Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die middag van die ooms " deur ZANDRA BEZUIDENHOUT
" Die middag van die ooms " deur ZANDRA BEZUIDENHOUT [boodskap #87033] Di, 11 November 2003 12:50
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Zandra Bezuidenhout

Die middag van die ooms

Ons is langbeen en lelik
ons, die dorpsmeisies van dertien
wat tee op die sonstoep bedien
aan die terggees ooms
van Moorreesburg en Vredenburg en Hermon
wat so bry uit hul Swartlandse kele;

hulle, die boere met die wit koppe,
soos hulle koggel en skerts
en lag in Afrikaans,
hulle, met hul vingers wat stink na pyp,
stomp hande wat roer
met lepeltjies net vir Sondae,
hulle van die plase
waar vinkneste hang
oor damme waar ons nie mag gaan nie.

Ons luister na die pa's en die ooms
en die stewige erfgenaam seuns
wat die tantes se uitgepofte tertjies eet,
wat alles weet,
en wat môre se week sal begin
om die graan en Gods goedheid
uit die warm, winderige aarde te win;

o, ons luister met ons brille en ons vlegsels
en ons heuweltjies wat rys
na die goddelike bronsryp boere
soos hulle praat, soos hulle stry,
soos koring in die maling van klip;

dan kom ons met die skinkborde:
skuur skrams by die ooms en die grappe verby,
wens dat ons mooi was en voorwaarts
soos plaasdogters, gesonder bedeeld;
ons bloos en ons was die koppies
en vryf die Sondagteelepels
verskriklik blink.
Vorige onderwerp: " Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER
Volgende onderwerp: " Die seemeeu " deur UYS KRIGE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 21:29:38 MGT 2024