Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dra by
Dra by [boodskap #87788] Ma, 01 Desember 2003 09:04 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Op RSG se webblad, vra Magdaleen Kruger in menings vir luisteraars se
insette ivm die programme wat op RSG aangebied word.
Dit behoort interessant te wees om te sien wat daar gaan uitkom.

Sy noem spesifiek die musiekgeraasprogram Maandagaande, wat glo "duisende
jongmense" nou weer na RSG laat luister, en dat "'n klomp" nou selfs na
Johan se Dis Opera program ook luister.
Ek het voorgestel dat hulle die program in 'n later tydgleuf ( byv 9nm)
aanbied, nadat die miljoene ouer luisteraars bed toe is.
Die lawaaiprogram word op Maandagaande om 8nm aangebied.
Dis Opera op Sondae om 10nm.

--
Annette
Re: Dra by [boodskap #87831 is 'n antwoord op boodskap #87788] Ma, 01 Desember 2003 20:50 Na vorige boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Moet sê, ek hou van radio terwyl ek in die motorhuis rondploeter. Net nie
van hierdie onderaardse geraas waarvan jy praat nie. Gedag "Wolfenstein" is
een-of-ander riller se hoofkarakter maar dit blyk om 'n gewilde "rock band"
te wees. Die uiteindelike effek bly egter dieselfde.

Nadat ek na SAFM oorgeskakel het kry ek meer inligting en vermaak as ou
Johan se getjommel. En ek het gedink dat die Ingelse liberaal is !
Vorige onderwerp: Konsert
Volgende onderwerp: Toets jou mensekennis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 10:54:25 MGT 2024