Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER
" Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER [boodskap #86956] So, 09 November 2003 17:37 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
A.G. Visser

Geboorte van die lente

(Aan E. S.)

Gelukkig en bly was die dag
Toe die Reent met die Sonskyn gaan trou het;
Veelverwig die boog wat die Lug
Vir 'n trou-present kunstig gebou het.

Getwis het hul eens op 'n dag
Met 'n storm verwytende woorde;
Die Sonskyn verdwyn en die Reent
Word 'n haelbui koud uit die noorde.

Versoen raak hul weer en betaal
Agterstallige Liefde - met rente! -
En Sonskyn en Reent juig tesaam
Oor 'n liewe klein dogtertjie: Lente
Re: " Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER [boodskap #86959 is 'n antwoord op boodskap #86956] So, 09 November 2003 17:54 Na vorige boodskap
Sterrenkijker  is tans af-lyn  Sterrenkijker
Boodskappe: 654
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 09 Nov 2003 17:37:38 GMT, "@rogers.com" wrote:

> A.G. Visser
>
> Geboorte van die lente
>
> (Aan E. S.)
>
> Gelukkig en bly was die dag
> Toe die Reent met die Sonskyn gaan trou het;
> Veelverwig die boog wat die Lug
> Vir 'n trou-present kunstig gebou het.
>
> Getwis het hul eens op 'n dag
> Met 'n storm verwytende woorde;
> Die Sonskyn verdwyn en die Reent
> Word 'n haelbui koud uit die noorde.
>
> Versoen raak hul weer en betaal
> Agterstallige Liefde - met rente! -
> En Sonskyn en Reent juig tesaam
> Oor 'n liewe klein dogtertjie: Lente
>
>
>

Mooi!

Norbert (uit Vlaandere)
Vorige onderwerp: " Die kreet " deur JAN SWANEPOEL
Volgende onderwerp: " Die middag van die ooms " deur ZANDRA BEZUIDENHOUT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:00:53 MGT 2024