Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik?
Is Afrikaner-wees sonder die histories-politieke bagasie van Suid-Afrika moontlik? [boodskap #8713] Di, 04 Maart 1997 00:00
Frans van Zyl  is tans af-lyn  Frans van Zyl
Boodskappe: 6
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek praat oor die politiek-historiese bagasie van ons lot wat ons self
"Afrikaners" noem (of is die benaming op sigself al 'n stukkie historiese
angst?) Julle sien, ek wil nie "skuldig" wees nie. Net besonders. Julle
weet: Wes-Europees, met 'n ligterige vel, liefhebber van Beethoven en
Mozart, en die eksistensie-filosofie. En lief vir my kleinseun wat van al
daai nonsens soos skuldgevoelens niks weet nie omdat hy gewoon nog te jonk
is (agtien maande). Ek speel elke oggend vir hom barok musiek en ek wys na
hom en sê: " Jy praat Afrikaans, Oupa praat Afrikaans, Ouma praat
Afrikaans, 'n Pa 'n Ma." Hy kyk vol belangstelling na my en sê "Dah"!
(maar met gevoel!).

Dalk is my kleinseun die enigste wyse ou wat ek tans ken.

Wat dink julle daar buite op die kibervlaktes?
--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za

--
Frans van Zyl
fra...@ilink.nis.za
Vorige onderwerp: "April " deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: Wat 'n pak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 20:32:58 MGT 2024