Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Opvallend
Opvallend [boodskap #87392] So, 23 November 2003 17:15 na volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Goei dag elkeen!

Dis tog baie opvallend op hierdie nuusgroep: dis Vrydagaand en ineens
kom hier niemand meer nie. Ook Saterdag nie en ook nie Sondag nie.
Ja, hoogstens 'n uitsondering soos Suidwester en ek self. Dis naweek
en niemand uit SA het nog behoefte om hier 'n berig te plaas nie. Ek
verstaan nie hoekom.
Weet julle wat ek dink? Ek dink hier is 'n klomp mense wat eintlik nie
wil praat oor die kultuur van Suid-Afrika nie. Wat wil hulle dan wel?
Hulle wil slegs permanent aanwesig wees gedurende die week om sodoende
'n bekendheid op te bou en die ernstige lesers 'n bietjie besig te
hou. Sodoende maak hulle 'n bedekte publisiteit vir hulle sake.
Sou hulle miskien van die assuransiemaatskappye wees? Of van die
bankwese? Ek dink hulle is en hulle maak misbruik van hierdie
nuusgroep.

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87400 is 'n antwoord op boodskap #87392] So, 23 November 2003 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Ek dink net meeste van die mense is in die buitelug doenig oor naweke - dit
is mos kultuurbeoefening, of wat? Met sulke alomteenswoordige sonskynweer
sal jy ook heeltyd buitekant besig wees. Het juis gister gereen en dit het
wragties 3 emmers droë sand gekos om my by te bring.......
Re: Opvallend [boodskap #87401 is 'n antwoord op boodskap #87400] So, 23 November 2003 22:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 00:11:04 +0200, "Pete" wrote:

> Ek dink net meeste van die mense is in die buitelug doenig oor naweke - dit
> is mos kultuurbeoefening, of wat? Met sulke alomteenswoordige sonskynweer
> sal jy ook heeltyd buitekant besig wees. Het juis gister gereen en dit het
> wragties 3 emmers droë sand gekos om my by te bring.......
>

Hier reën dit die afgelope (sowat) 10 dae elke dag, Pete.
Gepaardgaande met tipiese Hoëveldse donderstorms:-)

DD
Re: Opvallend [boodskap #87402 is 'n antwoord op boodskap #87400] So, 23 November 2003 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 00:11:04 +0200, "Pete" wrote:

> Ek dink net meeste van die mense is in die buitelug doenig oor naweke - dit
> is mos kultuurbeoefening, of wat? Met sulke alomteenswoordige sonskynweer
> sal jy ook heeltyd buitekant besig wees. Het juis gister gereen en dit het
> wragties 3 emmers droë sand gekos om my by te bring.......
>

Ag, ja, ek het dit vergeet.. Dis mos mooi weer in SA, nè? Hier in
Vlaandere is alles so droewig, donker, reenagtig en koud. Ek word
warempel naargeestig daarvan. En die dae is so baie kort! In die huis
is elkeen siek van die verkouenthede. Ek mis die son en die heerlike
lange dae. Ook my groentjies sterf af in die tuin en ek het nog slegs
wat wintergroente. Ek kom bykans nie meer buite nie. Ook my poes sit
daar en sy is so dik en kweek 'n winterpels.
Julle sou eintlik meer moet gesels oor die mooi weer in SA.

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87404 is 'n antwoord op boodskap #87402] Ma, 24 November 2003 03:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sterrenkijker wrote

Hier in
> Vlaandere is alles so droewig, donker, reenagtig en koud. Ek word
> warempel naargeestig daarvan. En die dae is so baie kort

Toemaar, Norbert, oor minder as 'n maand is dit
die wintersonstilstand en dan begin die dae weer
langer word. Maar ek het simpatie met jou. Om
die son om halfvyf al onder te sien gaan, is nie
lekker nie. Gelukkig kry ons nog amper altyd
temperature bo zero, wat ongewoon is hierdie
tyd van die jaar. Daar is nog geen sneeu op die
grond nie.

Gloudina
Re: Opvallend [boodskap #87405 is 'n antwoord op boodskap #87392] Ma, 24 November 2003 03:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ons is nog in 'n tydperk van rou nadat die Springbokke in Sitbokke verander
het. En nog erger - ons probeer die trauma van 'n Engelse oorwinning te bowe
kom.
Maar ons sal - soos Jan Brand gesê het - "voor in die ligpad brand 'n wa
..."

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:svp1sv46q64dsi4ugh4l9quch572dinim0@4ax.com...
> Goei dag elkeen!
>
> Dis tog baie opvallend op hierdie nuusgroep: dis Vrydagaand en ineens
> kom hier niemand meer nie. Ook Saterdag nie en ook nie Sondag nie.
> Ja, hoogstens 'n uitsondering soos Suidwester en ek self. Dis naweek
> en niemand uit SA het nog behoefte om hier 'n berig te plaas nie. Ek
> verstaan nie hoekom.
> Weet julle wat ek dink? Ek dink hier is 'n klomp mense wat eintlik nie
> wil praat oor die kultuur van Suid-Afrika nie. Wat wil hulle dan wel?
> Hulle wil slegs permanent aanwesig wees gedurende die week om sodoende
> 'n bekendheid op te bou en die ernstige lesers 'n bietjie besig te
> hou. Sodoende maak hulle 'n bedekte publisiteit vir hulle sake.
> Sou hulle miskien van die assuransiemaatskappye wees? Of van die
> bankwese? Ek dink hulle is en hulle maak misbruik van hierdie
> nuusgroep.
>
> Groete uit Vlaandere
>
> Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87419 is 'n antwoord op boodskap #87392] Ma, 24 November 2003 08:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet darem ook onthou Norbert dat baie mense nie perm. toegang tot die
net het by die huis nie, dis net eenvoudig te duur vir jou gewone outjie op
straat. Baie, ek sou sê die meeste, mense se Internet toegang geskiet nog
met 'n doodgewone 56k "dial-up" modem, en as jy lank op die Internet
ronddwaal dmv so konneksie kan dit nogal 'n duur storie raak, want hier by
ons betaal mens vir plaaslike oproepe. Baie mense het ook net toegang by
die werk, so in SA val al wat 'n web site se statistiek is oor die naweke
(ek sien dit met my eie sites). Van Maandag af tel dit weer op, net om weer
op Vrydag te begin val.

"Sterrenkijker" wrote:

> Goei dag elkeen!
>
> Dis tog baie opvallend op hierdie nuusgroep: dis Vrydagaand en ineens
> kom hier niemand meer nie. Ook Saterdag nie en ook nie Sondag nie.
> Ja, hoogstens 'n uitsondering soos Suidwester en ek self.
Re: Opvallend [boodskap #87424 is 'n antwoord op boodskap #87419] Ma, 24 November 2003 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 10:03:14 +0200, "Elaine" wrote:

> Jy moet darem ook onthou Norbert dat baie mense nie perm. toegang tot die
> net het by die huis nie, dis net eenvoudig te duur vir jou gewone outjie op
> straat. Baie, ek sou sê die meeste, mense se Internet toegang geskiet nog
> met 'n doodgewone 56k "dial-up" modem, en as jy lank op die Internet
> ronddwaal dmv so konneksie kan dit nogal 'n duur storie raak, want hier by
> ons betaal mens vir plaaslike oproepe. Baie mense het ook net toegang by
> die werk, so in SA val al wat 'n web site se statistiek is oor die naweke
> (ek sien dit met my eie sites). Van Maandag af tel dit weer op, net om weer
> op Vrydag te begin val.
>

Inderdaad, Elaine, ek het ook gedink wat jy hier skryf. Waarskynlik
het inderdaad nie baie mense toegang tot die Internet in hulle huis
nie en skryf hulle artikels by hulle werkgewer. Dis waarskynlik net so
waarom ook snags hier baie artikels verskyn wat tog nie buite SA gepos
het gewees nie! :-) Mense wat snags werk en op die rekenaars van hulle
baas artikels skryf! :-)

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87428 is 'n antwoord op boodskap #87419] Ma, 24 November 2003 08:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
SB[1]  is tans af-lyn  SB[1]
Boodskappe: 186
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink dat baie mense die internet by hulle werke gebruik deur die week.
Soos Elaine gese het, die dialup konneksie kos mens nogal duur per minuut.
Hoe werk julle plaaslike oproepe in Vlaandere, Norbert? Betaal julle per
minuut of per maand vir julle telefoon verbinding?

Spencer
Re: Opvallend - somber_weer.jpg (0/1) [boodskap #87429 is 'n antwoord op boodskap #87404] Ma, 24 November 2003 09:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 03:11:54 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Sterrenkijker wrote
>
> Hier in
>> Vlaandere is alles so droewig, donker, reenagtig en koud. Ek word
>> warempel naargeestig daarvan. En die dae is so baie kort
>
> Toemaar, Norbert, oor minder as 'n maand is dit
> die wintersonstilstand en dan begin die dae weer
> langer word. Maar ek het simpatie met jou. Om
> die son om halfvyf al onder te sien gaan, is nie
> lekker nie. Gelukkig kry ons nog amper altyd
> temperature bo zero, wat ongewoon is hierdie
> tyd van die jaar. Daar is nog geen sneeu op die
> grond nie.
>
> Gloudina
>

Jy is reg, Gloudina. Ek hoop maar die winter is gou verby. Ons het ook
nog geen vriesweer nie maar die mees deprimerende is die donkere dae.
Vriesweer sou eintlik beter wees omdat dan die son skyn. Nou is hier
dag-in dag-uit wolke en mis en daar is geen sprietjie son nie. Moet
eens hier loer hoe die lug hier om 8.30 u smôrens uitsien en dis net
so vir die res van die dag. En dis nou al weke so! Ek dink ek gaan
vanaand maar eens my hoogteson neem en van 'n sonbad geniet.

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87433 is 'n antwoord op boodskap #87428] Ma, 24 November 2003 09:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 21:52:03 +1300, "Spencer"
wrote:

> Ek dink dat baie mense die internet by hulle werke gebruik deur die week.
> Soos Elaine gese het, die dialup konneksie kos mens nogal duur per minuut.
> Hoe werk julle plaaslike oproepe in Vlaandere, Norbert? Betaal julle per
> minuut of per maand vir julle telefoon verbinding?
>
> Spencer
>
Nou, baie mense het ook nog 'n dial up konneksie maar die netwerk van
ADSL en kabel groei duiselingwekkend. Ek glo bykans 50% van die mense
hier het nou al breedband tuis en die getal groei nog steeds. Ek het
'n ADSL-verbinding en daarvoor betaal ek nou iets min as 40 euro per
maand. Dis in verhouding met SA nie baie duur nie want die lone is
hier ook hoër. Deur die grote bevolkingsdigtheid van onse kontreie kan
breedband goedkoop wees hier. Slegs 'n paar lande in die ganse wêreld
is hierin nog goedkoper as ons.

Groete uit Vlaandere

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87435 is 'n antwoord op boodskap #87424] Ma, 24 November 2003 09:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Miskien is daar 'n paar wat na-ure op hul base se rekenaars speel. Maar
tussen 7nm en 7vm (hulle noem dit "callmore") betaal ons minder vir ons
foonoproepe, die dat daar meer mense in die aand op die Internet gaan as
deur die dag.

"Sterrenkijker" wrote:

Dis waarskynlik net so
> waarom ook snags hier baie artikels verskyn wat tog nie buite SA gepos
> het gewees nie! :-) Mense wat snags werk en op die rekenaars van hulle
> baas artikels skryf! :-)
>
> Norbert
Re: Opvallend - somber_weer.jpg (1/1) [boodskap #87443 is 'n antwoord op boodskap #87392] Ma, 24 November 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 10:03:24 +0100, Sterrenkijker
wrote:

Norbert,om welk uur het jy die foto geneem?
Dit lyk wel die poolnag!
Terwyl ek dit skryf is nu buite baie sonneskyn en 12°C(24-11 12u35)

Paul
Re: Opvallend [boodskap #87444 is 'n antwoord op boodskap #87435] Ma, 24 November 2003 12:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die logiese gevolgtrekking behoort seker te wees dat die mense hulle werk se
Internet toegang gebruik? Ek ook, maar dan werk ek 7 dae van die week
normaalweg. Darem nou nie voldag oor die naweke nie, maar is omtrent elke
dag hier.

"Elaine" skryf in boodskap news:3fc1cf5b$0$64727@hades.is.co.za...
> Miskien is daar 'n paar wat na-ure op hul base se rekenaars speel. Maar
> tussen 7nm en 7vm (hulle noem dit "callmore") betaal ons minder vir ons
> foonoproepe, die dat daar meer mense in die aand op die Internet gaan as
> deur die dag.
>
> "Sterrenkijker" wrote:
>
> Dis waarskynlik net so
>> waarom ook snags hier baie artikels verskyn wat tog nie buite SA gepos
>> het gewees nie! :-) Mense wat snags werk en op die rekenaars van hulle
>> baas artikels skryf! :-)
>>
>> Norbert
>
Re: Opvallend [boodskap #87445 is 'n antwoord op boodskap #87444] Ma, 24 November 2003 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Deur die dag en week ja, dan gebruik mense die werk se rekenaars. Ek's 7 dae
'n week 24 uur 'n dag by die werk, so ek gebruik ook die "werk" se Internet
en rekenaars :)

E

"Suidwester" wrote:
> Die logiese gevolgtrekking behoort seker te wees dat die mense hulle werk se
> Internet toegang gebruik? Ek ook, maar dan werk ek 7 dae van die week
> normaalweg. Darem nou nie voldag oor die naweke nie, maar is omtrent elke
> dag hier.
Re: Opvallend - somber_weer.jpg (1/1) [boodskap #87452 is 'n antwoord op boodskap #87443] Ma, 24 November 2003 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 11:36:28 GMT, Paul de Dilbeek wrote:

> On Mon, 24 Nov 2003 10:03:24 +0100, Sterrenkijker
> wrote:
>
>
>
> Norbert,om welk uur het jy die foto geneem?
> Dit lyk wel die poolnag!
> Terwyl ek dit skryf is nu buite baie sonneskyn en 12°C(24-11 12u35)
>
> Paul

Maar Paul, tog! Ek is mos woonagtig in die noordelike kontreie van
Vlaandere, nè? Jy woon 'n bietjie meer ewenaar toe! Stap in jou motor
en kom loer hier! Ek het met my fotoprogram nog 'n bietjie meer
helderheid gegee anders was die landskap nie meer herkenbaar nie!
Ek glo in Dilbeek het hulle 'n mikroklimaat!
Daardie foto het ek vanmôre geneem om 8.30 u en my digitale kamera het
gedraai met varse batterytjies in!

Groete,

Norbert
Re: Opvallend [boodskap #87454 is 'n antwoord op boodskap #87445] Ma, 24 November 2003 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 14:28:22 +0200, "Elaine" wrote:

> Deur die dag en week ja, dan gebruik mense die werk se rekenaars. Ek's 7 dae
> 'n week 24 uur 'n dag by die werk, so ek gebruik ook die "werk" se Internet
> en rekenaars :)
>
> E
>
Nou, dit word meer en meer duidelik hoe sake werk hier! :-)
Ha-ha-ha!!! :-)

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Opvallend [boodskap #87459 is 'n antwoord op boodskap #87454] Ma, 24 November 2003 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek is my eie baas, so ek misbruik geen baas se geld nie.
--
Annette

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:ai24sv4kj4o2v44lr6j7e0pbeno98h8ta4@4ax.com...
> On Mon, 24 Nov 2003 14:28:22 +0200, "Elaine"
> wrote:
>
>> Deur die dag en week ja, dan gebruik mense die werk se rekenaars. Ek's 7 dae
>> 'n week 24 uur 'n dag by die werk, so ek gebruik ook die "werk" se Internet
>> en rekenaars :)
>>
>> E
>>
> Nou, dit word meer en meer duidelik hoe sake werk hier! :-)
> Ha-ha-ha!!! :-)
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Re: Opvallend [boodskap #87473 is 'n antwoord op boodskap #87459] Ma, 24 November 2003 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paul de Dilbeek  is tans af-lyn  Paul de Dilbeek
Boodskappe: 400
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 16:06:00 +0200, "Annette" wrote:

> Ek is my eie baas, so ek misbruik geen baas se geld nie.

Amai Annette,dan kry jy maandliks een gepeperde rekening

Paul
Re: Opvallend [boodskap #87476 is 'n antwoord op boodskap #87473] Ma, 24 November 2003 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DiDi[1]  is tans af-lyn  DiDi[1]
Boodskappe: 345
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 24 Nov 2003 15:55:45 GMT, Paul de Dilbeek wrote:

> On Mon, 24 Nov 2003 16:06:00 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek is my eie baas, so ek misbruik geen baas se geld nie.
>
> Amai Annette,dan kry jy maandliks een gepeperde rekening
>
> Paul

Maar julle praat van koste op internet terwyl op
dialup konneksie, al duur dit die hele naweek,
vir slegs R7.00 gedoen kan word.
Ek werk vir myself en die modem wat ek op
kantoor gebruik, het 'n firewall wat beteken
dat ek ondermeer, nie daarop nuusgroepe
kan lees nie. Dit beteken dus dat elke woord
wat ek hier sê, uit my huis gedoen word.

Die server (of bediener:-) wat ek op
kantoor gebruik, is ook nuusgroeploos.

DD
Re: Opvallend [boodskap #87504 is 'n antwoord op boodskap #87476] Di, 25 November 2003 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, totdat Windows uitbom, of jou konneksie drop (wat nogal baie gebeur) of
totdat Mweb, Posix, Iafrica, AOL of watter ene ookal besluit jy's nou lank
genoeg op en die Internet namens jou afsny of totdat die weer swaar word en
jy noodgedwonge moet afsit, ens . Ek het ook die R7 call ding gehad en die
modem was op die Linux box gewees, Linux bom nooit nie so ek het regtig net
R7 per naweek betaal - todat Mweb besluit (gewoonlik laat Saterdag aand),
hulle "werk" nou aan die lyne.

"DD" wrote:
> Maar julle praat van koste op internet terwyl op
> dialup konneksie, al duur dit die hele naweek,
> vir slegs R7.00 gedoen kan word.
> DD
>
Re: Opvallend [boodskap #87506 is 'n antwoord op boodskap #87454] Di, 25 November 2003 09:27 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gelukkig kan ek met 'n skoon gewete sê ek "abuse" net my eie geld :))

E

"Sterrenkijker" wrote:

> Nou, dit word meer en meer duidelik hoe sake werk hier! :-)
> Ha-ha-ha!!! :-)
>
> Norbert (uit Vlaandere)
>
Vorige onderwerp: Re: Long Queues At US Drive-In Soup Kitchens
Volgende onderwerp: Geschiedenis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 20:08:56 MGT 2024