Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opvallend
Opvallend [boodskap #87392] |
So., 23 November 2003 17:15  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Goei dag elkeen!
Dis tog baie opvallend op hierdie nuusgroep: dis Vrydagaand en ineens
kom hier niemand meer nie. Ook Saterdag nie en ook nie Sondag nie.
Ja, hoogstens 'n uitsondering soos Suidwester en ek self. Dis naweek
en niemand uit SA het nog behoefte om hier 'n berig te plaas nie. Ek
verstaan nie hoekom.
Weet julle wat ek dink? Ek dink hier is 'n klomp mense wat eintlik nie
wil praat oor die kultuur van Suid-Afrika nie. Wat wil hulle dan wel?
Hulle wil slegs permanent aanwesig wees gedurende die week om sodoende
'n bekendheid op te bou en die ernstige lesers 'n bietjie besig te
hou. Sodoende maak hulle 'n bedekte publisiteit vir hulle sake.
Sou hulle miskien van die assuransiemaatskappye wees? Of van die
bankwese? Ek dink hulle is en hulle maak misbruik van hierdie
nuusgroep.
Groete uit Vlaandere
Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Opvallend [boodskap #87424 is 'n antwoord op boodskap #87419] |
Ma., 24 November 2003 08:38   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 24 Nov 2003 10:03:14 +0200, "Elaine" wrote:
> Jy moet darem ook onthou Norbert dat baie mense nie perm. toegang tot die
> net het by die huis nie, dis net eenvoudig te duur vir jou gewone outjie op
> straat. Baie, ek sou sê die meeste, mense se Internet toegang geskiet nog
> met 'n doodgewone 56k "dial-up" modem, en as jy lank op die Internet
> ronddwaal dmv so konneksie kan dit nogal 'n duur storie raak, want hier by
> ons betaal mens vir plaaslike oproepe. Baie mense het ook net toegang by
> die werk, so in SA val al wat 'n web site se statistiek is oor die naweke
> (ek sien dit met my eie sites). Van Maandag af tel dit weer op, net om weer
> op Vrydag te begin val.
>
Inderdaad, Elaine, ek het ook gedink wat jy hier skryf. Waarskynlik
het inderdaad nie baie mense toegang tot die Internet in hulle huis
nie en skryf hulle artikels by hulle werkgewer. Dis waarskynlik net so
waarom ook snags hier baie artikels verskyn wat tog nie buite SA gepos
het gewees nie! :-) Mense wat snags werk en op die rekenaars van hulle
baas artikels skryf! :-)
Norbert
|
|
|
|
Re: Opvallend - somber_weer.jpg (0/1) [boodskap #87429 is 'n antwoord op boodskap #87404] |
Ma., 24 November 2003 09:03   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 24 Nov 2003 03:11:54 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Sterrenkijker wrote
>
> Hier in
>> Vlaandere is alles so droewig, donker, reenagtig en koud. Ek word
>> warempel naargeestig daarvan. En die dae is so baie kort
>
> Toemaar, Norbert, oor minder as 'n maand is dit
> die wintersonstilstand en dan begin die dae weer
> langer word. Maar ek het simpatie met jou. Om
> die son om halfvyf al onder te sien gaan, is nie
> lekker nie. Gelukkig kry ons nog amper altyd
> temperature bo zero, wat ongewoon is hierdie
> tyd van die jaar. Daar is nog geen sneeu op die
> grond nie.
>
> Gloudina
>
Jy is reg, Gloudina. Ek hoop maar die winter is gou verby. Ons het ook
nog geen vriesweer nie maar die mees deprimerende is die donkere dae.
Vriesweer sou eintlik beter wees omdat dan die son skyn. Nou is hier
dag-in dag-uit wolke en mis en daar is geen sprietjie son nie. Moet
eens hier loer hoe die lug hier om 8.30 u smôrens uitsien en dis net
so vir die res van die dag. En dis nou al weke so! Ek dink ek gaan
vanaand maar eens my hoogteson neem en van 'n sonbad geniet.
Groete uit Vlaandere
Norbert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Opvallend [boodskap #87476 is 'n antwoord op boodskap #87473] |
Ma., 24 November 2003 18:19   |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 24 Nov 2003 15:55:45 GMT, Paul de Dilbeek wrote:
> On Mon, 24 Nov 2003 16:06:00 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek is my eie baas, so ek misbruik geen baas se geld nie.
>
> Amai Annette,dan kry jy maandliks een gepeperde rekening
>
> Paul
Maar julle praat van koste op internet terwyl op
dialup konneksie, al duur dit die hele naweek,
vir slegs R7.00 gedoen kan word.
Ek werk vir myself en die modem wat ek op
kantoor gebruik, het 'n firewall wat beteken
dat ek ondermeer, nie daarop nuusgroepe
kan lees nie. Dit beteken dus dat elke woord
wat ek hier sê, uit my huis gedoen word.
Die server (of bediener:-) wat ek op
kantoor gebruik, is ook nuusgroeploos.
DD
|
|
|
Re: Opvallend [boodskap #87504 is 'n antwoord op boodskap #87476] |
Di., 25 November 2003 09:26   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ja, totdat Windows uitbom, of jou konneksie drop (wat nogal baie gebeur) of
totdat Mweb, Posix, Iafrica, AOL of watter ene ookal besluit jy's nou lank
genoeg op en die Internet namens jou afsny of totdat die weer swaar word en
jy noodgedwonge moet afsit, ens . Ek het ook die R7 call ding gehad en die
modem was op die Linux box gewees, Linux bom nooit nie so ek het regtig net
R7 per naweek betaal - todat Mweb besluit (gewoonlik laat Saterdag aand),
hulle "werk" nou aan die lyne.
"DD" wrote:
> Maar julle praat van koste op internet terwyl op
> dialup konneksie, al duur dit die hele naweek,
> vir slegs R7.00 gedoen kan word.
> DD
>
|
|
|
Re: Opvallend [boodskap #87506 is 'n antwoord op boodskap #87454] |
Di., 25 November 2003 09:27  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gelukkig kan ek met 'n skoon gewete sê ek "abuse" net my eie geld :))
E
"Sterrenkijker" wrote:
> Nou, dit word meer en meer duidelik hoe sake werk hier! :-)
> Ha-ha-ha!!! :-)
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Apr. 16 00:50:04 UTC 2025
|