Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wens ek's weer klein.
Wens ek's weer klein. [boodskap #87719] Sa, 29 November 2003 08:10 na volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek is elke keer verstom om te sien wat se mooi speelgoed tot die kinders van
vandag se beskikking is. Dis goed wat ek as laaitie sou begeer het. Vandag
se Lego het bv. ratte, katrolle, hidroulika, elektriese motortjies met
skakelaars en allerhande sensors, en dan nog die heel beste, die LEGO
waarmee mens robotte kan bou en instruksies m.b.v. 'n rekenaar kan gee om
allerhande bewegings uit te voer. Hier by 'n speelgoedwinkel sien ek vandag
so 'n stelletjie met koperdraad en allerhande magnete en ander goed daarin -
dis toe die komponente waarmee mens 'n werkende elektriese motor kan maak.
En in 'n ander sakkie die komponente vir 'n oudheidse deurklokkie. Nogal
indrukwekkend.

Ongelukkig is die meeste goed ook maar net 'n klomp plastiese @#% wat vanaf
China ingevoer word, veral die goed vir dogtertjies. Ek besluit toe om 'n
"matchbox" karretjie te koop vir iemand spesiaal. 'n Ingevoerde Italiaanse
4x4. Man kan die Italiaaners darem vir jou matchbokse maak - iets om te
sien.

Spencer
Re: Wens ek's weer klein. [boodskap #87724 is 'n antwoord op boodskap #87719] Sa, 29 November 2003 14:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Spencer" wrote

. Vandag
> se Lego het bv. ratte, katrolle, hidroulika, elektriese motortjies met
> skakelaars en allerhande sensors, en dan nog die heel beste, die LEGO
> waarmee mens robotte kan bou

In verband met die lego. Los maar al daardie
duur gemeganiseerde goed uit. Sorg net dat
jy baie basiese lego het, en hou die goed. Toe
ons uit ons huis uit getrek het, het ek gesorg
dat al die duisternis klomp lego na een van my
kinders gaan. Later het ek weer 'n klompie
daarvan teruggekry sodat van my ander klein-
kinders daarmee in my sitkamer kan speel.
Dit is verbasend hoe geinteresseerd hulle is
om dingetjies te bou en te fantaseer daaromtrent,
en hoe lief hulle daarvoor is dat jy vir hulle iets
aanmekaar sit. Maak nie saak of dit iets
futuristies is nie.

Gloudina
Re: Wens ek's weer klein. [boodskap #87736 is 'n antwoord op boodskap #87724] Sa, 29 November 2003 19:54 Na vorige boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis waar. Meeste van die tyd is dit die eenvoudigste goed waarvan die
kinders die meeste hou.

"@rogers.com" wrote in message
news:G42yb.91376$Fv8.370@twister01.bloor.is.net.cable.rogers .com...
>
> "Spencer" wrote
>
> . Vandag
>> se Lego het bv. ratte, katrolle, hidroulika, elektriese motortjies met
>> skakelaars en allerhande sensors, en dan nog die heel beste, die LEGO
>> waarmee mens robotte kan bou
>
> In verband met die lego. Los maar al daardie
> duur gemeganiseerde goed uit. Sorg net dat
> jy baie basiese lego het, en hou die goed. Toe
> ons uit ons huis uit getrek het, het ek gesorg
> dat al die duisternis klomp lego na een van my
> kinders gaan. Later het ek weer 'n klompie
> daarvan teruggekry sodat van my ander klein-
> kinders daarmee in my sitkamer kan speel.
> Dit is verbasend hoe geinteresseerd hulle is
> om dingetjies te bou en te fantaseer daaromtrent,
> en hoe lief hulle daarvoor is dat jy vir hulle iets
> aanmekaar sit. Maak nie saak of dit iets
> futuristies is nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Die doringboom se les - Deur Dan Roodt
Volgende onderwerp: Van tafels wat draai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:49:42 MGT 2024