkeerd doen nie, en hoekom Mbeki vir almal links en regs tot
> so onlangs as twee maande gelede belieg het deur te sê dat daar
> samesprekings is ( terwyl daar niks van die aard was nie) en dat Mugabe by
> die kongres in Desember ( wat nou is) as president gaan bedank.
> --
> Annette
> "Jonas" wrote in message
> news:br3g2n$307$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Mbeki het homself, SASOL en die RSA lanklaas so erg in die voet geskiet met
>> hierdie swak berkende kritiek wat hy gelewer het.
>> Mbeki is seker hierdie land se grootste verleentheid en grootste las ooit.
>> "Frikkie Potgieter" wrote in message
>> news:udl9tvgb1a01s26ompc4pvvdsp2sfeafue@4ax.com...
>>> Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
>>> ADRI KOTZÉ
>>>
>>> Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
>>> transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
>>> petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
>>> bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
>>> aandelebeurs.
>>>
>>> Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
>>> die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
>>> voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
>>> genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
>>> enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
>>> slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
>>> aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
>>> die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
>>> aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.
>>>
>>> Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
>>> volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.
>>>
>>> "Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
>>> eenvoudig en reguit.
>>>
>>> "Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
>>> Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
>>> uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
>>> ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
>>> sake," sê Mbeki.
>>>
>>> Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
>>> dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
>>> van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".
>>>
>>> "Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
>>> in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
>>> bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
>>> rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."
>>>
>>> Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
>>> verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
>>> noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
>>> sakeondernemings soos Sasol.
>>>
>>> "Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
>>> ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
>>> ekonomiese noodsaaklikhede."
>>>
>>> Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
>>> was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
>>> en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
>>> van swart ekonomiese bemagtiging nie.
>>>
>>> "Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.
>>>
>>> "Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
>>> tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
>>> woorde wat uit konteks geneem is."
>>>
>>> Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
>>> proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
>>> brandstof in die land geskep word.
>>>
>>> http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1456109,00.htm l
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Hefer Kommissie
Volgende onderwerp: Honderde koeie in Zim vrek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 06 14:41:23 MGT 2024