Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek wil dit weet...
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86946 is 'n antwoord op boodskap #86934] So, 09 November 2003 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet begryp dat ek jou nie veroordeel omdat jy deernis het met
ontslapendes nie! Dis elke ou se reg om die besluit te maak, maar hier in
Afrika met al die geweld en misdaad wat daagliks half saam met jou loop,
begin jy meer prakties dink want bou jy 'n graf, is die kans goed dat die
hordes werkloses die graf gaan stroop ook nog. Die groot vraag is
natuurlik waarom doen jy dit? Die ou wat dood is, gaan g'n niks weet van
wat jy gedoen het nie. Dus doen jy bloot die ding vir jouself en aangesien
jy die ou is wat die rekening gaan betaal, wie kan in elk geval vir jou
voorskryf?

"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:fg9qqvornj4an40dsuatmf767lgp0im0kq@4ax.com...
> On Sat, 8 Nov 2003 17:34:50 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>
>> Het jy net soveel simpatie endeernis gehad vir die ou terwyl hy nog gelewe
>> het?
>
> Geagte Suidwester,
>
> My ouma het die laaste jare van sy lewe by ons in die familie gewoon.
> Sy het tesaam met oupa 'n paar kamers apart gehad in die huis. 'n Paar
> jaar nadag oupa dood was het ouma nog gelewe maar sy het
> aderverkalking gehad. Die laaste 6 maande van sy lewe was sy bedl�end.
> Ons het alles gedoen in ons familie om sy lewe 'n bietjie aangenamer
> te maak. Ons het haar gevoed, met haar gesels en daar was momente
> waarin sy uit sy bed geval het en ons het ouma daarin terug gelê. Ouma
> was doodsiek. Ek herinner my my pa het meermale 's nags uit sy bed
> moet kom om ouma by te staan.
> Ek herinner my nog: die laaste dag van sy lewe was ek in die huis. Ek
> was toe nie in sy slaapkamer nie. Ek het toe 'n ingewing gekry in my
> gees: ouma gaan sterwe! Ek het toe na ouma toe geloop en rêrig: sy het
> toe in my arme gesterwe.
> Ek hoop jy is tevrede met hierdie antwoord.
>
> Groete van
>
> Norbert (uit Vlaandere)
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86948 is 'n antwoord op boodskap #86946] So, 09 November 2003 10:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 9 Nov 2003 09:05:20 +0200, "Suidwester"
wrote:

> Die groot vraag is
> natuurlik waarom doen jy dit? Die ou wat dood is, gaan g'n niks weet van
> wat jy gedoen het nie. Dus doen jy bloot die ding vir jouself en aangesien
> jy die ou is wat die rekening gaan betaal, wie kan in elk geval vir jou
> voorskryf?

Ja, waarom besoek 'n mens sy oorlede familielede? Miskien is dit tog
nie verniet nie.. Die geloof sê ons dat ons verder lewe na die dood
maar daar is eintlik niemand wat dit kan bewys nie. Maar daar is ook
niemand wat dit kan teëspreek nie. Niemand ken die waarheid
daaromtrent nie. As daar geen verder lewe na die dood is nie dan het
'n besoek aan dooie mense inderdaad geen sin nie maar moes daar tog
verder lewe na die dood wees dan is dit nie vermors om te doen asof
daardie dooiens nog 'n stuk van ons lewe is. 'n Mens weet nooit!
Ons besoek die dooies om, as hulle nog êrens lewe, hulle ons liefde en
agting te betoon waarby ons hoop dat hulle ons nog ooit kan help as
ons self ook "an die oorkant" raak. Dis 'n gebruik van suiwere
simpatie en nie van bygeloof of skrik vir geeste nie. Dis ook 'n
uiting van respek: as ons geliefde mense nog êrens 'n geestelik lewe
hê dan mag hulle so af en toe wel eens 'n besoek kry. Dit doen ook
niemand skade nie, dink jy ook nie?

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86951 is 'n antwoord op boodskap #86927] So, 09 November 2003 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda

> Ek is nie neerbuigend oor godsdienste nie. Jy het 'n baie sterk eie agenda
> (oor buddhisme) en dit maak jou oor-sensitief.

Jy het baie patroniserend oor Katolieke
geklink. As ek 'n agenda het, is dit om
uit te wys dat mense soos Katolieke
en Buddhiste eintlik meer in gemeen het
as wat hulle verskil : dat om geestelike
dissiplines te beoefen, praktiese gevolge
het, en dat mense wat buite staan, eintlik
nie kan praat oor iets waaroor hulle
niks weet nie.

Gloudina
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #86980 is 'n antwoord op boodskap #86734] Ma, 10 November 2003 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Nou't jy my ook geïnteresseerd. Die relatiwiteitsteorie in Tibetaanse
Buddhisme?

Vertel asb meer.

Koot

"@rogers.com" wrote in message
news:EHTpb.18648$152.3694@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> Katryn wrote
>
> Om
>> wetenskaplike feite te verontagsaam as dit nie inpas by hulle
>> onderskeie geloofstradisies nie. Godsdiens (insluitende oosterse
>> godsdienste soos buddhisme), is 'n veilige nessie waaruit hulle dan
>> klippe gooi na ander.
>
> Van watter "wetenskaplike feite" praat jy? Die wetenskaplike
> feite wat elke twintig jaar of so omver gewerp word deur 'n
> ander stel "feite." Jy behoort duidelik aan die "church of
> reason" en daardie kerk se fondamente is al in die twintigste
> eeu onder hom uitgeskop. As jy wetenskaplike denke wil
> sien wat al vir meer as tweeduisend jaar gestaan het, gaan
> na die Tibetaanse Buddhisme se aanname van "dependent
> origination" en hulle konsep van "emptiness" (wat baie sleg
> in Engels vertaan word, maar wat duidelik 'n poging is om
> die relatiwiteitsteorie in die konsep van die werklikheid in
> te voer. )
>
> Gloudina
>
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #87005 is 'n antwoord op boodskap #86951] Ma, 10 November 2003 21:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" wrote in message
news:Qgqrb.223322$3f.193190@twister01.bloor.is.net.cable.rog ers.com...

> Jy het baie patroniserend oor Katolieke
> geklink.

Jy is verkeerd. Die Katolisisme is die lyn waaragter ek staan, for better or
for worse en vir redes wat ek nie eers sal probeer om hier te verduidelik
nie.

Lorinda
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #87008 is 'n antwoord op boodskap #86980] Ma, 10 November 2003 21:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Koot wrote

> Nou't jy my ook geïnteresseerd. Die relatiwiteitsteorie in Tibetaanse
> Buddhisme?

Koot, ek dink jy moet eers baie lank
leer van die konsep van sunyata (wat in
Engels gewoonlik as "emptiness" vertaal
word en wat mense dan op 'n dwaalspoor
bring) voordat jy sal verstaan waarom ek
sê dat dit iets met "relatiwiteit" te doen het.
Maar dis een van die hoekstene van die
denke van Buddhisme, dat wat ons as
"wetenskaplike feite" en "realiteit" beskou,
deel uitmaak van 'n proses van "dependent
origination" en dat die ware realiteit bestaan
uit 'n volheid van moontlikhede wat alles
in relasie tot alles gedetermineer word. Wat
vir my baie na die denke agter "relatiwiteit"
klink.

Gloudina
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #87009 is 'n antwoord op boodskap #87005] Ma, 10 November 2003 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda wrote

> Jy is verkeerd. Die Katolisisme is die lyn waaragter ek staan, for better or
> for worse en vir redes wat ek nie eers sal probeer om hier te verduidelik
> nie.

En ek kan jou verseker dat jy nie ver verkeerd
is nie. Ek het in die afgelope jare baie respek vir
die Katolieke kerk ontwikkel. Hier in Kanada
moes hulle veg teen die beeld in veral Quebec
dat hulle kop in een mus was met die politieke
elite in die laaste eeu. Ons het nog ook 'n eienaardige
sisteem hier in Ontario, waar daar Katolieke skole
in stand gehou moet word vir dié mense wat hulle kinders
na Katolieke skole wil stuur ( die mense betaal effens
meer munisipale belasting om dit moontlik te maak).
Ek is beindruk deur die warmte waarmee die Dalai
Lama egter verwelkom en vereer word deur die
Katolieke Kerk. Iets wat baie ander instansies te
versigtig is om te doen, veral ons sentrale regering
wat te bang is om op mainland Sjina se tone te
trap, en dus nie die Dalai Lama offisieel wil verwelkom
nie.

Gloudina
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #87015 is 'n antwoord op boodskap #87008] Di, 11 November 2003 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
> Maar dis een van die hoekstene van die
> denke van Buddhisme, dat wat ons as
> "wetenskaplike feite" en "realiteit" beskou,
> deel uitmaak van 'n proses van "dependent
> origination" en dat die ware realiteit bestaan
> uit 'n volheid van moontlikhede wat alles
> in relasie tot alles gedetermineer word. Wat
> vir my baie na die denke agter "relatiwiteit"
> klink.
>
> Gloudina
>

O.

Koot.
Re: Ek wil dit weet... [boodskap #87016 is 'n antwoord op boodskap #87015] Di, 11 November 2003 06:18 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
:)))) Daardie antwoord is vol begrip Koot:))
--
Annette

"Koot" skryf in boodskap news:bopuh3$hd2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Maar dis een van die hoekstene van die
>> denke van Buddhisme, dat wat ons as
>> "wetenskaplike feite" en "realiteit" beskou,
>> deel uitmaak van 'n proses van "dependent
>> origination" en dat die ware realiteit bestaan
>> uit 'n volheid van moontlikhede wat alles
>> in relasie tot alles gedetermineer word. Wat
>> vir my baie na die denke agter "relatiwiteit"
>> klink.
>>
>> Gloudina
>>
>
> O.
>
> Koot.
>
Vorige onderwerp: Hazel Crane vermoor
Volgende onderwerp: Maak vi' ons lig moet hierie woorde soes moet kerse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 03:23:09 MGT 2024