Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » kollektiewe skuld in suid-afrika
kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8724] Wo, 05 Maart 1997 00:00 na volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hier's een vir almal wat die moed het om werklik daaraan te dink:

IS DAAR IETS SOOS KOLLEKTIEWE SKULD TANS IN SUID-AFRIKA? Indien nie,
hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?

groete

kakkies
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8725 is 'n antwoord op boodskap #8724] Wo, 05 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Mar 1997 19:46:54 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) wrote:

hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?>>>[/color]

1. Iemand gaan jou antwoord.
2. Jy gaan op hom of haar kak en se hulle praat twak.
3. Jy gaan dan van die nuusgroep verdwyn vir 'n tyd.
4. Dan gaan jy terugkom en kla dat dit 'n boring nuusgroep is.
5. Dan gaan jy 'n vraag stel wat jy reken "die perde lekker aan die
baklei gaan kry".

Ou Kakman, as kak-stirrer op 'n nuusgroep is jy 'n vlieggewig.
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8735 is 'n antwoord op boodskap #8724] Do, 06 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Hier's een vir almal wat die moed het om werklik daaraan te dink:
>
> IS DAAR IETS SOOS KOLLEKTIEWE SKULD TANS IN SUID-AFRIKA? Indien nie,
> hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?
>
Ek dink dat skuldgevoelens kan nie 'n kollektiewe konsep wees nie.
Skuldgevoelens sal seker maar afhang van 'n mens se betrokkenheid by dade wat
skuldgevoelens verwek. Dan sal 'n verdere faktor natuurlik ook 'n mens se vlak
van harteloosheid/hardvogtigheid asook mense se lewensfilosofie afhang.

Kollektiewe skuld is ook 'n relatiewe begrip en sal afhang van vlakke van
onvergewensgesindheid en sal ook afhang van dié wat kollektiewe skuld op 'n
groep of groepe wil plaas se bereidheid om te veralgemeen.

Ek trek gereeld mense aan op die net wat eers wil weet waar jy vandaan kom. Jy
sê "Suid Afrika" Hulle vra dan "Is jy 'n Europeer" Eks sê "nee ek is 'n "
Afrikaner met 'n ligte gelaatskleur" Hulle sê "O, dan is jy 'n Europeer" Ek sê
" My voorgeslagte woon al van 1675 af in Suid Afrika en ek het geen familie in
Europa nie" Hulle sê "O, alle blanke Suid Afrikaners is rassiste" Ek sê" Alle
Amerikaners wat suid van die Mason-Dixie lyn bly is ook rassiste" - dit is 'n
vorm van kollektiewe skuld probeer plaas waar dit nie bestaan nie.

-Gideon-
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8745 is 'n antwoord op boodskap #8724] Vr, 07 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Ek dink dat skuldgevoelens kan nie 'n kollektiewe konsep wees nie.
> Skuldgevoelens sal seker maar afhang van 'n mens se betrokkenheid by dade wat
> skuldgevoelens verwek. Dan sal 'n verdere faktor natuurlik ook 'n mens se vlak
> van harteloosheid/hardvogtigheid asook mense se lewensfilosofie afhang.

> Kollektiewe skuld is ook 'n relatiewe begrip en sal afhang van vlakke van
> onvergewensgesindheid en sal ook afhang van dié wat kollektiewe skuld op 'n
> groep of groepe wil plaas se bereidheid om te veralgemeen.

> Ek trek gereeld mense aan op die net wat eers wil weet waar jy vandaan kom. Jy
> sê "Suid Afrika" Hulle vra dan "Is jy 'n Europeer" Eks sê "nee ek is 'n "
> Afrikaner met 'n ligte gelaatskleur" Hulle sê "O, dan is jy 'n Europeer" Ek sê
> " My voorgeslagte woon al van 1675 af in Suid Afrika en ek het geen familie in
> Europa nie" Hulle sê "O, alle blanke Suid Afrikaners is rassiste" Ek sê" Alle
> Amerikaners wat suid van die Mason-Dixie lyn bly is ook rassiste" - dit is 'n
> vorm van kollektiewe skuld probeer plaas waar dit nie bestaan nie.

Miskien het jy my nie heeltemal reg verstaan nie. Ek moes my dalk ook
beter uitgedruk het. Waarvan ek eintlik praat, is die teenwoordigheid,
of nie, van 'n kollektiewe skuldgevoel, eerder as bloot kollektiewe
skuld.

Wat ek wil weet, is of daar mense is wat skuldig voel. Ek praat dus
nie van skuld op iemand pak nie (kollektiewe blamering is natuurlik
teenwoordig oor die hele spektrum van Suid-Afrika se bevolking), maar
van die ERVARING van skuldigheid.

Ek praat ook nie van individue wat moontlik gesondig het en skuldig
mag voel nie, maar of daar mense is wat voel dat hulle as
groep/nasie/volk aandadig is aan oortredings of onmenslikheid ens.

groete

kakkies
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8758 is 'n antwoord op boodskap #8724] Ma, 10 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
cobus van bosch  is tans af-lyn  cobus van bosch
Boodskappe: 46
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
> nie,
>> hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?>>>

> 1. Iemand gaan jou antwoord.
> 2. Jy gaan op hom of haar kak en se hulle praat twak.
> 3. Jy gaan dan van die nuusgroep verdwyn vir 'n tyd.
> 4. Dan gaan jy terugkom en kla dat dit 'n boring nuusgroep is.
> 5. Dan gaan jy 'n vraag stel wat jy reken "die perde lekker aan die
> baklei gaan kry".

> Ou Kakman, as kak-stirrer op 'n nuusgroep is jy 'n vlieggewig.

Hoekom antwoord jy nie eerder die vraag nie? Of het dit erens 'n
senuwee geraak? Soos dat dit vereis dat jy 'n eie opinie moet
formuleer?

kakkies
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8779 is 'n antwoord op boodskap #8724] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 10 Mar 1997 18:10:21 GMT, cvb...@burger.naspers.co.za
(kakkies) wrote:

formuleer?>>>[/color]

Haai ou Kakman, ek het mos nie opinies of menings nie, jong.
Ek lees net die ou versies wat Gloudina pos en kry vreeslik lekker
daarvan.
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8780 is 'n antwoord op boodskap #8724] Di, 11 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
kakkies wrote:
>
> Hier's een vir almal wat die moed het om werklik daaraan te dink:
>
> IS DAAR IETS SOOS KOLLEKTIEWE SKULD TANS IN SUID-AFRIKA? Indien nie,
> hoekom nie. Indien wel, wie het dit en waarom?
>
> groete
>
> kakkies

Neewat, ek dink nie daar is 'n bewustelike skuldgevoel onder
groeperings mense in Suid Afrika nie. Daar is basies drie
groepe nl:
1) Die wat ander groeperings uittrap, self moontlik deel is
van afbreek/opbou aksies, maar homself disassosieer van
die groepering wat 'skuldig' is.
2) Die wat reaksioner is tot groep 1. se optrede.
3) Die wat nie minder kan omgee nie.

Wat my betref sal dit fantasties wees as die Afrikaner
realisties kan terugkyk na sy foute, regmaak waar
moontlik, maar nogsteeds sy identiteit en nasietrots
behou. Self is ek gekant teen die monokultuarisme wat
onvermeidelik besig is om in te tree, en daar is
beslis heelwat swartes wat so oor hul eie identiteit
voel (weereens briewe aan die Perdeby).

Gepraat van kollektiewe skuld, dit lyk my die enigste
manier om 'n Kollektiewe geheue (Collective Memory)
in Suid Afrika te skep is deur GEEN 'memory' te skep.
Ek verwys na die afskaffing van geskiedenis as
verpligte vak, en die nuwe inhoud.

Etienne
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8833 is 'n antwoord op boodskap #8724] Di, 18 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
My opinie is presies wat jy impliseer. Alle Suid Afrikaners het skuld aan
wat gebeur het in die verlede, niemand kan uitgesonder word en gestraf
word vir iets wat almal skuld aan het nie, maak nie saak hoe gering dit is
nie.

Maar ek weet nie voor wie se deur ons dit wat nou in SA gebeur gaan lê
nie.

JHV
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8847 is 'n antwoord op boodskap #8724] Do, 20 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On 18 Mar 1997 01:35:29 GMT, klaas...@aol.com (KLAASVAKIE) wrote:
>
>> > word vir iets wat almal skuld aan het nie, maak nie saak hoe gering dit is
>> nie.>>>
>
> Kom ons keer die stelling om: Alle swartmense het deel aan die
> vryheidstryd. Hulle deel dus almal in die verkryging van hul vryheid.
> Hulle is dus ook almal saam verantwoordelik vir alles wat in daardie
> proses gebeur het. Winnie Mandela/Alan Boesak kan dus nie uitgesonder
> word en gestraf word vir enigiets wat hy of sy gedoen het nie.
>
> Hmmm?

Reg genoeg. Maar het Boesak sy beweerde ongerymdhede gedoen vir die
Vryheidstryd of het hy dit gedoen om sy eie sak te vul? Versigtig vir hoe wyd
jy die Vryheidstryd vat, ons kan skielik al die prisoniers in ons tronke hoor
Amadla! skreeu!
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8848 is 'n antwoord op boodskap #8724] Do, 20 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Mar 97 09:00:40, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:

jy die Vryheidstryd vat, ons kan skielik al die prisoniers in ons tronke hoor[/color]
> Amadla! skreeu!>>>

Presies. The heart of the matter.

Dit ook omgekeer beteken:

"Maar het wat Eugene de Kock gedoen het, alles deel uitgemaak van die
afweer van die sg. totale aanslag waarvoor hy opdrag gekry het"?

Nee in albei gevalle, reken ek.

Daar was die vryheidsrtyd en totale aanslag wat albei kante van more
or less dieselfde munt is, lyk dit soms.

En daar was dinge wat buite die "grense" geval het.

Dus: Winne se buitensporighede en De Kock se buitensporighede val
buite die stilswyende goedkeuring wat die onderskeie gemeenskappe
gegee het - reg of verkeerd - vir "optrede" in hulle naam.

Daar is dus nie gemeenskaplike aanvaarding daarvoor nie.
Dus ook nie amnestie nie.
Dit is soos die Waarheidskommissie ook werk.

Die dinge moet dus uitgelug en aangedui word. Ander staan ek ook pa
vir De Kock. En ek wil nie.
Re: kollektiewe skuld in suid-afrika [boodskap #8877 is 'n antwoord op boodskap #8724] Ma, 24 Maart 1997 00:00 Na vorige boodskap
lo...  is tans af-lyn  lo...
Boodskappe: 124
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Senior Lid
In Article, writes:

> On Thu, 20 Mar 97 09:00:40, lo...@hotmail.s_p_a_m.com wrote:
>
>
> > Vryheidstryd of het hy dit gedoen om sy eie sak te vul? Versigtig vir hoe
wyd
>> jy die Vryheidstryd vat, ons kan skielik al die prisoniers in ons tronke hoor
>> Amadla! skreeu!>>>
>
> Presies. The heart of the matter.
>
> Dit ook omgekeer beteken:
>
> "Maar het wat Eugene de Kock gedoen het, alles deel uitgemaak van die
> afweer van die sg. totale aanslag waarvoor hy opdrag gekry het"?
>
> Nee in albei gevalle, reken ek.
>

Sela.
Vorige onderwerp: Re: Regse Net
Volgende onderwerp: klein karoo kunsfees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:26:46 MGT 2024